Monday, July 28, 2008

VF+ en Zuma

VF+ nooi Zuma na kongres

Jul 27 2008 09:05:46:283PM

Mnr. Jacob Zuma se toenadering tot wit Afrikaanssprekendes gaan
volgende maand nuwe hoogtes bereik wanneer hy die VF+ se
armoedekonferensie open.

Kaapstad. – Mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, se toenadering tot wit
Afrikaanssprekendes gaan volgende maand nuwe hoogtes bereik wanneer hy
die VF+ se armoedekonferensie open.

Mnr. Willie Spies, VF+-LP, het gister bevestig die uitnodiging om die
geleentheidspreker te wees, is aan Zuma se kantoor gerig en dat hy dit
voorlopig aanvaar het. Zuma se woordvoerder kon dit gister nie
bevestig nie.

Volgens Spies is daar besluit om Zuma te nooi omdat hy volgens alle
aanduidings die land se volgende president gaan wees en hy uit sy pad
gaan om uit te reik na minderheidsgemeenskappe.

Zuma het die arm, wit gemeenskap van Betlehem in die weste van
Pretoria verlede week vir die tweede keer vanjaar besoek.

Die armoedekonferensie vind op die 29ste Augustus in Centurion plaas
en volgens Spies is 'n versekeidenheid sprekers genooi om
armoedekwessies in die lig van die politieke en ekonomiese toestande
te bespreek.

Die konferensie sal fokus op wit armoede "maar teen die agtergrond van
armoede in Suid-Afrika". X Pieter du Toit


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2365152,00.html

No comments: