Saturday, July 26, 2008

Pretoria Stadsraad se laksheid

Raad se 'laksheid is soos kanker' – hof

Jul 25 2008 08:52:45:517PM

Omdat die Tshwane-metroraad nie gedoen het wat hy moes nie, was daar
oproer by die Schubartpark- en Krugerpark-woonstelgeboue in Pretoria
en mense is dood.
Kyk na video.
Lesersfoto's.
Kyk na foto's.

Jeanne-Marié Versluis


Omdat die Tshwane-metroraad nie gedoen het wat hy moes nie, was daar
oproer by die Schubartpark- en Krugerpark-woonstelgeboue in Pretoria
en mense is dood.

Só het regter Ferdi Preller gister in die Pretoriase hooggeregshof
gesê in 'n saak waar die beweerde laksheid van staatsamptenare ter
sprake gekom het.

Hy het die beweerde laksheid met kanker vergelyk.

Die oproer by die woonstelblokke was 'n "simptoom van die onderliggende kanker".

Preller het gesê om onwettige optrede (soos die oproer) vas te vat, is
om 'n "pleister op kanker te plak". Die kankerknoppe word uit die vel
gesny, maar dit los nie die wortel van die kwaad op nie.

Die Tshwane-metroraad hou vol hy kan nie die skuld kry vir vandeesweek
se Krugerpark-tragedie waarin vyf mense weens 'n brand omgekom het
nie. Albei woonstelle in die middestad behoort aan die raad.

Die raad is vandeesweek op 'n mediakonferensie gepeper met vrae oor
waarom toegelaat is dat die woonstelgeboue so erg agteruitgaan.

Die brand is glo gestig omdat inwoners met uitsetting gedreig is.
Krugerpark staan nou leeg weens die brandskade.

Die Schubartpark- en Krugerpark-inwonerskomitee en die metroraad was
gister weer terug in die dringende hof van die Pretoriase
hooggeregshof.

Dit kom nadat die hof Dinsdag gelas het die raad mag nie voortgaan met
uitsettings nie.

Altesame 18 huurders op 'n lys van 38 teen wie die raad
uitsettingsbevele in die landdroshof verkry het, is uit Schubartpark
gesit. Die 18 beweer die bevele is in hul afwesigheid ge- maak. Hulle
gaan Dinsdag die hooggeregshof vra om na die woonstelgebou terug te
trek, hangende hul aansoeke om die uitsettingsbevele tersyde gestel te
kry.

Die 18 het tot 15 Augustus tyd om die tersydestellingsaansoeke te bring.

Mnr. Ronnie Mahlangu, lid van die inwonerskomitee, wat Dinsdag deur
die polisie gearresteer is in verband met die gebeure by die
woonstelle, moet op 22 Augustus redes in die hooggeregshof aanvoer
waarom die metroraad se interdik teen hom nie bekragtig moet word nie.
Mahlangu, wat uit Schubartpark gesit is, word deur die interdik
verbied om die woonstelpersele te betree. Hy doen op 8 Augustus om
borgtog aansoek.

Preller het gister gesê ál dringende kwessie is die een van die
inwoners wat sê die uitsettingsbevele is in hul afwesigheid gemaak.

Adv. Nicoline Jansen van Nieuwenhuizen, namens die metroraad, het gesê
niks verder is dringend nie. Preller het gesê hy sal geneë wees om dié
mense wat "werklik kan aanvoer" dat die uitsettingsbevele in hul
afwesigheid gemaak is in hul blyplekke "terug te sit".


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2364467,00.html

No comments: