Wednesday, July 28, 2010

Uitnodiging na Boere-dag

Heerlike Boeredag

Ons het dit goedgedink dat ons as volksgenote ook op 'n sosiale vlak
met mekaar moet verkeer. Ons praat van saamstaan en nie saamstaan nie,
maar ons weet nie eens wie is ons mede boere nie!

Die tyd het aangebreek dat ons nou werklik die hande na mekaar moet
uitreik, en daarom word elkeen van julle persoonlik genooi na 'n dag
van boeresport en samesyn op Maandag 9 Augustus 2010. Kom wys jou
kinders wat is goeie vermaak!

Ons beplan om ongeveer 9 uur te begin met opening, waarna lekker
boeresport sal volg en 'n vleisie op die kole of potjiekos, nes u
verkies.

Die toegang vir die dag beloop R30 per voertuig wat geskenk sal word
aan die arm blankes om by te dra vir hulle vrugte-boom projek.

Adres: Kameeldrift 225, Pretoria-Wes.
'n Volledige kaart met aanwysings sal geplaas word op:
http://boere-eenheid-forum.cultureforum.net/gebeurlikhede-en-uitnodigings-f62/boeredag-9-augustus-t3375.htm#18941

Pak dus jou piekniekmandjie en bring jou goeie gesindheid en 'n
opvoustoel saam, ons sien jou daar!

Aanwysings : GPS koordinate S 25 41' 58,81" en O 28 00' 09,36" Ry
vanaf Pta uit met vd Hoff weg(R514) reguit verby die ou makro oor die
ou trein spoor. Draai regs uit in Charl str, na ong 350 meter op
regterkant is die ingang.

Tuesday, July 20, 2010

Bemarkingspamflet - Orania Jeugbeweging

Goeiedag,

Aangeheg en hieronder is 'n bemarkingspamflet vir die Orania Jeugnaweek.
Lees asseblief deur. Daar is min plek beskikbaar. Lees asseblief mooi oor
hoe om in te skryf. Die vormpie hieronder moet ingevul word. Charl
Oberholzer en Nikke Strydom hanteer die inskrywings. Die
'ouderdomsbeperking' vir lidmaatskap van die Orania Jeugbeweging gaan 18 tot
30 wees.

Groete,

Jaco Kleynhans

A5 pamflet (2).jpg

Indien jy graag die Orania Jeugnaweek wil bywoon kan die volgende vormpie
voltooi en aan <mailto:nikke.kastanje@gmail.com> nikke.kastanje@gmail.com
of <mailto:charl.oberholzer@gmail.com> charl.oberholzer@gmail.com gestuur
word:


Naam en Van


Selfoonnommer


E-posadres


Dorp / Stad


Busvervoer

JA

NEE

Saturday, July 17, 2010

Die geskiedenis KAN homself herhaal…

Op 'n ysig koue wintersdag tydens die Tweede Wêreldoorlog kom ongeveer
sewentig duisend mense by die Vrouemonument in Bloemfontein byeen om
aan hulle leiers en die wêreld die boodskap te gee: "Ons is nie
tevrede om slawe van die Britse Ryk te wees en te bly nie: ons eis ons
gesteelde republiek op."

Sewentig jaar later wil die nageslag van daardie mense weer die koue
winterweer van die jaar 2010 trotseer om op dieselfde plek daardie
geleentheid te herdenk. Maar die terrein van die Vrouemonument,
volksbesit, word hulle geweier…

Watter groter bewys is daar dat ons volk, die Boere- of Afrikanervolk,
in knegskap leef, as hy nie mag byeenkom by sy monument, waar sy
volkshelde pres. MT Steyn, generaal Christiaan de Wet, Vader Kestell
en Emily Hobhouse begrawe lê nie? De Wet was nie net bereid om die
wapen teen die buitelandse Britse onderdrukker op te neem vir sy
vryheid nie, maar hy was ook bereid om die wapen op te neem teen sy
eie mense wat in die pad van vryheid gestaan het, soos Louis Botha en
Jan Smuts tydens die Rebellie. Maar ons mag nie by sy graf dit herdenk
waarvoor hy en sy nageslag gestry het nie…?

Tog gaan hierdie gebeurtenis sewentig jaar gelede, toe ons voorgeslag
hulle republikeinse eis sigbaar gaan stel het, nie onvergete verby
nie. Gelukkig ly die Paardekraal Monument Komitee nie aan die moderne
siekte van politieke korrektheid en nasiebou nie, en het wél hulle
terrein beskikbaar gestel om die geleentheid te herdenk, en dit vind
more, 17 Julie plaas.

Weer eens gaan duisende volksgenote opruk, hierdie keer na
Paardekraal, enersyds om die stryd van hulle voorgeslag te herdenk,
maar andersyds om daardie onvoltooide stryd voort te sit, en om die
basis te lê sodat die volgende geslagte daarop kan voortbou, soos ons
vandag kan voortbou op die fondamente wat ons voorgeslag gelê het.

Toe die volk in 1940 hulle eis om 'n republiek gaan stel het, was die
Tweede Wêreldoorlog aan die gang. Daar was tog 'n hoop dat die Britse
Ryk se mag gebreek sou kon word, sodat die Boerevolk weer vry kon
word. Die geskiedenis het egter 'n wyer draai geloop. Dit was eers agt
jaar later dat 'n politieke keerpunt gekom het toe die Nasionale Party
die regerende party geword het. Maar uiteindelik was dit eers een en
twintig jaar later dat die land 'n republiek geword het. Baie mense
wat in 1940 by die Vrouemonument was, het dit nie eens meer beleef
nie, maar hulle teenwoordigheid het die geesdrif, besieling en gesig
op 'n uiteindelik vrye republiek help posvat, sodat opvolgers dit wel
kon verwesenlik.

Daardie republiek se karakter is uiteindelik vernietig met die gebeure
van 1994, en die Boerevolk word tans weer onderdruk, nie direk meer
deur Brittanje soos dit was in 1940 nie, maar deur Afrikane wat dit
doen in dieselfde taal as die verdrukkers van 1940.

Die republikeinse vryheidsvlam brand steeds in ons volk. En more gaan
daardie vlammetjie by Paardekraal heel moontlik weer van 'n vlammetjie
na 'n fakkel groei. Mog dit egter bestem wees dat dit na 'n veldbrand
van republikeinse volksvryheid kan groei, wat ons volk se geesdrif
weer laat opvlam soos dit was in 1940, en dat ons weer by ons eie vrye
republiek kan uitkom.

More gaan daar waarskynlik weer geskiedenis gemaak word, net soos die
sewentigduisend mense in 1940 onbewustelik geskiedenis gemaak het, en
waarskynlik daarmee die verloop van die toekomstige geskiedenis in 'n
rigting gestuur het. Daarom is dit nodig dat die volk more in
maksimale getalle na Paardekraal opruk, ongeag hoe warm of hoe koud
die weer is, om weer geskiedenis te maak, en hopelik die verloop van
die geskiedenis in die toekoms in die regte koers te druk.

Die geskiedenis kan homself herhaal more. Dit sal nie vryheid oormôre
beteken nie, maar kan inderdaad 'n verskil in die toekoms maak. Maar
ook hier geld die bekende woorde van President Brand: "Alles sal
regkom… as elkeen sy plig doen…" Elkeen se eerste plig is om more op
Paardekraal die stryd van ons voorouers te herdenk, en dit ons s'n te
maak vir die toekoms.

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=5414.new;topicseen#new

Tuesday, July 13, 2010

HNP Konferensie

13 Julie 2010

UITNODIGING!

Geagte Strydgenoot,

VRYSTAAT-KONFERENSIE, 24 JULIE, WELKOM:

Die HNP gaan voortaan minder vergaderings in Pretoria hou en gereeld
konferensies landwyd in die verskillende streke hou.

Die Party wil graag gereeld met die ampsdraers en lede oor die land
gesprek voer. Almal kan nie gereeld na Pretoria gaan nie, maar die
Leiers is bereid om die verskillende streke te besoek. Daarom dat daar
deurlopend in die streke konferensies gehou gaan word.

Die Streekkonferensie vir die Vrystaat word op Saterdag, 24 Julie om
09:00 by die Bundu Lodge net buite Welkom gehou. Die Lodge is op die
Hennenman- Odendaalsruspad.

Die inhoud van die konferensies sal min of meer soos 'n
Hoofbestuursvergadering wees. Die politiek sal bespreek word, maar
sake van die HNP sal aandag kry en beplan word. Dit is anders as 'n
openbare vergadering. Daarom is veral ampsdraers en lede welkom. Nuwe
belangstellendes kan toegelaat word, maar u moet daaroor goed oordeel.

By dié konferensies moet 'n paar sake aandag kry:
• Mnr Andries Breytenbach wil graag as Leier die lede van die HNP leer ken;
• Dit is nodig dat die lede kennis maak met die mens Andries
Breytenbach maar ook met die uiters bekwame politieke leier wat die
HNP het;
• Die lede moet ingelig word oor die vryheidstryd. Wat belangrik is,
is dat die HNP die leiding moet neem. Die HNP is die enigste politieke
party wat die stryd vir vryheid voer.
• Die lede van die HNP moet geleentheid kry om ingelig te word, maar
meer nog, moet kans kry om hulle uit te spreek en vrae te vra en
voorstelle te maak.
• Die HNP sal sy organisasie drasties moet uitbou indien ons die stryd
wil wen. Baie meer strydrade sal gestig moet word.
• Die streekkonferensies sal hulle moet uitspreek daaroor of die HNP
in elke streek 'n streekleier of –voorsitter moet kies met 'n
streekkomitee om die streek se sake te bestuur in oorleg met die
Hoofbestuur.
• Die streekkonferensies sal moet besluit waar in die streek
vergaderings of funksies gehou moet word, en wanneer en waar die
streek 'n groot streekbyeenkoms of stryddag gaan hou.

Ons nooi u hartlik uit om dié konferensie by Welkom by te woon. Daar
word baie moeite gedoen met die reëlings. Probeer asseblief om 'n paar
uur van u tyd op 24 Julie aan die HNP af te staan. Bring die HNP-lede
en –ondersteuners in u omgewing saam. Die vryheidstryd is nie 'n
rusbankstryd nie. Die HNP het u nodig, net soos die Afrikanervolk die
HNP nodig het. Ons sien daarna uit dat u teenwoordig kan wees.


Met opregte Afrikanergroete,


------------------------------------------
LOUIS VAN DER SCHYFF
HOOFSEKRETARIS


NASKRIF: Onthou die Spesiale Kongres op Saterdag, 21 Augustus.


http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5518.msg71408/topicseen.html#new