Friday, July 18, 2008

Huisbraak !!

Huisrowe: 'Ons doen nie genoeg'
Jul 15 2008 10:20:06:017PM  - (SA)  

Marietie Louw-Carstens


Polokwane. – Die polisiehoof in Limpopo het gister erken die polisie het te min gedoen om die vlaag van huisrooftogte in die provinsie se hoofstad hok te slaan.

Komm. Calvin Sengani het tydens 'n mediakonferensie by die polisiehoofkantoor aangekondig dat asst.komm. Joseph Maepa, stasiebevelvoerder van die Polokwane-polisie, van gister deur dir. Thomas Shingange, voorheen stasiebevelvoerder van die Polokwane-polisie, vervang is.

"Ons is besig om mannekrag by dié polisiestasie op te skerp," het Sengani gesê.

Dit kom nadat verskeie vroue verkrag is tydens 'n vlaag van huisrooftogte in gegoede woonbuurte in Polokwane. Mnr. Piet Venter (56), 'n bekende sakeman, is tydens een van die rooftogte doodgeskiet en sy vrou, Wilma (54), gewond.

Sengani het ook 'n provinsiale taakspan aangestel om die huisrooftogte in die stad te ondersoek. Die taakspan word gelei deur sr.supt. Nelson Mabotja, hoof van die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad. "Die misdade hou nou al langer as 'n maand aan, so ons is seker dit is goed georganiseerd."

In die jongste voorval gister het twee mans by 'n venster van 'n huis in Faunapark ingebreek en geld, juwele en vuurwapens geëis by 'n vrou (45), wat alleen woon en geslaap het toe die mans haar in haar slaapkamer oorval het.

Insp. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder, het gesê die rowers het drie selfone gevat en gevlug. Die vrou is nie beseer nie.

'n Polisiehelikopter sal ook voortaan die stad snags patrolleer.

Volgens Sengani was daar sedert Junie 17 gewapende huisrooftogte in die stad. Die voorvalle, waarin vyf vroue verkrag is, was in Fauna-, Flora- en -Sterpark. Drie van die verkragtings het die afgelope drie weke plaasgevind.

Die polisie het verlede Donderdag vyf verdagtes vasgetrek wat met 5 van die 17 voorvalle verbind kan word.

Hulle het glo in groepe van drie saamgewerk.

In bykans al die huisrooftogte het die booswigte die eienaars met wapens aangehou en klere, juwele, huishoudelike goedere en motors geroof en in baie voorvalle by huise se skuifdeure ingebreek.

Inwoners is gevra om die Polokwane-polisie te bel by 015 290 6577/8 of 10111 as hulle enigiets verdag opmerk.

mlouw1@beeld.com

No comments: