Saturday, July 26, 2008

"Hoekom het jy gesteel"

"Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?"
"Ek was honger!"

So lui 'n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in hulle
kindertyd gelag het - min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle
leeftyd 'n werklikheid sou word. Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof
as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger,
gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons
dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat:

'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm
is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die
Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie. Ons voorouers wat die oorlog en
die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van
vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar
hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie.

Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat
hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers,
goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf
waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole
afgebrand en geweld gepleeg nie.

Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en uiteindelik bo uitgekom
sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of
wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou
nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens moor omdat jy 'n barbaar is wat
nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte
gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as 'n hongerloon probeer
onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor
nie.

'n Mens word nie 'n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou
doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het
die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie - ons het self
gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf - apartheid het nooit plase en
poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige
vordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as
jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en
presteer jouself in die voorspoed in. En dit geld vir ons eie mense ook. Net
ons eie werk, prestasie
en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink
en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke,
geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself 'n toekoms
los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie...

No comments: