Wednesday, July 30, 2008

Vrou (60) kritiek na verkragting

Jul 29 2008 10:32:55:447PM - (SA)

Witbank. – 'n 66-jarige vrou van Nederland is in 'n kritieke toestand
in 'n hospitaal nadat sy eergisteroggend deur inbrekers aangerand en
verskeie kere verkrag is.

Sy is omstreeks 06:30 in haar huis hier oorval. Haar aanvallers het
haar erg aangerand en vermoedelik met 'n voorwerp in die gesig en oor
die kop geslaan.

Volgens kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, is 'n sitkamervenster
by haar huis 'n week gelede deur booswigte uitgeslaan, wat gevlug het
sonder om die huis binne te gaan. Die venster is herstel en dié keer
versigtig deur die inbrekers uitgehaal.

Die vrou se toestand word as kritiek beskryf. Sy het 'n paar jaar
gelede uit Nederland na Suid-Afrika verhuis.

Sy is in die Life Health Cosmos-hospitaal se waakeenheid opgeneem en
aan 'n asemhalingstoestel gekoppel. – Aletta Otto

Oorsporong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2366438,00.html

No comments: