Thursday, July 10, 2008

Dienslewering

From: Johan Matthee [mailto:jmatthee@oldmutualpfa.com]
Sent: 10 Julie 2008 03:28 nm

Vriende,

RSG het my genader vir 'n onderhoud direk op die lug op Saterdag, 19
Julie tydens 'n vervroegde uitsending van Naweek Aktueel. Die onderhoud
sal tussen 10:50 en 11:00 plaasvind tydens ons saamtrek op De Aar. Ek
gee hierdie inligting deur vir die van u wat belangstel om te luister en
nie self op De Aar teenwoordig kan wees nie.
Die hele onderhoud sal gaan oor swak dienslewering landswyd, die dispute
wat verklaar is, die saamtrek wat gehou word en die pad vorentoe.

Ons sien u liewer op De Aar as voor die radio.

Groete

Johan Matthee
Colesberg

No comments: