Thursday, July 10, 2008

Petisie oor die Wetsontwerp op Onteiening

From: ATKV Kommunikasie [mailto:bemarking@atkv.org.za]
Sent: 09 July 2008 04:46 PM

Subject: Petisie oor die Wetsontwerp op Onteiening

Geagte ATKV-lid

Onderstaande versoek bied aan u die geleentheid om 'n petisie te teken
vir die onttrekking van die Wetsontwerp op Onteiening. Besoek gerus
die webblaaie soos aangedui en besluit self of u die petisie
elektronies wil teken al dan nie. Ten einde vas te stel hoe ons lede
hieroor voel sal dit waardeer word indien u net 'n "Petisie JA"
(indien u wel die petisie geteken het) of "Petisie NEE" (indien u nie
met die petisie saamstem nie en dit dus nie geteken het nie) aan die
ATKV sal stuur deur net die "reply"-funksie te gebruik.

Met vriendelike ATKV-groete

Johan van Schoor
wnde Besturende Direkteur

Tel: (011) 919-9003
Sel: 083-275-1308
e-pos: johanvanschoor@atkv.org.za

PETISIE OOR DIE WETSONTWERP OP ONTEIENING

Ons beskou die Wetsontwerp op Onteiening, wat nou voor die Parlement
dien, as die grootste enkele bedreiging tot dusver vir die nasionale
akkoord waarop die nuwe Suid-Afrika tot stand gebring is. Dit is diep
gewortel in die ANC se Nasionale Demokratiese Revolusie, waarvan een
van die sentrale oogmerke die radikale herverdeling van eiendom is.

'n Uittreksel uit die ANC se Strategy & Tactics-dokumente: "A critical
element of the programme for national emancipation should be the
elimination of apartheid property relations. It requires the
elimination of the legacy of apartheid super-exploitation and
inequality, and the redistribution of wealth and income to benefit
society as a whole, especially the poor - and in particular the
de-racialisation of ownership and control of wealth, including land"

Die Wetsontwerp op Onteiening sal rampspoedige gevolge hê: Dit is
ongrondwetlik; dit sal die ekonomie ernstig benadeel; dit sal
Suid-Afrika se voedselsekerheid bedreig; dit sal rasseverhoudinge
ondermyn - en dit is onnodig. Vir meer inligting oor die Wetsontwerp
op Onteiening, besoek die volgende webwerf:

www.cfcr.org.za.

As u saamstem dat die Wetsontwerp 'n bedreiging vir ons land is, vul
asseblief die aangehegte Petisie in en stuur dit aan ons by
info@cfcr.org.za. OF ondersteun die aanlyn petisie wat geskep is by
www.PetitionOnline.com/Onteien/petition.html

STUUR ASB OOK DIE PETISIE AAN AL U VRIENDE EN KONTAKTE EN VRA HULLE OM
DIT OOK IN TE VUL.


UITGEREIK DEUR DIE AD HOC-GROEP VIR DIE BESKERMING VAN EIENDOMSREGTE


Dokument beskikbaar by :

http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/222fe319a5610cc

1 comment:

Anonymous said...

Who knows where to download XRumer 5.0 Palladium?
Help, please. All recommend this program to effectively advertise on the Internet, this is the best program!