Monday, July 14, 2008

Verwerping Van Munisipale begrotings

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 13 Julie 2008 10:53 nm
Subject:


Geagte vriende,

Aangeheg die NBU se dokument waarin die riglyne gegee word op grond
waarvan u die begroting van u munisipaliteit kan afkeur en verwerp.

In u verwerpings brief kan u eis dat die munisipaliteit skriftelik bewys
moet lewer dat aan elkeen van die vereistes, wat in die dokument vervat
is, aan voldoen is.

In baie gevalle sal dit binne u persoonlike kennis val aan watter
vereistes nie voldoen is nie en kan u dit alreeds as gronde vir die
verwerping van die begroting gebruik.

In terme van artikel 12 van die "Municipal Property Rates Act" Wet
6/2004 verval die tarief (grondbelasting) indien 'n begroting nie
goedgekeur is nie of verwerp is Dit het die effek dat, ongeag die waarde
van 'n eiendom, daar hoegenaamd geen grondbelasting gehef kan word deur
die munisipaliteit nie. Die vorige tarief is ook nie van toepassing nie
aangesien die wet baie duidelik is dat 'n tarief slegs vir een jaar
geldig is. Waar 'n begroting nie geldig is nie moet die Provinsie
intree. Slegs nadat die Provinsie ingetree het kan die tarief weer in
werking gestel word. Dit kan enige periode van drie tot twaalf maande
wees. Of die tarief dan met terugwerkende krag van toepassing gemaak kan
word is twyfelagtig aangesien dit eers in werking tree nadat die
Provinsie die begroting goedgekeur het en dit nie noodwendig van
terugwerkende krag sal wees nie.

Aangesien dit egter die beleid van die NBU is om verantwoordelik op te
tree en omdat ons ook besef dat geen munisipale dienste gelewer kan word
sonder inkomste nie stel ons voor dat die inwoners slegs die
eiendomsbelasting wat die vorige jaar gehef is saam met die ander
dienste gelde in die trust rekening inbetaal.

Die grootste ekonomiese bedreiging wat die land tans in die gesig staar
is weghol inflasie of selfs nog erger stagflasie (inflasie sonder groei)


Inflasie het hoofsaaklik drie komponente nl.
1. Ingevoerde inflasie soos bv. olie pryse. Dit is iets waaraan die
gewone man en derhalwe die munisipaliteite niks aan kan doen nie.
2. Kos inflasie. Weereens is dit 'n wêreldwye probleem en alhoewel die
nasionale regering iets daaromtrent sou kon doen mbt. die ondersteuning
van die boere, is dit buite die beheer van munisipaliteite en derhalwe
die NBU.
3. Geadministreerde pryse:
i) Elektriese krag voorsienings pryse. Dit is veroorsaak deur die
onbevoegde en onbekwame bestuur van ESKOM. Aangesien die NBU nog nie op
nasionale vlak opereer nie is ons tans nog magteloos om iets daaraan te
doen.
ii) Die verhoogde rentekoerse wat inflasionisties is en wat tans
groot ellende onder die algemene publiek veroorsaak. Weereens is dit
iets wat op nasionale vlak aangespreek sal moet word en is die NBU nog
tans nie op daardie vlak bedrywig nie.
iii) Onrealistiese verhogings van pryse en belasting vir munisipale
dienste. Dit is die vlak waarop die NBU met die deelnemende dorpe/stede
tans bedrywig is.
Ons houding is dus om inflasie te bekamp sal daar geen verhoging
in eiendomsbelasting betaal word nie. Slegs die verhogings in dienste
gelde sal aanvaar word wat die gemiddelde verhoging in inflasie op
plaaslike vlak onder die huidige landwye inflasie koers sal afbring.
Dit is in lyn met die voorgestelde riglyne van Goewerments kennisgewing
1172 en 1173 van die Minister van Provinsiale en Plaaslike Regering
asook die beleid van die Reserwe Bank om inflasie weer onder 6% te
bring.

Daar moet egter goed besef word dat daar 'n berekende risko aan verbonde
is nl. dat die bedrag wat die munisipaliteite gaan hef tov.
eiendomsbelasting nie die bedrag is wat die inwoners in die trustfonds
gaan inbetaal nie. As ons egter in gedagte hou dat in die geval van
Warrenton in 2006 die inwoners juis 'n dispuut met die munispaliteit
verklaar het oor die verhoging van 400% in eiendoms belasting en dit na
twee maande se weerhouding skriftelik afgebring is na 10 % en in die
geval van Barkley - Wes, Delportshoop en Windsorton die verhoging van
135% na 'n jaar se weerhouding afgebring is na 20% en al die rente
afgeskryf was, dan dink ons dat die risko wat ons loop 'n redelike
berekende risiko is.

Die praktiese situasie sal wees dat u almal aan u inwoners sal kan sê "
Neem deel aan ons aksie en betaal verlede jaar se eiendomsbelasting of
neem nie deel nie en betaal die verhoogde bedrag aan die munisipaliteit
! ". U kan uself indink wat die reaksie van die inwoners gaan wees. Dit
gaan so 'n vloedgolf wees van mense wat gaan aansluit dat ons met die
finansieële mag in die hande sal sit en die dienste self sal kan verrig
indien ons daartoe gedwing word

Die beoogde vasmaak van die eiendoms belasting sal nie die lewering van
munisipale dienste in gevaar stel nie want slegs deur behoorlike bestuur
en voorkoming van vermorsing van geld op onnodige projekte en oormatige
salarisse aan onbekwame en onbevoegde personeel en raadslede asook
behoorlike krediet beheer sal die munisipaliteite in staat stel om met
gemak binne hulle begrotings, sonder die verhoogde belastings, te kan
opereer.

Deur die verwerping van die begroting en die verklaring van 'n dispuut
stel dit die inwoners in beheer van die dienslewering wat reeds bewys is
in die geval van Sannieshof dat inwoners self baie beter daartoe in
staat is, fisies en finansieël, om dienste self te verrig as wat die
munispaliteite dit kan doen.

Groete

Jaap Kelder

Dokument beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/e1f29d537ae5a3e2

No comments: