Sunday, July 27, 2008

Moet die Reddingsdaadfonds herleef?

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 27 Julie 2008 03:47 nm
Subject: FW: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?


Geagte vriende,

Die onderstaande het my laat besluit om u aandag te vestig op iets waar
ek al jare by betrokke is nl. die opleiding van ons mense wat in die
moeras van hopeloosheid vasgevang word. Ek glo nie daaraan om mense met
aalmoese te help nie maar eerder om hulle in staat te stel om na
hulleself om te sien iets wat ook die basis van die NBU is.

Ek is ook die voorsitter van die Balmoral Gimnasium waar opleiding aan
ons mense, wat dmv.wetgewing werkgeleenthede ontneem word, te gee op
die gebied van sweis werk. Sweiswerk is gekies omdat dit eerstens 'n
basiese vaardigheid aan 'n persoon gee in 'n baie kort tydjie ( 3- 4
weke) en dit tweedens baie koste effektief is en derdens is daar 'n
enorme tekort aan goed gekwalifiseerde sweisers . Met 'n opleidings fooi
van R 1 750 per week vir 3-4 weke kan 'n persoon 'n gekodifiseerde sweis
sertifikaat verwerf wat hom selfs in staat stel om in die buiteland te
werk.

Daar is in 2001 met die oprigting van 'n doelgerigte gebou van 340m2
begin en in Oktober 2003 is daar met opleiding begin. Tot datum het ons
meer as 180 jong en partykeer nie so jong mense opgelei en almal wat wou
werk het onmiddelik werk gekry. Daar is van ons jong seuns wat so goed
gevorder het dat hulle binne 'n paar weke die toesig houers oor die
ander sweisers aangestel is terwyl andere nou al in volwaardige vakmanne
ontpop het.

Indien daar enige verdere navrae hieroor is, is u welkom om my te
kontak.

Groete

Jaap Kelder


-----Original Message-----
From: Ben Geldenhuys [mailto:ben@bravoland.co.za]
Sent: 11 Junie 2008 02:33 nm
To: Undisclosed-Recipient:;
Subject: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?

Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
(Uit die radiorede van Mnr Clem de Klerk, 9 Junie 2008)

........ Elkeen van ons hoor en sien wat is aan die gebeur in ons land.
Die ontstellende van alles is dat ons besig is om oor al die dinge te
praat, ons probeer selfs iets doen, maar ons doen dit geïsoleerd –
elkeen op sy eie, en die gevolg daarvan is minder suksesvol.

Drie jaar gelede het ek 'n pleidooi gelewer in hierdie selfde program,
om die daarstelling van eie strukture te begin sodat ons die al groter
wordende armblanke vraagstuk met woord en daad kan teenstaan. Nou het
die probleem van verarming van ons eie mense so groot geword dat dit
selfs erger is as die armblanke vraagstuk van die dertigerjare in die
vorige eeu. Toe is die Reddingsdaad Fonds gestig, en daaruit het vele
nuwe strukture na vore gekom, want dit was die bousteen om ons verarmdes
met geleerdheid toe te rus om ons uiteindelik uit die moeras op te tel.

En nou staan ek vanaand voor die Boere-Afrikanervolk – en ek lewer weer
hierdie pleidooi van drie jaar gelede. As ons nie nou gaan begin nie,
dan sal daar niemand wees wat kán begin nie – want ons volk sink weg in
verwaarlosing – ons volk se selfbeeld is besig om te kwyn, ons
selfvertroue maak dat ons soos slawe, dienswillig alles doen wat op
selfvernietiging afstuur.

Radio Pretoria is verbind om in diens van ons volk te staan – en as dit
beteken dat ons ook moet meewerk om ons volk uit die moeras van
verarming op te hys, dan moet en kan ons nie terugdeins nie. In die weke
wat voor is, sal daar gesprek gevoer moet word met belanghebbendes in
die ekonomiese wêreld, en ek is van oordeel dat die gesprekke sal lei
tot die daarstelling van eerste strukture om hierdie ernstige probleem
te omskep in 'n geleentheid.

