Thursday, July 24, 2008

Blanke aangeval en besteel

* 'Julle ryk mense betaal ons dan net R50'

Mnr. Gert Strydom van Krugersdorp aan die Wes-Rand wys die wond aan sy
linkersy, ná hy deur lede van die N14-hoofwegbende naby Diepsloot
aangeval is. Foto: Amanda Roestoff

Jul 23 2008 10:27:41:770PM - (SA)

Amanda Roestoff

'n Motoris van Krugersdorp aan die Wes-Rand is eergister naby
Diepsloot, noord van Johannesburg, op die N14-hoofweg gewond en
ontvoer deur 'n bende wat vermoedelik padversperrings in die pad
aangebring het.

"Julle ryk mense gee vir ons werk en betaal ons dan net R50," het 'n
rower mnr. Gert Strydom (46), 'n bedryfsbestuurder, later in Engels
toegesnou.

Strydom is deur sy aanvallers gevloek en summier geskiet, nadat hy
langs dié hoofweg stilgehou het om die skade aan sy motor te bepaal
nadat hy iets in die pad getref het.

Beeld het vroeër vandeesmaand berig oor twee bendes wat op dié
hoofroete tussen Pretoria en Krugersdorp aan die Wes-Rand
padversperrings met onder meer motorbande maak. Motoriste word dan
beroof wanneer hulle stilhou en die skade bekyk of nie verder kan ry
nie omdat hul motors te erg beskadig is.

Strydom het Maandag omstreeks 04:15 met sy Mercedes-Benz C320 CDI van
sy huis na Steelpoort in Mpumalanga vertrek om werk by 'n aanleg te
gaan doen.

Hy het enkele oomblikke later naby die Jukskeirivier "iets in die pad"
raak gery, " 'n geluid en vibrasie" gehoor en uitgeswaai, toe hy 'n
motorbuffer in die pad sien lê.

Toe hy uitklim om die motorskade te bepaal het twee mans skielik met
vuurwapens verskyn.

"Hulle het op my begin skree en vloek," het Strydom vertel.

Die voorste aanvaller het hom in die linkersy geskiet. Die koeël is
agter by sy rug, bo sy heup, uit. Strydom het die een rower uit die
pad gestamp en in die rigting van die veld gehardloop, toe die ander
rower sy enkel van agter vasgegryp en hy gestruikel het.

Een van sy aanvallers het 'n vuurwapen teen sy kop gedruk en sy
selfoon en trouring gevat, terwyl die ander sy motor deurgesoek het.

Sy hande is met breë kleefband vasgebind en hy is in die agterste
sitplek ingedwing. Hulle het met hom weggery.

Dit is toe dat een kla oor "die ryk mense".

"Toe ons langs die R511 ry, het ek net vir die Here begin bid en gevra
hy moet my beskerm en deur dié beproewing lei," vertel Strydom.

Die mans het hom met 'n pistool teen die kop gedwing om sy bankkaart
se PIN-kode vir hulle te gee. Hulle het by 'n winkelsentrum in
Fourways, noord van Johannesburg R2 000 uit sy rekening getrek. Die
rowers het reisbagasie uit sy motor verwyder en hom in die kattebak
gedwing. Hulle het êrens stilgehou en nog twee makkers opgelaai terwyl
Strydom "heeltyd bloed teen sy rug kon voel afloop" en hy sy hande
begin loswikkel het.

Sowat 2 km van waar hy gekaap is, het sy aanvallers stilgehou en hul
twee makkers weer afgelaai.

Strydom is uit die kattebak bevry en gesê dat hy voor in sy motor mag inklim.

Hy het dadelik huis toe gejaag om hulp te kry.

Mev. Heila Strydom (47), 'n onderwyseres van die Wes-Randse skool op
dié dorp, het hom na die noodgevalle-afdeling van die Netcare
Krugersdorp- private hospitaal gehaas.

"X-strale is geneem en die koeël het gelukkig nie enige organe of
beendere beskadig nie."

Hy is later dieselfde middag geopereer om gebrande weefsel te
verwyder, die wond skoon te maak en met sewe steke te heg.

"Mense moet versigtig wees; ek is met die domste trick in die boek
gevang," het hy ná die voorval gesê.

"Ek is nie negatief oor dié land nie.

"Ek is bly ek het gespaar gebly om oor die Here se beskermende Hand
oor my lewe te kan getuig."

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2362941,00.html

No comments: