Thursday, May 5, 2011

Meneer die President , beskou u die burgers van Suid-Afrika se veiligheid as prioriteit ?

                            BL vlag.jpg     wapen-admin amptelik.gif   BL vlag.jpg

Minister van Beveiliging Bravoland

sanderis@bravoland.co.za


04 Mei 2011
U verw : Departement van Beveiliging , Kantoor

Insake : Geregtigheid in die Nuwe Suid-Afrika

Geagte Staatspresident ,
      Meneer Zuma , dit is jammer dat ek my pen in gal moet doop in hierdie skrywe wat ek aan u rig in die hoop dat u sal sien Suid-Afrika vereis geregtigheid as een van die bestandele vir 'n suksesvolle samelewing . Ek verwys hier spesifiek na me. Jeanette Odendaal (45) wat deur die hande van 'n geregsdienaar gedood is.

Ek is bewus van die feit dat uself die voorval ten sterkste in die media - Televisie en koerante veroordeel het en prys ek u vir die spoedige optrede . Dit is egter jammer vir my om te sê dit is nie genoeg nie ! Geregtigheid kan nie geskied deur 'n enkele veroordeling nie , die strewe na geregtigheid is 'n jarelange aanhoudende proses wat deur die betrokke rolspelers gedryf moet word . Ek is bewus dat u korrupsie wil stop , maar terwyl die staatsorgane , die verskillende departemente van u regering besoedel en besmet is met korrupsie en onbevoegdheid sal die strewe na geregtigheid net 'n droom bly wat nie kan realiseer nie a.g.v. die verrotte elemente in u staatsdepartemente .

U Polisiehoof , Genl. Bheki Cele, nasionale polisiehoof het gesê die polisie-ondersoek moet eers afgehandel word voordat daar enigsins van polisie-wreedheid gepraat kan word. Nou , ek kan nie mooi verstaan wat hy eintlik probeer sê nie , vir my kom dit voor asof hy die polisieman wat me. Jeanette Odendaal (45) koelbloedig doodgeskiet het se optrede probeer regverdig . Verder sê hy in antwoord op mediavrae oor of dié voorval op 'n tendens van uitermate geweld by die polisie sou dui, gesê die polisie kom uit die samelewing "en ons leef in 'n baie gespanne en gewelddadige samelewing". Hy het weer daarop gewys dat polisielede binne die wet moet optree.
Kom ons kyk na : "en ons leef in 'n baie gespanne en gewelddadige samelewing". Die SAPD se onbevoegdheid om misdaad effektief te bestry is die direkte gevolg van die samelewing waarna Genl. Cele hier verwys , om dit as verskoning te gebruik dat 'n SAPD Sersant 'n onskuldige vrou koelbloedig vermoor het is totaal en al onaanvaarbaar en ironies genoeg erken hy dit in nie soveel woorde nie met " Hy het weer daarop gewys dat polisielede binne die wet moet optree. "  . Om die hele SAPD as onbevoeg te beskryf sal onbillik van my wees , ek is bewus daar is wel talle uitstekende polisielede wat onselfsugtige diens aan die gemeenskap lewer en hul bes probeer om misdaad te beveg; maar dit is ongelukkig net 'n handjievol en sal die land se misdaadprobleem nie kan oplos nie .

Die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) het in die lig van verskeie onlangse voorvalle van skynbare polisie-wreedheid gister gesê dit is uiters belangrik dat die polisie Suid-Afrikaanse burgers se grondwetlike regte te alle tye moet respekteer. Só het mnr. Francois Beukman, uitvoerende hoof van die OKD, op 'n nuuskonferensie gister in Emalahleni gesê nadat hy en ander OKD-lede die familie van wyle me. Jeanette Odendaal (45) op Middelburg besoek het.
"Ons het hulle verseker die OKD sal die saak ordentlik, onafhanklik en onpartydig ondersoek en sal toesien dat geregtigheid geskied," het Beukman gesê.

Net om geregtigheid eenmalig te laat geskied is ook nie genoeg nie , dit is 'n ingewikkelde probleem wat deeglike sorg en aandag vereis om die probleem in sy geheel aan te spreek . Die vraag is nou : watse stappe gaan en kan geneem word om te verseker dat dieselfde voorval nooit weer sal gebeur nie ?

Ek kan voorstel dat u 'n onafhanklike kommissie saamstel wat se doel sal wees om te bepaal hoe effektief en bevoegd u verskillende staatsdepartemente is , met die resultate wat u sal ontvang van die onafhanklike kommissie se verslae kan u bepaal of dit nodig sal wees om u verskillende staatsdepartemente te herstruktueer en indien wel tot watter mate .




Die uwe ,


S.Maartens


Minister van Beveiliging
Republiek van Bravoland
http://www.bravoland.co.za