Dit is goed en wel dat ons kos en klere aandra na ons verarmde
volksgenote. Maar vriende, dit is geen finale oplossing nie. Ons is nie
net besig om ons eie mense se selfbeeld verder te knou nie, ons is met
'n al groter wordende probleem besig wat iets weerspieël van die
spreekwoordelike elke dag 'n vis, in plaas van 'n visstok.

Met ontsteltenis neem ek kennis van Afrikaanse kerke wat nou oor hulle
voete val om die sogenaamde slagoffers van vreemdelinge-haat te hulp te
snel, terwyl daar in dieselfde kerk honderde armblankes is wat vergete
gelaat word. Dit is tog onhoudbaar!

As u vir my sou vra hoe ek so 'n projek sou wil begin, dan is daar
enkele gedagtes wat onwillekeurig voorop staan.

Ons moet genoeg kundiges identifiseer – maar kundigheid tesame met 'n
onbesproke karakter is sekerlik die eerste vereiste.

Daardie kundiges moet byeen gebring word, elkeen met sy eie gedagtes,
want dit gaan nie oor kos en klere skenk nie, dit gaan hier oor die
daarstelling van strukture om ons verarmdes te help – te help met werk,
te help om hul menswaardigheid te herstel, te help met die geestelike
heropbou van hulle wat weggesink het weens so baie dinge wat verkeerd
gegaan het.

Die vestiging van sulke strukture beteken dat ons, ja, u en ek, ons
selftrots, ons verhewenheid, ons hooghartigheid moet omsit in
offervaardigheid. As ons dan 'n ekonomiese struktuur of strukture moet
vestig dan beteken dit dat ons van elke luisteraar elke maand R10 moet
kry om ons projek suksesvol deur te voer.

Natuurlik moet ons sorg dra dat eerbare volksgenote aan die stuur van
hierdie Fonds moet staan – manne en vroue wat die nood van ons volk ken
en verstaan, wat oor jare hul lewens gegee het vir ons volk, wat met hul
sterk Christelike oortuigings die weg van eerlikheid ken en bewandel.

Ons kan vandag nog die saak red. Ons kan vandag nog met die middele tot
ons beskikking ons nood verlig – maar ons kan dalk te lank hiermee
sloer, en dan vir altyd te laat wees.

Ek herhaal wat ek vroeër gesê het: Hier staan ek voor u as mede
Boere-Afrikaner, en ek pleit by u om hierdie saak u erns te maak. Ons
sal meganismes in werking moet stel en wanneer die spitwerk gedoen is, u
betrokkenheid te ervaar.

Laat ons dan in die weke wat voor ons is, biddend hierdie saak aan ons
Heer opdra want Hy is beskikker oor ons lotgevalle. Nie ek of u wil
eendag verantwoording doen omdat ons hierdie nood gesien het, en soos
die fariseër, ons kop weggedraai het nie.

Daarom vra ek, dat wanneer ons in hierdie verband enige aankondiging sou
maak, dat u saam met my daarop sal reageer deur spontane ondersteuning
te gee. Ek glo vas dat ons ons eie mense moet help, maar ons moet nie
net kos en water en klere aandra nie, ons moet iets verrig van blywende
aard – en om dit te doen, beteken dat ons die volk se steun gaan nodig
kry. As ons dan met hierdie projek 'n tweede Reddingsdaad moet begin,
dan doen ons dit omdat ons Afrikaners is – Afrikaners met 'n Boerehart!

Mag ons dan met al die seëninge wat ons onverdiend geniet, so
geïnspireer word dat ons daarvan iets sal terug gee aan daardie deel van
ons volk wat weens baie redes, vandag in armoede vasgevang, moedeloos en
magteloos voel, om hulle weer te kan ophef tot dit wat ons weet reg en
goed is.

Dankie vriende, vir u tyd en voorbidding.


Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou -
Dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer -
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Ben Geldenhuys


Sweis opleiding dokument by:
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/group/browse_thread/thread/b705c77c0cc54e72

No comments: