Tuesday, July 22, 2008

Swanger Vrou deur eggenoot vermoor

Swanger vrou se dood: 'Verdagte sal moor'

Jul 21 2008 07:34:44:007PM

"Mnr. Moon is die enigste pa wat ek ken wat na elke
ultraklankskandering van sy ongebore seun gegaan het, gesien het hoe
hy lewe en hom steeds vermoor het."

Hilda Fourie

"Mnr. Moon is die enigste pa wat ek ken wat na elke
ultraklankskandering van sy ongebore seun gegaan het, gesien het hoe
hy lewe en hom steeds vermoor het."

So het die polisie se ondersoekbeampte gister in die Pretoriase
landdroshof getuig in die saak teen mnr. Brooklyn Moon en nog twee
beskuldigdes wat op aanklagte van moord en huisroof verskyn het.

Dit kom nadat me. Antoinette Botha (35), Moon se lewensmaat, in hul
huis vermoor is deurdat haar kop met 'n baksteen verbrysel is.

Sy was agt maande swanger met die paartjie se tweede seun.

Moon (35) van Bergtuin, Pretoria, en me. Florence Waluzimbi (36) het
om borgtog aansoek gedoen terwyl mnr. Thapelo Tumelo Kekana (21) nie
'n borgtogaansoek gebring het nie.

"Moon het ('n paar weke voor Botha se dood) na 'n sangoma gegaan en
gesê hy het 'n probleem," het kapt. Matthys Stry-dom,
ondersoekbeampte, getuig.

"Sy probleem was dat hy me. Botha wou doodmaak."

Strydom het getuig Moon het Botha se moord sedert die middel van Mei beplan.

Volgens Strydom het Moon 'n lewensversekeringspolis wat R500 000 sou
uitbetaal indienBotha iets oorkom, in Mei tot R3,5 miljoen verhoog.

Daarna het hy gif by 'n sangoma gekry, glo om Botha te vermoor. Dit
het nie gewerk nie.

Waluzimbi is die lewensmaat van mnr. Mike Waluzimbi, die sangoma wat
glo die gif aan Moon gegee het. Die polisie is nog op soek na mnr.
Waluzimbi en nog 'n verdagte.

"Op 26 Junie het Moon na die sangoma gegaan en hom en nog twee
persone, wat sou gehelp het om Botha te vermoor, opgelaai," het
Strydom gesê.

"Hy het die drie na sy huis geneem en die motorhuis oopgemaak.

"Daarna het hy gaan kyk of me. Botha vas genoeg slaap, nadat sy
teruggekom het van nagskof by die hospitaal waar sy gewerk het.

"Moon het die ander drie geroep toe me. Botha later vas geslaap het.
Terwyl hulle in die huis besig was om Botha te vermoor, het Moon die
elektriese ware in sy motor gelaai.

"Toe hulle klaar is, het die ander drie mans in Moon se motor die huis
verlaat. Moon het ook die huis verlaat."

Volgens Strydom het Moon later die dag na die huis teruggekeer, gesien
al die deure staan oop en sy buurman gaan roep.

Hulle het Botha dood in haar slaapkamer aangetref waar sy met komberse
bedek was.

Strydom het verder getuig dat Moon se eerste vrou ook 'n paar jaar
gelede onder verdagte omstandighede gesterf het.

Moon het toe glo 'n doodsertifikaat by die versekeraars ingehandig wat
sê sy vrou is aan natuurlike oorsake dood, wat nie die geval was nie.

"As mnr. Moon op borgtog vrygelaat word, sal hy hom en sy seun,
Murelle (3), doodmaak," het Strydom gesê.

"Hy het aan my gesê sy lewe is verby en dat hy Murelle teleurgestel
het deur sy ma en boetie te vermoor."


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2361634,00.html

No comments: