Sunday, July 27, 2008

PRAAG :Nuusbrief 26 Julie 2008

<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2359&Itemid=403>

<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2359&Itemid=403>

**Vuil taal, bloedskande en armblankes
<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2359&Itemid=403>
**

Geskryf deur Anton Barnard

Woensdag, 23 Julie 2008

Ek het onlangs 'n voorskou van die rolprent Triomf te siene gekry,
wat gebaseer is op Marlene van Niekerk se boek met dieselfde naam.
Vir diegene wat moontlik nie die boek gelees het nie, die volgende
ter agtergrond: Triomf is die storie van 'n gesin armblankes, die
Benades, van die woonbuurt Triomf, die voormalige Sophiatown. Dit
speel kort voor die 1994-verkiesings in Suid-Afrika af. Die Benades
is uit en uit ploerte, en skokkende gebeure vind in die huishouding
plaas. Later in die boek word die familie se groot en skandelike
geheim onthul. Die Benades se vrees vir die nagevolge van 27 April
1994, wanneer diegene waarna die Benades as "kaffers" verwys, die
land in chaos sou dompel, word deurlopend as belaglik en agterlik
afgemaak. Die rolprent is die werk van die Zimbabwiese rolprentmaker,
Michael Raeburn. Raeburn het tydens sy inleidende toespraak by die
rolprent se voorskou te Montecasino, natuurlik die gewone snert
gebesig oor hoe alle Suid-Afrikaners bevry is deur die
1994-verkiesings, blankes inkluis. Dit het my maak wonder waarom Mnr
Raeburn, wat so 'n hekel aan 'n blanke regering het, nie sy kuns in
Harare beoefen nie. Suid-Afrika het steeds oorblyfsels van daardie
gehate vorige regering, soos 'n indrukwekkende padnetwerk en
elektrisiteit wat dan en wan aangeskakel word. Zimbabwe is tog veel
meer van 'n verteenwoordigende swart land, iets waaroor Mnr Raeburn
so gejuig en jubel het in 1994. Waarom nie daar, in 'n
Afrika-paradys, gaan rolprente maak nie?


<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2349&Itemid=403>

**Die miskende skadusy
<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2349&Itemid=403>
**

Geskryf deur Joseph Secrève

Dinsdag, 22 Julie 2008

'n Heilige is iemand wat die volk met 'n sweep regeer en uitmoor,
bloot ter wille van die volk self. - Charles Baudelaire Soos wat die
wêreldmedia met ligte euforie terugblik op Madiba se 90ste
verjaarsdag, amper soos wat Suid-Afrika gedoen het na die
rugbywêreldbekeroorwinning verlede jaar, sal daar ongetywfeld so
hier en daar stemme opkom wat die teenoorgestelde verhaal oor dié
man se grootsheid sal verkondig. Daar is gelukkig mense met genoeg
politieke insig om nie hulself te laat meesleep met golwe van
massahisterie nie. Vanweë my natuurlike agterdog teen die blinde
verheerliking van politieke leiers, kan ek myself nogal tuis vind in
die wêreld van diegene met afwykende menings. Dit is inderdaad 'n
studie werd waarom Mandela so opgehemel word ondanks die verdriet en
ellende wat hy agter hom gelaat het, hoofsaaklik onder sy eie mense.
Hy het onder andere in sy outobiografie toegegee dat hy die
Kerkstraatbom in 1983 bekragtig het waarin 19 dood en 200 gewond was.
Deur sy aanhitsing om Suid-Afrika onregeerbaar te maak, het sowat 21
000 meestal swart Suid-Afrikaners omgekom. Sowel die VN se Misdaad
teen die Mensdom Kommissie as die Waarheids -en Versoeningskommissie
het die aantal swartes wat direk as gevolg van die vorige regering se
sekuriteitsmagte gedood is gestel op 518. Die res is veroorsaak deur
diegene wat nie na die ANC se pype wou dans nie. Hoe meer verdriet en
ellende'n mens dus saai, hoe groter is die kans om as 'n heilige
gesien te word.


<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2327&Itemid=196>

**Krag of opium? Godsdiens onder Afrikaners
<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2327&Itemid=196>
**

Geskryf deur Heinrich Matthee

Sondag, 20 Julie 2008

Die indrukwekkende bywoningsyfers van Angus Buchan se byeenkomste op
Loftus Versveld dui op 'n religieuse oplewing, ook onder heelwat
Afrikaners. Oor die inhoud en die waarde hiervan kan mens baie
debatteer. Dit is 'n verskynsel wat minstens potensieel die waardes
rondom gesinne en gemeenskapsbinding kan versterk. Terselfdertyd, as
mens die geskiedenis in ag neem, dan dra so 'n oplewing verskillende
risiko's. Een is sekerlik die inperkende en verskralende uitwerking
wat dit weer kan uitoefen in ons kultuur. Ons kom pas uit 'n era waar
derderangse interpretasies van Calvinisme meermale die kulturele
meetlat was vir die veel ouer, ryker en veelvormiger kulture van die
Weste, en ook vir ons eie. Met alle gevolge van skynheiligheid,
swart-wit-denke en kultuurarmoede. Nog 'n risiko, miskien belangriker
vandag, is die risiko van ontvlugtingsdenke en veral
ontvlugtingsbelewenis. Angus Buchan lyk asof hy 'n soort
Huisgenoot-weergawe van Suid-Afrika verkondig: mense moet tog net nie
negatief wees oor barbaarse gruweldade terwyl Madiba 90 word nie. In
die tweede berig word die vermoorde grootoumatjie aangehaal in woorde
wat ek al by baie jonger mense gehoor het: ek is nie alleen nie, want
die Here is met my. Dit is goed en wel; godsdiens bied inderdaad
groot innerlike kragbronne aan mense. Maar ek het ook nog altyd
vermoed Hy help diegene wat hulself help. En ons het in Suid-Afrika
nie net die geselskap van die Here nie.

**

Praag op jou selfoon! **

Praag het nog 'n nuutjie: die webblad op jou selfoon! Tot dusver het
webblaaie baie stadig op selfone afgelaai weens foto's en allerlei
elemente wat internetbladsye groot en lomp maak. Danksy nuwe
tegnologie wat ons so pas toegepas het, "weet" die Praagwebwerf nou
as mens dit vanaf 'n selfoon besoek en haal dit outomaties alle
foto's en onnodige element wat die aflaai en lees stadiger maak af.
Die resultaat is 'n leesbare nuus- en kommentaarblad.

Sien Praag se nuus te eniger tyd op enige plek direk op jou selfoon!
In 'n vergadering of lesingsaal, in die dokterswagkamer, net waar jy
wil. Dit werk natuurlik die beste op fone met groter skerms soos
PDA's, maar selfs op 'n normale of klein selfoonskerm kan mens dit
gemaklik lees en laai die bladsye feitlik ewe vinnig as op 'n
rekenaar af.

Die Praagnuusblad bevat kort en bondige nuusberigte en langer
rubriekartikels omdat die blad hom posisioneer vir die samevloeiing
van tegnologie met nuus, vermaak, epos en kommunikasie wat toenemend
op selfone plaasvind en nie meer op rekenaars nie.

No comments: