Monday, July 14, 2008

Saamtrek De Aar

From: Johan Matthee [mailto:jmatthee@oldmutualpfa.com]
Sent: 14 Julie 2008 09:54

Subject: Saamtrek De Aar


Vriende

Dit is "all systems go" vir ons saamtrek op Saterdag, 19 Julie.

Net 'n paar wenke:

* Die Karoo is snerpend koud - bring genoeg warm klere saam.

* Daar is drie groot padwerke op die N1 tussen Springfontein en
Colesberg met ry-stop beheer wat vertragings van tot 40 minute tot
gevolg het. U kan by Trompsburg afgaan van die N1. Ry deur Tromsburg oor
Philippolis na Colesberg. Wees aseblief gewaarsku dat, alhoewel hierdie
roete (geteer) meesal heel gaanbaar is, is daar tog 'n paar gedeeltes
waar groot slaggate voorkom. Dit is raadsaam om hierdie pad in daglig te
ry.

* Nadat Colesberg en De Aar dispute verklaar het, is hierdie dorpe se
enigste bron van inkomste spoedboetes. Hou asseblief streng by die
voorgeskrewe spoed.

* Indien u nog nie akkomodasie bekom het (as dit nodig sou wees) om oor
te slaap nie, skakel my asb. onverwyld sodat die nodige reelings getref
kan word. Afslag tariewe is met gastehuise beding vir ons lede.

* Sommiges het aangedui dat hulle per privaat vliegtuig sal aankom op De
Aar. Laat weet my asseblief van u beplande landingstyd sodat vervoer na
en vanaf die skougronde gereel kan word.

* Bring asseblief u eie skryfbehoeftes saam.

* Elke dorp/ stad/ Metro teenwoordig gaan gevra word om kortliks verslag
te doen oor wat in hulle plekke aangaan. Aspekte soos: wat loop verkeerd
in u plek, waar staan u t.o.v. die stigting van 'n
belastingbetalervereniging/ 'n dispuut verklaar, probleme wat ondervind
word en aspekte waaroor u meer te wete wil kom. Hou u verslag maar kort
en saaklik sonder om belangrike sake na te laat.

* Vra maar enige inwoner van De Aar vir aanwysings na die skougronde.

* Registreer so gou moontlik by die ingang na u aankoms om sodoende lang
rye te voorkom voor die verrigtinge 'n aanvang neem. Elkeen sal van 'n
naamplaatjie voorsien word wat interaksie sal vergemaklik.

Johan Matthee (MFPI)

Financial Advisor
Ou Mutual (PFA) Suid-Afrika/ Old Mutual (PFA) South Africa
"Gelisensieerde Finansieledienste Voorsiener" "Licensed Financial
Services Provider"
Branch: PFA Bloemfontein (Colesberg)
+27 (0)51 753 9281 (telephone)
+27 (0) 82 406 8248 (mobile)
+27 (0) 86 513 8232/ +27 (0) 51 753 9281 (fax)
jmatthee@oldmutualpfa.com (E-mail)

No comments: