Wednesday, July 9, 2008

Chopper held leef in Vrees !!

Heli-held gedreig: 'Jy gaan sterf'
Jul 07 2008 08:27:43:710PM  - (SA)  







André Damons

Vrydagmiddag was hy bly en trots op homself toe hy moontlik drie polisielede se lewens gered het, maar twee aande later moes hy op 'n bankie in die polisiekantoor slaap.

Mnr. Peter Sekware (46) was Vrydag van die eerste mense op die toneel waar 'n polisiehelikopter in 'n oop veld in Meadowlands, Soweto, neergestort nadat dit in kragkabels vasgevlieg het.

Hy gehelp om kapt. Willie Steyn (45), kapt. Carl Bernado en sers. Paul Steyn uit die wrak te bevry.

Nou vrees hy vir sy lewe nadat 'n man hom telefonies met die dood gedreig omdat hy die polisielede se lewens gered het. Hy vermoed dit kan van die mans wees wat deur die lede gejaag is.

Sekware sê hy het Sondag omstreeks 18:00 'n oproep gekry.

"Die man wou by my weet: 'Dink jy jy is slim?'. Hy het gesê hy kan my sien en gaan my doodmaak. Ek was bang en het dit dadelik by die polisiekantoor gaan aanmeld," sê hy.

Sekware sê hy weet nie waar hy die volgende paar dae gaan bly of slaap nie, maar hy kan nie huis toe gaan nie. Hy het Sondagaand op 'n bankie in die Meadowlands-polisiekantoor geslaap.

Die polisie wou hom huis toe neem, maar hy het geweier.

"Ek het gedink ek doen die regte ding: Die polisielede was in gevaar en hulle het ook die reg om te lewe."

Sekware vrees nou ook vir sy vrou en drie kinders se lewens.

Hy het hulle beveel om die deure gesluit te hou. Sy vrou wil na Venda gaan, maar hulle het te min geld én Sekware verloor nóg omdat hy weens die dreigement nie kan werk nie.

Sekware sê hoewel die polisie gesê het hulle gaan sy huis gereeld besoek en die straat patrolleer, voel hy nog onveilig.

"Al patrolleer die polisie, gaan dit nie help nie. Dié mense gaan my kry," sê hy.

'n Polisiewoordvoerder kon die dreigemente gister nie bevestig nie.

No comments: