Friday, July 18, 2008

Prof. Jonathan Jansen se studie oor blank studente

Die Verkennerbeweging het met gemengde gevoelens kennis geneem van die
uitsprake van prof. Jonathan Jansen oor die gedrag en ingesteldheid
van blanke studente.

Ons betreur dit egter dat hy skynbaar 'n eensydige studie probeer
onderneem het en as gevolg daarvan slegs eensydige bevindinge kon
maak, en dit boonop interpreteer het vanuit sy eie nie-blanke oogpunt.
As hy 'n meer wetenskaplike ondersoek sou onderneem het, soos om ook
die swart studente daarby te betrek, en selfs sy eie mense, die
kleurlinge, sou daar dalk 'n heel ander bevinding gemaak kon gewees
het.

Om te beweer dat wit studente verkeerd ingelig word deur kerke,
kultuurgroepe en hulle ouers, is verregaande en getuig van absolute
onkundigheid, komende uit die mond van iemand wat nie selfs deel is
van daardie gemeenskap nie. Om op grond daarvan te vermoed dat
sodanige studente hulle tot rasse-aanvalle sou kon wend, kan selfs as
beledigend ervaar word.

Waarom meld hy slegs enkele gevalle wat in die media skeefgetrek is?
Dit was bewysbaar duidelik dat die sogenaamde Reitz "walgvideo" gemaak
is met medewete van die "akteurs" daarin, en bewyse dat daar niks
vulgêrs gebeur het nie, is eenvoudig nie geglo nie. Maar daardie
video was 'n reaksie van studente wat nie gedwonge geïntegreer wou
word nie.

Maar as prof. Jansen sy ondersoekveld sou verbreed het, kon hy by
dieselfde universiteit afgekom het op swart studente wat wit
damesstudente molesteer en verkrag, soos herhaaldelik gebeur het. In
hoeveel gevalle van moorde en plaasaanvalle is dit nie juis swart
jeugdiges wat daarby betrek is nie? Moet ons dan nou aanneem dat dit
ook deur hulle kerke, jeugorganisasies en ouers aan hulle opgedra
word?

Wit, en in besonder Afrikanerstudente, is en word van kleins af
hoflikheid en verdraagsaamheid geleer, ook teenoor die andervolkiges
in die land. Dit is egter onnatuurlike prosesse, soos "affirmative
action", gedwonge integrasie en die sogenaamde regstel van die
"ongelykhede van die verlede", wat wit studente juis in 'n posisie van
ongelykheid in die hede plaas. Dit is bewonderenswaardig dat hulle
ten spyte daarvan, steeds hulle waardigheid en verdraagsaamheid
handhaaf.

Wêreldwyd is die tendens sigbaar van nasionalisme: om die eie op te
soek en met die eie te assosieer: soort soek soort. Dit het niks met
rasse meerderwaardigheid te doen nie. Maar ja, 'n indruk van
meerderwaardigheid sou inderdaad kan ontstaan as studente in Brittanje
gaan werk, sien hoe dat sake daar verloop, vlot, ordentlik en
beskaafd, en hulle sien dat dit in Suid-Afrika juis teenoorgesteld
daaraan toe gaan. Maar dit is nie die wit studente se skuld nie, maar
eerder die swart bewindhebbers se swak dienslewering wat die indruk
van onbekwaamheid laat posvat.

Henk van de Graaf

PRESIDENT

No comments: