Friday, July 18, 2008

Sannieshof se riool

From: Carien Visser [mailto:flowers2die4@lantic.net]
Sent: 15 Julie 2008 02:46 nm

Hallo Jaap,

Ek glo nie daar is baie mense wat my sal glo as ek sê dat ek 'n heerlike
oggend by die riool oksidasie damme gehad het nie.

Ek en die waterspan en die 78 jarige Reg Trewickj het begin om ons riool
probleme op te los.  Vir die eerste keer is daar vir ons op Sannieshof
'n oplossing wat ons gaan toepas met of sonder betrokkenheid van enige
munisipale amptenaar. Dit word duidelik dat hoe minder munisipale
amptenare betrokke is hoe beter loop dinge.

Sannieshof se huise het almal geslote riool tenks wat op 'n gereelde
basis deur 'n suigwa leeg gepomp word en by die oksidasie damme geledig word.  Vanwee die geen bestuur van die munisipaliteit loop hierdie riool tenks voortdurend oor.

Vandat ons dispuut verklaar het, trekkers en suigwaens herstel het, het ons beter beheer oor die verwydering van riool verkry, maar die oneffektiewe bestuur by die riooldamme het veroorsaak dat ons 'n omgewings besoedelings proses instand gehou het.

Ons gaan hierdie organiese ensieme in ons riool tenks by elke huis toedien wat ons ongeveer R80 per huishouding gaan kos, wat eenmalig toegedien word en as skadelike chemiese middels soos jik, jeyes fluid en domestos nie toegedien word in die sisteem nie, dit vir jaare aktiefbly.  Dit is in elk geval goedkoop genoeg dat elke huishouding kan beskostig om hul riool tenks te verwerk.  

Die biologiese behandeling van dreins met BI CHEM GA.300 P met  BioS TM3112 is 'n gepatenteerde "Bacillus strain" wat in staat is om op organiese wyse alle organiese afval te verteer of degenereer sodat die eindproduk onskadelik is vir die omgewing en riool gevolglik reukloos word.

Ons begin Maandag met geselekteerde toediening van hierdie produk in riool tenks by wonings wat as dit dan by die oksidasiedam uitgepomp word reeds aktiewe ensieme bevat en met die degenerasie van riool in die oksidasie damme volhou.  Hierdie toediening van die produk maak dit ook
vir die werkers meer aangenaam om te verrig en sou die riool tenk oorloop is dit reukloos.  Terselfdertyd bly die organiese ensieme aktief in die riool tenks vermeerder en word die sisteem instand gehou.  Reg het ook organiese produkte wat in die huis gebruik word wat verhoed dat afvoerpype verstop en wat reuke elimineer.  Al die produkte is omgewings
vriendelik en soos hul logo ook së:  "cleaning the environment for a healthier nation."  glo ek dat die meeste van ons daarna streef om omgewings vriendelik te leef sodat die nalatenskap aan ons kinders ons tot eer sal strek.

Ek sal terug rapporteer na die toediening oor hoe dit met ons tussen die "rose en lelies" gaan.  Een ding kan ek julle sê, ons op Sannieshof is klaar gesukkel en ons gaan nooit weer toelaat dat wie ook al van ons verwag om te lewe sonder kwaliteit nie.  Ons sal saamstaan tot die einde toe, maar ons dorp sal 'n suksesverhaal wees omdat die keuse daarvan
bepaal word deur ons intellek en ons daadkrag.

Carin  Visser
SANNIESHOF
NOORD WES



No comments: