Thursday, July 31, 2008

Business Day: Oor die Wetsontwerp op Onteïening: 28 Julie 2008

From: Jan Bosman [mailto:janbosman@abond.co.za]
Sent: 29 Julie 2008 10:35

Vriende

Die aanlyn weergawe van Business Day het die volgende berig oor gister
se konferensie. Let asseblief op die aanhaling van Prof Lungisile
Ntsebeza van die Universiteit van Kaapstad – Miskien het dit tyd geword
om hierdie mense reguit te konfronteer en daardie "bewyse" op die tafel
te plaas??

Groete

Jan Bosman

Whites did not steal land from blacks, says Pik
Franny Rabkin
WHITE settlers did not steal land from native inhabitants when they
arrived in SA, said former apartheid minister Pik Botha yesterday.
He was speaking at a conference on the Expropriation Bill as part of a
multipronged effort to defeat the bill, which is now before Parliament.
The Ad Hoc Committee For the Defence of Property Rights gathered
historians, politicians and farmers to discuss the question: did the
current owners of property obtain it unlawfully?
Much of the discussion was focused on restoring a largely discredited
history: that the land in SA was empty when settlers arrived.
The history suggests that land was given in treaty to white settlers and
that the land, in any event, belonged to the Khoi and the San people —
these were nomadic people who were not settled; and that both whites and
blacks (from which the Khoi and San were excluded) were settlers.
The Expropriation Bill seeks to allow the government to expropriate
private land with compensation but not necessarily at market value.
Organisations present at the conference included AfriForum, the
Afrikanerbond, AgriSA, commercial farmers organisation TAU SA and the
Freedom Front Plus (FF+).
Botha said, "The Voor-trekkers occupied areas where in general, at the
time of the Great Trek, no settled black communities were to be found."
Werner Weber, FF+ spokesman on land and agricultural issues, referred to
specific treaties, such as the one signed between Voortrekker Piet
Retief and Zulu King Dingaan in 1836, in which, he said, Dingaan gave
Retief all the land between the Tugela and the Mzimvubu rivers in return
for cattle which Retief had recovered for him. Weber said land owned by
white people in the "Transvaal, Natal and Free State was obtained in a
friendly way".
This version of history, standard fare in pre democracy textbooks, was
dismissed outright by Prof Lungisile Ntsebeza of UCT in an interview
yesterday.
"That's rubbish," he said. "There is evidence in abundance that land was
dispossessed from the indigenous people, violently in many cases."
He asked why the settlers fought wars with African nations if the land
was empty and people were not settled there.
Historian and writer Louis Changuion put the land issue down to a
"misunderstanding between the two race groups".
This was because they "didn't have the same understanding" of land
ownership. Boundaries were not recognised and there was no such thing
before white people came to SA.


Jan Bosman
Besturende Direkteur
Afrikanerbond
janbosman@abond.co.za
Tel: (011) 482-1600
Faks: (011) 726-5877
Privaat Faks: 086 658 6336
www.abond.co.za

Fokus besoek, Sannieshof

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 31 Julie 2008 05:22 nm
Subject: FW: Fokus besoek, Sannieshof

Geagte vriende,

Die vorige program op FOKUS het vir my te veel op die probleme en nie op
die oplossings ge –fokus. Ek het dit ook so aan Hantie oorgrdra. Dit sal
dus interessant wees om te sien wat hiedie keer vertoon gaan word.

Groete

Jaap Kelder

-----Original Message-----
From: Carien Visser [mailto:flowers2die4@lantic.net]
Sent: 31 Julie 2008 07:28
To: jaap kelder
Cc: carel van heerden; marian van wyk; valmari roets; retha venter;
coert snyman; Renier GROENEWALD; Marius Jansen van Rensburg; Linda
Taljaard; jako joubert; hanli morkel; piet de villiers; frans cronje
Subject: fokus besoek, sannieshof

Hallo Jaap,

Wel Hantie en kameraman het gisteraand hier oornag op pad terug van
Schweizer Reneke waar 'n tussen verkiesing was en die DA nou in koalisie
aan bewind is. Ook om te gaan kyk of daar al 'n wesenlike verskil
waarneembaar is.
N a v die vorige program het hulle ongelooflik baie e-mails en fakse
ontvang van 244 dorpe. Sy wil net 'n insetsel in hierdie program maak,
oor die betrokkenheid van belastingbetalers en aan die land wys dat dit
'n algemene klag is van alle belastingbetalers is. Sy sê dat die vorige
program soveel hoop aan mense gebring het, dat sy nou op 'n gereelde
basis sal verslag gee van hoe dit landswyd gaan met kort insetsels in
programme van gemeenskaplike belang.
Sy wou net hê ek moes op kamera sê die probleme of 7 groot sondes van
plaaslike regering landswyd wat algemeen ervaar word. Ek het dit
saamgevat in: riool, water, vullisverwydering en storting, foutiewe
rekenings, korrupsie, bedrog en nepotisme.
Die program gaan uigesaai word op 10 Augustus.
Indien sy met die redigering van die program nog inligting nodig het of
nog tyd beskikbaar het, sal sy jou kontak en die nodige gou by jou gaan
doen.
Het vir haar die nodige inligting van Colesberg en Middelburg gegee.
Dit was nuuswaardig maar sy wil nog nie nou fokus op hierdie tipe van
negatiwiteit nie, aangesien dit net die verkeerde emosies mag aanwakker.
Dink nogal dit is verantwoordelik van haar.
Nou toe, hier gaan dit nog steeds A-OKAY! en die riool word gesuig. Wag
nog vir Hennie - wil nie met hom praat nie, ek wil hom sien!
Soet wees daar vandag, as jy wil.
Carin Visser

Mediaverklaring ACDP spreek kommer uit oor wetteloosheid in Colesberg

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 31 Julie 2008 05:28 nm
Subject: FW: Mediaverklaring ACDP spreek kommer uit oor wetteloosheid in
Colesberg

Geagte vriende,

Onderstaande vir u almal se kennisname.

Die NBU is totaal a-polities maar tog is dit 'n riem onder die hart dat
tenminste een party hom duidelik oor die optrede van die NBU lid dorpe
uit spreek. Die stilte van die ander politieke partye is oorverdowend !

Groete

Jaap Kelder

-----Original Message-----
From: Johan Matthee [mailto:jmatthee@oldmutualpfa.com]
Sent: 30 Julie 2008 01:53 nm
To: Jaap Kelder
Subject: FW: Mediaverklaring ACDP spreek kommer uit oor wetteloosheid in
Colesberg

Jaap, vir julle kennisname asseblief.

_____

From: svanniekerk [mailto:svanniekerk@leg.ncape.gov.za]
Sent: 30 July 2008 1:26 PM
To: Johan Matthee
Subject: Fw: Mediaverklaring ACDP spreek kommer uit oor wetteloosheid in
Colesberg
ACDP MEDIAVERKLARING

30/07/2008

Die ACDP van die Noord-Kaap spreek sy kommer uit oor die ANC en sy
vennote se wettelose optrede in Colesberg

"Suid-Afrika se grondwet beskerm die reg van individue en groepe om te
organiseer en saam te staan om aangeleenthede wat hul raak, te bevorder
of te beskerm, volgens Francois van Wyk, ACDP Noord-Kaap leier in
reaksie op die ANC en sy vennote se wettelose optog in Colesberg.

"So ook het inwoners van dorpe die reg om as inwoners-,
belastingbetalers- en ander forums te organiseer om hul belange as
inwoners te bevorder en te beskerm."

"Die feit dat inwoners van dorpe en stede landwyd organiseer om
verbeterde dienslewering en verantwoordelike finansiële bestuur af te
dwing, is grondwetlik en ook in lyn met munisipale wette soos die
M.F.M.A. (Municipal Finance Management Act). Die wette maak ook
voorsiening dat so 'n vereniging 'n dispuut met 'n munisipaliteit mag
verklaar indien nie aan wettige en billike versoeke voldoen word nie.
Dispute handel gewoonlik oor die begrotingsproses, finansiële
administrasie, die amptenary en dienslewering. Die doel is ook om as 'n
reël die prosesse tot alle inwoners se voordeel te verbeter. Dus 'n
wettige en geordende proses om beter dienslewering en administrasie te
bevorder."

Volgens van Wyk stel die ANC en sy vennote soos die jeugliga, Sanco en
andere skynbaar nie in 'n wettige en onderhandelde proses belang nie.
"Die metode om na die strate te gaan en geweld en misdaad te ondersteun,
is totaal onaanvaarbaar en gevaarlik. Volgens berigte was die
burgemeester en sekere amptenare van die voorbokke met die betogings in
Colesberg. 'n Verantwoordelike politieke party wat in regering is, is
veronderstel om die wette wat dit self op die wetboek geplaas het, te
gebruik om dispute op te los en billik en regverdig te regeer."

"Die algemene publiek vra die ANC om op te hou om teen homself te
betoog, om die verantwoordelikheid om te regeer ernstig op te neem en
die probleme met dienslewering, finansiële administrasie en algemene
munisipale bestuur aan te spreek en op te los."

Die vraag kan tereg gevra word of chaos, wanorde, misdaad , vandalisme
en lewensverlies die oogmerke van die Nasionale Demokratiese Revolusie
(N.D.R.) is, wat die ANC sedert Polokwane propageer, en of ordelike en
voorspoedige regering vir alle inwoners die doelwit is?

"Revolusie, chaos, misdaad en wanorde sal tot niemand se voordeel wees
nie en sal die getal armes laat toeneem en verder laat verarm."

Francois van Wyk, ACDP Provinsiale leier
083 461 8952

ANCJL maak amok in Colesberg se strate
Jul 29 2008 10:32:59:163PM - (SA)
Frans Coetzee
COLESBERG. – Vullisdromme is in die hoofstraat omgekeer, klippe is na 'n
onderneming gegooi, 'n gat is in 'n vrieskamer se muur gebreek en
bevrore hoenders is glo gesteel toe honderde jeugdiges van die
ANC-jeugliga Maandagaand hier amok gemaak het.
Die polisie moes rubberkoeëls afvuur en twee skokgranate gooi in 'n
poging om die oproeriges uitmekaar te jaag.
Dit is die jongste voorval van intimidasie in die middedorp sedert die
plaaslike belastingbetalersvereniging 'n dispuut met die
Umsobomvu-munisipaliteit weens swak dienslewering verklaar het.
Gistermiddag laat het nog 'n onwettige optog hier plaasgevind.
Mnr. Johan Matthee, voorsitter van die inwoners- en
belastingbetalersvereniging (IBBV), sê briewe gaan nou aan me. Dipuo
Peters, Noord-Kaapse premier, en mnr. Sydney Mufamadi, minister van
plaaslike regering en behuising, gerig word waarin die afdanking van me.
Lilian Hermans, burgemeester, en mnr. Amos Mpela, munisipale bestuurder,
geëis word.
"Alle sameprekings met die stadsraad en die munisipaliteit is opgeskort
totdat reg en orde weer op die dorp ingestel word."
Die onwettige optog in die hoofstraat het plaasgevind kort voordat die
IBBV met sakelui vergader het om 'n verbruikersboikot te bespreek.
Sanco het die verbruikersboikot Maandag teen blanke ondernemers
ingestel, want hy is teen die dispuutverklaring van die IBBV teen die
munisipaliteit gekant.
Matthee sê dorpenaars het Maandagaand spontaan straat skoongemaak toe
die oproeriges uiteindelik weg is.
"Tot oumatjies van 80 jaar oud het die sypaadjies met hul harke gehark
en besems gevee."
Op die vergadering met die sakelui is besluit dat die IBBV met sy
dispuut teen die munisipaliteit voortgaan ondanks die verbruikersboikot.
Supt. Mashay Gamieldien van die polisie sê klagte van openbare geweld,
'n onwettige optog en opsetlike saakbeskadiging word ondersoek nadat
sowat 700 lede van die ANC-jeugliga Maandag van 17:00 tot 21:00 na
bewering by die grootskaalse onrus betrokke was.
Die groep het glo van die Kuyasa-gemeenskapsaal tot by die N1 Stop Shop
in die hoofstraat gestap.
Klippe is na bewering na die gebou gegooi. Die eienaar se Toyota-bakkie
is glo erg beskadig.
Die polisie het rubberkoeëls afgevuur toe die onrusstokers nie na leiers
van die ANC, SACP, Cosatu en Sanco wou luister nie.
Van die jeugdiges het toe probeer om die onderneming te plunder deur
sakke bevrore hoenders in 'n vrieskamer te steel.
Geen beserings is aangemeld nie.
Polisiebeamptes van die dorp, Kuyasa, Noupoort, Norvalspont en Hanover
is in die gebied ontplooi om die toestand dop te hou.

Wednesday, July 30, 2008

Vrou (60) kritiek na verkragting

Jul 29 2008 10:32:55:447PM - (SA)

Witbank. – 'n 66-jarige vrou van Nederland is in 'n kritieke toestand
in 'n hospitaal nadat sy eergisteroggend deur inbrekers aangerand en
verskeie kere verkrag is.

Sy is omstreeks 06:30 in haar huis hier oorval. Haar aanvallers het
haar erg aangerand en vermoedelik met 'n voorwerp in die gesig en oor
die kop geslaan.

Volgens kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, is 'n sitkamervenster
by haar huis 'n week gelede deur booswigte uitgeslaan, wat gevlug het
sonder om die huis binne te gaan. Die venster is herstel en dié keer
versigtig deur die inbrekers uitgehaal.

Die vrou se toestand word as kritiek beskryf. Sy het 'n paar jaar
gelede uit Nederland na Suid-Afrika verhuis.

Sy is in die Life Health Cosmos-hospitaal se waakeenheid opgeneem en
aan 'n asemhalingstoestel gekoppel. – Aletta Otto

Oorsporong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2366438,00.html

Colesberg: 'n kookpot

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 30 Julie 2008 05:05 nm
Subject: FW: Colesberg: 'n kookpot

Beste Johan,

Ek weet julle staan sterk en die boodskap moet duidelik na die
munsipaliteit en die regering deurkom dat die betalende inwoners nou net
mooi moeg is vir die swak diens.


Geagte vriende,

Hieronder 'n verslag van Colesberg wat vir sigself spreek.

Die wonderlike hiervan is nou dat die blankes hulle geld net
terughou, let wel nie betalings boikotte implementer nie, nou is die
SANCO baie ongelukkig. Sou 'n mens dit hulle aan die verstand kon bring
dat die blankes al net so keelvol is vir dertig jaar se boikotte deur
die swartes !

Wat verder interessant is dat dit nou ook die eerste dorp is in meer as
drie jaar van belasting weerhouding dat daar oproer in die swart
woongebiede plaasvind.

Groete

Jaap Kelder

-----Original Message-----
From: Johan Matthee [mailto:jmatthee@oldmutualpfa.com]
Sent: 30 Julie 2008 08:38
To: Jaap Kelder
Cc: fcoetzee@volksblad.com
Subject: Colesberg: 'n kookpot

Beste Jaap en strydgenote

Colesberg is nou 'n ware kookpot. Ek heg 'n paar foto's aan om te
demonstreer wat ek bedoel. Die eerste 3 is van die optog laasweek na die
Landroshof waarby SANCO betrokke was en die ander 3 van gebeure
Maandag-aand toe die ANC-Jeugliga die strate ingevaar het. Let op hoe
inwoners spontaan begin om die gemors na die optog op te ruim.

Net om die geheue so 'n bietjie te verfris, Donderdag se optog was om 'n
memorandum aan die Landros te oorhandig. Dit het saamgeval met ons
hofsaak teen die Umsobomvu Munisipaliteit re die interdikte wat ons
bekom het. Die Landros het geweier om die memorandum te aanvaar.

Sedertdien het die opponerende partye in getalle toegeneem en so ook die
Polisie getalle om die oproermakers in toom te hou. Die ANC,
ANC-Jeugliga, Cosatu, SANCO, SAKP en die sg. Civics Organisation het nou
by die "party" opgedaag. Protesoptogte is 'n daaglikse verskynsel
(natuurlik onwettig). Tydens een van hierdie optogte het die
Burgemeester die voortou geneem en self in die openbaar gewys dat sy nog
haar pre 1994 "affirmative earobics" kan onthou.

Ek het sedertdien 'n noodvergadering met al die sakelui van Colesberg
gehou omdat 'n verbruikersboikot sedert Maandag in Colesberg deur SANCO
ingestel is. Al die wit besigheidsmense word geteiken, of hulle lid is
van ons vereniging of nie. Swart verbruikers word nou verplig om net met
die Chinese handelaars besigheid te doen. Tydens hierdie vergadering het
die sakelui besluit dat niemand gaan toegee aan die eise van die
boikotters nie. (Hulle wil ons dwing om die dispuut op te hef en die
geld in trust aan die Munisipaliteit oor te betaal).

Gister oggend het ek 'n skrywe aan die Burgemeester oorhandig (sien
bylaag) waarin ek haar meegedeel het dat ons alle samesprekings m.b.t.
die dispuut summier opskort totdat wet en orde weer in Colesberg gedy.
Sy het gisteraand die hulp van die Kerke in Colesberg ingeroep om my te
oorreed om van hierdie plan af te sien. Ek het ingestem om haar vannaand
te ontmoet op voorwaarde dat slegs die verbruikersboikot en die
wetteloosheid op die agenda is. Ek is nie bereid om te praat oor die
dispuut nie.

Vanoggend, in opdrag van die vergadering met die sakelui, faks ek 'n
skrywe na die Premier van die Noord-Kaap, die LUK vir Plaaslike Regering
en Behuising (Noord-Kaap) en mnr. Sydney Mfumadi, Minister vir Plaaslike
Regering en Behuising om die toedrag van sake in Colesberg onder hulle
aandag te bring. Ons eis ook dat die Burgemeester en Munisipale
Bestuurder ontslaan en vervang word met meer bekwame persone. (Sien
bylaag).

Ek laat weet weer van verder verwikkelings.

Groetnis

Johan Matthee
Colesberg

+27 (0)51 753 9281 (telephone)
+27 (0) 82 406 8248 (mobile)
+27 (0) 86 513 8232/ +27 (0) 51 753 9281 (fax)
jmatthee@oldmutualpfa.com (E-mail)


Dokumente beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/6b5fc7428f5791a2

Rugbyspeler sterf toe hy sy ouers te hulp snel

Raak geskiet: Mnr. Chris Bam (57).

Jul 29 2008 10:32:50:303PM - (SA)

Virginia Keppler

'n Pretorianer wat vir die Griffons se o.19- en o.21-rugbyspanne
gespeel het, is tydens 'n mislukte rooftog in Pretoria in sy ouerhuis
doodgeskiet.

Mnr. André Bam (26) het vermoedelik sy ouers te hulp gesnel.

Mnr. Chris Bam (57), sy pa en 'n bekende fietsryer en voormalige
melkboer van Koppies in die Vrystaat, is drie keer raak geskiet.

Die voorval het in Doornpoort in die noorde van Pretoria plaasgevind.

Mev. Veronica Bam (54) het oor die foon vir haar buurman geskreeu:
"Hulle val ons aan! Kom help!" nadat haar seun doodgeskiet en haar man
raak geskiet is.

Die Bam-egpaar is gister om 02:10 in hul slaap oorval. Hulle het in
Februarie na Pretoria verhuis om naby hul vier kinders te wees.

Die aanvallers het 'n venster aan die agterkant van hul huis gebreek
en die diefwering oopgebuig.

Mnr. Raymond Harris (39), wat met die egpaar se oudste dogter, Adél
(32), getroud is, het gesê sy skoonouers het wakker geskrik toe die
aanvallers in hul kamer ingegaan het.

"Hulle het my skoonpa met die vuis geslaan terwyl hy in die bed gelê
het. Hy het vir hulle gesê: 'Moenie skiet nie, moenie skiet nie. Vat
alles wat julle wil hê'."

Volgens Harris het sy skoonpa probeer opstaan toe die aanvallers hom
skiet. "Hulle het hom in die linkerbobeen, heup en lies geskiet. My
skoonpa het toe net op die bed gaan sit terwyl hulle flitsligte in sy
oë geflits het. Daar was niks wat hy kon doen nie."

Harris het vertel Bam jr. het wakker geskrik van die skote. "Hy slaap
in die kamer reg langs sy ouers en toe hy hardloop om waarskynlik te
gaan help, het hulle hom 'n kopwond toegedien."

Bam jr. is op die toneel dood. Sy pa is kort daarna in die
Akasia-hospitaal in Pretoria opgeneem, waar hy gister 'n operasie
ondergaan het.

Mnr. Herbie de Wet, die egpaar se buurman, het gesê net ná die voorval
het mev. Bam hom gebel.

"Ek het dadelik gereageer en oor hul muur gespring om toegang tot hul
erf te kry, maar die aanvallers was reeds weg.

"Die tannie was vreeslik geskok. Om te dink hulle het niks gesteel
nie, nie eens 'n teelepel nie, maar nou is iemand dood," het De Wet
gesê.

Harris het gesê die aanvallers wou sy skoonouers se motor steel, "maar
ek dink hul planne het só skeefgeloop dat hulle net so moes vlug".

Bam sr. het Noord-Vrystaatse kleure in fietsry verwerf.

"My skoonpa het moeg geword om te boer en het sy boerdery verkoop. Hy
het ook gesê die Vrystaat is nou op sy oudag vir hom te koud."

Me. Mirna von Benecke, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie
ondersoek die voorval en dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Begrafnisreëlings is nog nie vir Bam jr. getref nie.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2366451,00.html

Tuesday, July 29, 2008

Partytjiegangers oorval en aangerand

Dr. Wayne Truter (32) lê in pyn in die Pretoria-Oos-hospitaal nadat hy
deur rowers aangerand is. Foto: Leon Botha

Jul 28 2008 10:56:37:737PM - (SA)

Virginia Keppler

'n Motorwag is gewond en 'n dosent van Tukkies erg aangerand toe
minstens ses gewapende rowers die naweek op 'n verjaardagpartytjie in
Faerie Glen in die ooste van Pretoria toegeslaan het.

'n Rower het 'n vuurwapen op 'n dansende dr. Wayne Truter (32) gerig
en die sneller getrek, maar die skoot het nie afgegaan nie.

Truter en sowat 15 gaste het Saterdagoggend omstreeks 02:30 die 30ste
verjaardag van sy verloofde, me. Minandi Mostert, gevier toe die
rowers hulle oorval het.

Truter (32), 'n dosent aan die Universiteit van Pretoria (UP) se
departement plantproduksie, is in die aanval erg aangerand en byna
doodgeskiet. "Een van hulle het sy vuurwapen op my gerig en die
sneller getrek, maar die skoot het nie afgegaan nie. Ek was baie
gelukkig," het Truter gister gesê.

Volgens Truter het hy en nog vyf mense gedans toe 'n rower met 'n
vuurwapen die motorhuis ingestap en 'n wapen op hulle gerig het. "Toe
ek dit sien, het ek onmiddellik ge-hands up. Dit was soos 'n
cowboy-fliek."

Hy het uit die motorhuis na die huis gehardloop om sy sleutels – met
die noodknoppie daaraan – te kry.

Intussen het ander rowers sy verloofde en die res van die gaste
gedwing om op die stoep te lê. "Ek het weer uitgehardloop en wou agter
in die erf deur die tuin na die bure vlug om hulp te kry, toe drie van
die rowers my gegryp en tot agter in die erf sleep.

"Hulle het my aangerand, in my maag waar ek onlangs 'n breukoperasie
gehad het, geskop en my met 'n baksteen of pyp teen die linkerbeen
geslaan. Ek het geval en toe het die een my probeer skiet."

Die skoot het nie afgegaan nie, waarna die rowers oor die muur
gespring en gevlug het. Hy het toe besef sy been is ernstig beseer en
dat die motorwag in die arm geskiet is. Truter en die wag is in die
Pretoria-Oos-hospitaal opgeneem, waarna die wag na die Pretoriase
Akademiese Hospitaal oorgeplaas is. Die wag is gehuur om die gaste se
motors op te pas. Die wag, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is in
'n stabiele toestand.

Mostert het gister gesê sy hou nie weer partytjie by die huis nie.

"Dit is te gevaarlik. Volgende jaar gaan ons Spur toe."

Kapt. Colette Weilbach, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie
ondersoek klagte van poging tot moord, gewapende roof en aanranding
met die doel om ernstig te beseer. Niemand is nog in hegtenis geneem
nie.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2365779,00.html

Man amper dood geskiet

Mnr. Hans Coetzee wys een van die drie skietwonde wat hy opgedoen het.

Jul 28 2008 10:56:39:160PM - (SA)

Buks Viljoen

Klik!

Dis al wat mnr. Hans Coetzee (53) eergisteroggend gehoor het toe 'n
rower wydsbeen bo-oor hom gestaan, 'n 9 mm-pistool op hom gerig en die
sneller getrek het.

Ten spyte daarvan dat dieselfde rower hom oomblikke vantevore drie
keer geskiet het, het dié skoot nie afgegaan nie.

Minute later is Coetzee se 57-jarige broer, Frik – 'n
oudpolisieoffisier van Phalaborwa – dood toe hy twee keer met
dieselfde pistool in die bors geskiet is.

"Die Here is aan my kant," het Coetzee jr., wat twee weke gelede 'n
ernstige motorongeluk oorleef het, gister uit sy hospitaalbed in die
Barberton Medi-Clinic aan Beeld gesê.

Die Coetzee-broers werk albei op die groenteplaas Ayerton, Barberton,
van mnr. Blikkies Blignaut.

Frik het sedert Januarie, toe hy as afleweringsbestuurder daar begin
werk het, in die woonwapark op Barberton gebly.

"Ons het elke Sondag by my huis gebraai," sê Hans, wat die afgelope 18
maande as plaasbestuurder op Ayerton werk. Die twee broers is
omstreeks 10:00 na die lande om groente te gaan pluk.

By hul terugkeer het hulle gesien daar is by die huis ingebreek.

"Toe ek na die gastebadkamer loop, het ek die twee gemaskerde rowers
in 'n inloop-linnekas gekry waar hulle wegkruip," vertel Hans.

Een rower was met 'n 12-boor-haelgeweer gewapen.

Dis vermoedelik dieselfde haelgeweer wat drie weke gelede tydens 'n
inbraak uit Hans se huis gesteel is.

"Toe hy die geweer oplig, het ek die loop weggeklap. 'n Skoot het in
die badkamer se plafon vasgeslaan."

Hy en die ander rower, wat 'n pistool gehad het, het begin stoei. In
die proses is die pistool verskeie kere gevuur. Hans is drie keer in
die sy getref.

"Ek het vir Frik geskree om te vlug, maar hy het in die gang
afgehardloop om my te kom help."

Die rower het twee skote met die pistool geskiet en hom in die bors getref.

"Hy is op slag dood. Hy het net op sy rug in die gangdeur gelê," het
Hans gesê. Die rowers het gevlug sonder dat iets gesteel is.

Frik se seun, Nelius, werk in die DRK en kom vandag hier aan.

Hy laat ook twee dogters, Dianna en Talita, agter.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2365776,00.html

Monday, July 28, 2008

VF+ en Zuma

VF+ nooi Zuma na kongres

Jul 27 2008 09:05:46:283PM

Mnr. Jacob Zuma se toenadering tot wit Afrikaanssprekendes gaan
volgende maand nuwe hoogtes bereik wanneer hy die VF+ se
armoedekonferensie open.

Kaapstad. – Mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, se toenadering tot wit
Afrikaanssprekendes gaan volgende maand nuwe hoogtes bereik wanneer hy
die VF+ se armoedekonferensie open.

Mnr. Willie Spies, VF+-LP, het gister bevestig die uitnodiging om die
geleentheidspreker te wees, is aan Zuma se kantoor gerig en dat hy dit
voorlopig aanvaar het. Zuma se woordvoerder kon dit gister nie
bevestig nie.

Volgens Spies is daar besluit om Zuma te nooi omdat hy volgens alle
aanduidings die land se volgende president gaan wees en hy uit sy pad
gaan om uit te reik na minderheidsgemeenskappe.

Zuma het die arm, wit gemeenskap van Betlehem in die weste van
Pretoria verlede week vir die tweede keer vanjaar besoek.

Die armoedekonferensie vind op die 29ste Augustus in Centurion plaas
en volgens Spies is 'n versekeidenheid sprekers genooi om
armoedekwessies in die lig van die politieke en ekonomiese toestande
te bespreek.

Die konferensie sal fokus op wit armoede "maar teen die agtergrond van
armoede in Suid-Afrika". X Pieter du Toit


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2365152,00.html

'Die kamer was vol bloed soos hulle my ma geslaan het'

Me. Elsje Mulder (76) in die hospitaal. Foto: Elsabe Coetzee

Marietie Louw-Carstens

Polokwane. –'n Bejaarde vrou van Levubu in Limpopo is ernstig beseer
toe drie rowers haar in haar plaashuis oorval, vasgebind en
herhaaldelik oor die kop en in die gesig geslaan het.

Me. Elsje Mulder (76) se aanvallers het ook op haar getrap waar sy
vasgebind op die mat in haar slaapkamer gelê het.

Mulder het eers etlike ure nadat sy vasgebind is, daarin geslaag om
haar seun, Johan, wat naby haar woon, te bel.

Mulder is gisteroggend uit die Soutpansberg-kliniek ontslaan ná die
gru-aanval verlede Donderdagaand.

Sy was gister nog op sterk pynmedikasie en sterk aan by haar dogter,
me. Elsabé Coetzee, wat ook op 'n plaas in die Levubu-gebied woon.

"Die kamer was vol bloed soos hulle my ma geslaan het," het Coetzee
gesê. "Dit is verskriklik." Hulle vermoed haar ma het in 'n stadium
haar bewussyn verloor.

Die aanval het Donderdagaand plaasgevind. Mulder het haar honde buite
die huis hoor blaf en het 'n houtdeur vir hulle oopgemaak.

"My ma het toe ook die staalhek voor die houtdeur oopgemaak. Dit is
toe dat sy die drie rowers gesien het. Hulle was te vinnig op haar
voordat sy die staalhek kon toedruk," het Coetzee gesê.

Die drie mans het Mulder na haar slaapkamer gevat en haar hande met 'n
stuk rek vasgebind. Sy het op die mat gelê.

Die rowers het haar toe aangerand en daarna die huis geplunder. Hulle
het met Mulder se bankkaarte, 'n selfoon en kontant gevlug.

Mulder het eers omstreeks 02:00 die oggend kombuis toe gestrompel en
met 'n gesukkel 'n mes gekry om haar hande mee los te sny. Sy het
daarna haar seun gebel en is na die hospitaal geneem.

Die polisie het intussen vyf verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2365133,00.html

Sunday, July 27, 2008

Van 55 plase tot breë streekverval

Mnr. Kobie Cronjé is een van die 55 boere van die Levubu-vallei wat
hul grond aan die regering verkoop het. (Foto: Doug Lee)

26/07/2008 21:44 - (SA)

Willem Pelser

Levubu (Limpopo)

In Levubu kan jy nie met afstandbeheer in die plaashuis sit en boer nie.

Só sê die mense wat dié stuk vrugbare aarde oos van Louis Trichardt ken.

Híér moet jy intensief boer. Jy moet dag en nag by jou plaas wees.

Maar toe die regering 55 plase hier kom oorvat het, het hulle dit
anders gedoen. Hulle het meer as 50 boere vervang deur minder as 10
plaasbestuurders wat partykeer tot twee weke lank nie op elke plaas
uitkom nie.

Die titelaktes van die plase is nie aan die grondeisers oorgedra nie.
Hulle het net die vruggebruik.

En die gevolg is rampspoed vir die hele streek.

Produksie het in twee jaar drasties gedaal. Minstens 1 000
plaaswerkers het reeds hul werk verloor.

En die boere sê die gebied begin nou éérs die negatiewe ekonomiese
uitwerking voel. Die rede is dat die boere wat weg is, en hul
familielede, werkskeppers was, terwyl diegene wat die plase oorgeneem
het dit nie is nie, sê mnr. Stephen Hoffman, voorsitter van die TLU se
Soutpansbergdistrik-landbou-unie.

Die eiendomsmark, en veral die huurmark, het in duie gestort en meer
as een sakeonderneming moes al sluit omdat die koopkrag van die
distrik aansienlik afgeneem het.

Dit sluit in 'n groot vervoermaatskappy wat vars produkte vervoer het
en 'n algemene handelaar.

Saam met die ekonomiese agteruitgang het maatskaplike verval gekom, sê Hoffman.

Die NG kerk se hulpverlening aan behoeftige gemeentelede moes in 'n
paar maande vyfvoudig verhoog word, sê die voorsitter van die NG kerk
Levubu se finansiëledienste-kommissie, mnr. Lionel Hartman.

Die dalende produksie het reeds begin om groente en vrugtepryse in
veral Gauteng te beïnvloed.

"Agt jaar gelede het ons vallei R500 miljoen se produkte gelewer. Tot
tien vragmotors wat 30 ton kan dra was elke week nodig om die produkte
hier weg te ry markte toe," sê Hoffman.

"Nou kan ons nie eens twee sulke vragmotors in 'n week vol laai nie," sê hy.

Hartman is hoofbestuurder van die Mopani-pakhuis, waarin boere se
oeste gepak word. Hy sê die avokadoproduksie het van 230 000 kissies
per jaar tot 160 000 gedaal. Verlede jaar, sê Hartman, het van die
nuwe boere R1 miljoen se inkomste uit advokado's verloor omdat hulle
die oes te laat gepluk het.

Die lietsjie-oes is 38% minder sedert die 55 boere weg is, volgens 'n
omvattende verslag van mnr. Piet Muller, 'n landbou-ekonoom van die
gebied.

Volgens die verslag is 400 ton makadamia-neute verlede jaar by
fabrieke weggewys weens probleme met die gehalte. Die neute is deur
vragmotors in riviere en spruite in die omgewing gestort.

Mnr. Herman de Jager van die Levubu-boerevereniging het verlede jaar
skade van R400 000 gely weens peste en plae wat van sy buurplaas af
oorgewaai het omdat sy nuwe buurman nie onkruiddoder gespuit het nie.

Die meeste van die plase wat aan grondhervormig afgestaan is, word nou
deur South African Farm Management (SAFM), 'n maatskappy van Tzaneen,
bestuur.

SAFM gebruik baie minder mannekrag op bestuursvlak en op grondvlak as
wat die boere gebruik het, en dit is moeilikheid soek, sê boere van
die distrik.

Volgens Muller se verslag gebruik die nuwe boere een plaaswerker op
sowat 8 tot 10 ha terwyl die boere wat weg is, een werker op elke 2 ha
ingespan het.

Hy het uitgewerk dat "konserwatief bereken" minstens 1 000
plaaswerkers nou al hul werk verloor het nadat die 55 kommersiële
boere weg is.

Oorsprong:Rapport

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2364797,00.html

Moet die Reddingsdaadfonds herleef?

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 27 Julie 2008 03:47 nm
Subject: FW: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?


Geagte vriende,

Die onderstaande het my laat besluit om u aandag te vestig op iets waar
ek al jare by betrokke is nl. die opleiding van ons mense wat in die
moeras van hopeloosheid vasgevang word. Ek glo nie daaraan om mense met
aalmoese te help nie maar eerder om hulle in staat te stel om na
hulleself om te sien iets wat ook die basis van die NBU is.

Ek is ook die voorsitter van die Balmoral Gimnasium waar opleiding aan
ons mense, wat dmv.wetgewing werkgeleenthede ontneem word, te gee op
die gebied van sweis werk. Sweiswerk is gekies omdat dit eerstens 'n
basiese vaardigheid aan 'n persoon gee in 'n baie kort tydjie ( 3- 4
weke) en dit tweedens baie koste effektief is en derdens is daar 'n
enorme tekort aan goed gekwalifiseerde sweisers . Met 'n opleidings fooi
van R 1 750 per week vir 3-4 weke kan 'n persoon 'n gekodifiseerde sweis
sertifikaat verwerf wat hom selfs in staat stel om in die buiteland te
werk.

Daar is in 2001 met die oprigting van 'n doelgerigte gebou van 340m2
begin en in Oktober 2003 is daar met opleiding begin. Tot datum het ons
meer as 180 jong en partykeer nie so jong mense opgelei en almal wat wou
werk het onmiddelik werk gekry. Daar is van ons jong seuns wat so goed
gevorder het dat hulle binne 'n paar weke die toesig houers oor die
ander sweisers aangestel is terwyl andere nou al in volwaardige vakmanne
ontpop het.

Indien daar enige verdere navrae hieroor is, is u welkom om my te
kontak.

Groete

Jaap Kelder


-----Original Message-----
From: Ben Geldenhuys [mailto:ben@bravoland.co.za]
Sent: 11 Junie 2008 02:33 nm
To: Undisclosed-Recipient:;
Subject: Moet die Reddingsdaadfonds herleef?

Moet die Reddingsdaadfonds herleef?
(Uit die radiorede van Mnr Clem de Klerk, 9 Junie 2008)

........ Elkeen van ons hoor en sien wat is aan die gebeur in ons land.
Die ontstellende van alles is dat ons besig is om oor al die dinge te
praat, ons probeer selfs iets doen, maar ons doen dit geïsoleerd –
elkeen op sy eie, en die gevolg daarvan is minder suksesvol.

Drie jaar gelede het ek 'n pleidooi gelewer in hierdie selfde program,
om die daarstelling van eie strukture te begin sodat ons die al groter
wordende armblanke vraagstuk met woord en daad kan teenstaan. Nou het
die probleem van verarming van ons eie mense so groot geword dat dit
selfs erger is as die armblanke vraagstuk van die dertigerjare in die
vorige eeu. Toe is die Reddingsdaad Fonds gestig, en daaruit het vele
nuwe strukture na vore gekom, want dit was die bousteen om ons verarmdes
met geleerdheid toe te rus om ons uiteindelik uit die moeras op te tel.

En nou staan ek vanaand voor die Boere-Afrikanervolk – en ek lewer weer
hierdie pleidooi van drie jaar gelede. As ons nie nou gaan begin nie,
dan sal daar niemand wees wat kán begin nie – want ons volk sink weg in
verwaarlosing – ons volk se selfbeeld is besig om te kwyn, ons
selfvertroue maak dat ons soos slawe, dienswillig alles doen wat op
selfvernietiging afstuur.

Radio Pretoria is verbind om in diens van ons volk te staan – en as dit
beteken dat ons ook moet meewerk om ons volk uit die moeras van
verarming op te hys, dan moet en kan ons nie terugdeins nie. In die weke
wat voor is, sal daar gesprek gevoer moet word met belanghebbendes in
die ekonomiese wêreld, en ek is van oordeel dat die gesprekke sal lei
tot die daarstelling van eerste strukture om hierdie ernstige probleem
te omskep in 'n geleentheid.

Dit is goed en wel dat ons kos en klere aandra na ons verarmde
volksgenote. Maar vriende, dit is geen finale oplossing nie. Ons is nie
net besig om ons eie mense se selfbeeld verder te knou nie, ons is met
'n al groter wordende probleem besig wat iets weerspieël van die
spreekwoordelike elke dag 'n vis, in plaas van 'n visstok.

Met ontsteltenis neem ek kennis van Afrikaanse kerke wat nou oor hulle
voete val om die sogenaamde slagoffers van vreemdelinge-haat te hulp te
snel, terwyl daar in dieselfde kerk honderde armblankes is wat vergete
gelaat word. Dit is tog onhoudbaar!

As u vir my sou vra hoe ek so 'n projek sou wil begin, dan is daar
enkele gedagtes wat onwillekeurig voorop staan.

Ons moet genoeg kundiges identifiseer – maar kundigheid tesame met 'n
onbesproke karakter is sekerlik die eerste vereiste.

Daardie kundiges moet byeen gebring word, elkeen met sy eie gedagtes,
want dit gaan nie oor kos en klere skenk nie, dit gaan hier oor die
daarstelling van strukture om ons verarmdes te help – te help met werk,
te help om hul menswaardigheid te herstel, te help met die geestelike
heropbou van hulle wat weggesink het weens so baie dinge wat verkeerd
gegaan het.

Die vestiging van sulke strukture beteken dat ons, ja, u en ek, ons
selftrots, ons verhewenheid, ons hooghartigheid moet omsit in
offervaardigheid. As ons dan 'n ekonomiese struktuur of strukture moet
vestig dan beteken dit dat ons van elke luisteraar elke maand R10 moet
kry om ons projek suksesvol deur te voer.

Natuurlik moet ons sorg dra dat eerbare volksgenote aan die stuur van
hierdie Fonds moet staan – manne en vroue wat die nood van ons volk ken
en verstaan, wat oor jare hul lewens gegee het vir ons volk, wat met hul
sterk Christelike oortuigings die weg van eerlikheid ken en bewandel.

Ons kan vandag nog die saak red. Ons kan vandag nog met die middele tot
ons beskikking ons nood verlig – maar ons kan dalk te lank hiermee
sloer, en dan vir altyd te laat wees.

Ek herhaal wat ek vroeër gesê het: Hier staan ek voor u as mede
Boere-Afrikaner, en ek pleit by u om hierdie saak u erns te maak. Ons
sal meganismes in werking moet stel en wanneer die spitwerk gedoen is, u
betrokkenheid te ervaar.

Laat ons dan in die weke wat voor ons is, biddend hierdie saak aan ons
Heer opdra want Hy is beskikker oor ons lotgevalle. Nie ek of u wil
eendag verantwoording doen omdat ons hierdie nood gesien het, en soos
die fariseër, ons kop weggedraai het nie.

Daarom vra ek, dat wanneer ons in hierdie verband enige aankondiging sou
maak, dat u saam met my daarop sal reageer deur spontane ondersteuning
te gee. Ek glo vas dat ons ons eie mense moet help, maar ons moet nie
net kos en water en klere aandra nie, ons moet iets verrig van blywende
aard – en om dit te doen, beteken dat ons die volk se steun gaan nodig
kry. As ons dan met hierdie projek 'n tweede Reddingsdaad moet begin,
dan doen ons dit omdat ons Afrikaners is – Afrikaners met 'n Boerehart!

Mag ons dan met al die seëninge wat ons onverdiend geniet, so
geïnspireer word dat ons daarvan iets sal terug gee aan daardie deel van
ons volk wat weens baie redes, vandag in armoede vasgevang, moedeloos en
magteloos voel, om hulle weer te kan ophef tot dit wat ons weet reg en
goed is.

Dankie vriende, vir u tyd en voorbidding.


Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou -
Dat die erwe van ons vadere vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer -
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Ben Geldenhuys


Sweis opleiding dokument by:
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/group/browse_thread/thread/b705c77c0cc54e72

Samewerking na despuut verklaring

Groepe vat na dispuut hande
18:07:08 Volksblad
Marisa Phillips

WELKOM. – Die Hennenmanse belastingbetalersvereniging het besluit om met
die Matjhabeng-munisipaliteit hande te vat en saam te werk om
dienslewering in hul gemeenskap te verbeter.

Dit kom nadat dié vereniging onlangs 'n dispuut met die munisipaliteit
verklaar het.

Op wat as 'n baie suksesvolle vergadering beskryf word, het die
vereniging met die uitvoerende burgemeester, burgemeesterskomiteelede en
munisipale beamptes vergader om hul probleme oor swak dienslewering op
Hennenman en Phomolong te bespreek.

Mnr. Jimmy Kemp, voorsitter van die vereniging, sê hulle het nie oorlog
teen die munisipaliteit verklaar nie, maar hulle wil verandering hê.

"Ons weet baie kan gedoen word om 'n verskil op ons dorp te maak en ons
is oortuig daarvan dat die munisipaliteit 'n beter diens kan lewer."

Me. Mathabo Leeto, uitvoerende burgemeester, sê die munisipaliteit is
baie dankbaar vir die vereniging se ondernemingsgees in die verlede om
Hennenman self skoon te maak.

"Ons waardeer jul toewyding en sal in die toekoms bly wees as julle take
wat julle op die dorp gedoen wil hê met die munisipale bestuurder
bespreek."

Sy erken dat die munisipaliteit beperkte hulpmiddels het om gehaltediens
aan die gemeenskap te lewer. "Ons wag op tien vullisverwyderingsvoertuie
wat ons bestel het.

Dit sal reeds baie met dienslewering help. Ons is ook besig om asblikke
aan inwoners uit te deel. In die eerste fase het ons reeds 5 000
asblikke in Thabong uitgedeel.

Eenheidbestuurders is ook op die dorpe aangestel sodat inwoners nie elke
keer na Welkom moet gaan as hulle klagtes het nie."

Van die vereniging se probleme is straatligte wat nie behoorlik werk nie
en Leeto sê dit is waar dat hulle langer as voorheen vat om stukkende
ligte te vervang. "Ons het onlangs twee kontrakteurs aangestel en is vol
vertroue dat die onderhoud van straatligte nou sal verbeter."

Leeto het haarself daartoe verbind dat die munisipaliteit so gou as
moontlik aan die ander probleme sal aandag gee.

In 'n ligter luim het Kemp gesê hulle gaan die vereniging se naam
verander na die Impimpi- (fluitjieblaser) vereniging. "Ons gaan
definitief elke amptenaar wat nie sy werk doen nie, by die burgemeester
verkla."

PRAAG :Nuusbrief 26 Julie 2008

<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2359&Itemid=403>

<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2359&Itemid=403>

**Vuil taal, bloedskande en armblankes
<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2359&Itemid=403>
**

Geskryf deur Anton Barnard

Woensdag, 23 Julie 2008

Ek het onlangs 'n voorskou van die rolprent Triomf te siene gekry,
wat gebaseer is op Marlene van Niekerk se boek met dieselfde naam.
Vir diegene wat moontlik nie die boek gelees het nie, die volgende
ter agtergrond: Triomf is die storie van 'n gesin armblankes, die
Benades, van die woonbuurt Triomf, die voormalige Sophiatown. Dit
speel kort voor die 1994-verkiesings in Suid-Afrika af. Die Benades
is uit en uit ploerte, en skokkende gebeure vind in die huishouding
plaas. Later in die boek word die familie se groot en skandelike
geheim onthul. Die Benades se vrees vir die nagevolge van 27 April
1994, wanneer diegene waarna die Benades as "kaffers" verwys, die
land in chaos sou dompel, word deurlopend as belaglik en agterlik
afgemaak. Die rolprent is die werk van die Zimbabwiese rolprentmaker,
Michael Raeburn. Raeburn het tydens sy inleidende toespraak by die
rolprent se voorskou te Montecasino, natuurlik die gewone snert
gebesig oor hoe alle Suid-Afrikaners bevry is deur die
1994-verkiesings, blankes inkluis. Dit het my maak wonder waarom Mnr
Raeburn, wat so 'n hekel aan 'n blanke regering het, nie sy kuns in
Harare beoefen nie. Suid-Afrika het steeds oorblyfsels van daardie
gehate vorige regering, soos 'n indrukwekkende padnetwerk en
elektrisiteit wat dan en wan aangeskakel word. Zimbabwe is tog veel
meer van 'n verteenwoordigende swart land, iets waaroor Mnr Raeburn
so gejuig en jubel het in 1994. Waarom nie daar, in 'n
Afrika-paradys, gaan rolprente maak nie?


<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2349&Itemid=403>

**Die miskende skadusy
<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2349&Itemid=403>
**

Geskryf deur Joseph Secrève

Dinsdag, 22 Julie 2008

'n Heilige is iemand wat die volk met 'n sweep regeer en uitmoor,
bloot ter wille van die volk self. - Charles Baudelaire Soos wat die
wêreldmedia met ligte euforie terugblik op Madiba se 90ste
verjaarsdag, amper soos wat Suid-Afrika gedoen het na die
rugbywêreldbekeroorwinning verlede jaar, sal daar ongetywfeld so
hier en daar stemme opkom wat die teenoorgestelde verhaal oor dié
man se grootsheid sal verkondig. Daar is gelukkig mense met genoeg
politieke insig om nie hulself te laat meesleep met golwe van
massahisterie nie. Vanweë my natuurlike agterdog teen die blinde
verheerliking van politieke leiers, kan ek myself nogal tuis vind in
die wêreld van diegene met afwykende menings. Dit is inderdaad 'n
studie werd waarom Mandela so opgehemel word ondanks die verdriet en
ellende wat hy agter hom gelaat het, hoofsaaklik onder sy eie mense.
Hy het onder andere in sy outobiografie toegegee dat hy die
Kerkstraatbom in 1983 bekragtig het waarin 19 dood en 200 gewond was.
Deur sy aanhitsing om Suid-Afrika onregeerbaar te maak, het sowat 21
000 meestal swart Suid-Afrikaners omgekom. Sowel die VN se Misdaad
teen die Mensdom Kommissie as die Waarheids -en Versoeningskommissie
het die aantal swartes wat direk as gevolg van die vorige regering se
sekuriteitsmagte gedood is gestel op 518. Die res is veroorsaak deur
diegene wat nie na die ANC se pype wou dans nie. Hoe meer verdriet en
ellende'n mens dus saai, hoe groter is die kans om as 'n heilige
gesien te word.


<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2327&Itemid=196>

**Krag of opium? Godsdiens onder Afrikaners
<http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2327&Itemid=196>
**

Geskryf deur Heinrich Matthee

Sondag, 20 Julie 2008

Die indrukwekkende bywoningsyfers van Angus Buchan se byeenkomste op
Loftus Versveld dui op 'n religieuse oplewing, ook onder heelwat
Afrikaners. Oor die inhoud en die waarde hiervan kan mens baie
debatteer. Dit is 'n verskynsel wat minstens potensieel die waardes
rondom gesinne en gemeenskapsbinding kan versterk. Terselfdertyd, as
mens die geskiedenis in ag neem, dan dra so 'n oplewing verskillende
risiko's. Een is sekerlik die inperkende en verskralende uitwerking
wat dit weer kan uitoefen in ons kultuur. Ons kom pas uit 'n era waar
derderangse interpretasies van Calvinisme meermale die kulturele
meetlat was vir die veel ouer, ryker en veelvormiger kulture van die
Weste, en ook vir ons eie. Met alle gevolge van skynheiligheid,
swart-wit-denke en kultuurarmoede. Nog 'n risiko, miskien belangriker
vandag, is die risiko van ontvlugtingsdenke en veral
ontvlugtingsbelewenis. Angus Buchan lyk asof hy 'n soort
Huisgenoot-weergawe van Suid-Afrika verkondig: mense moet tog net nie
negatief wees oor barbaarse gruweldade terwyl Madiba 90 word nie. In
die tweede berig word die vermoorde grootoumatjie aangehaal in woorde
wat ek al by baie jonger mense gehoor het: ek is nie alleen nie, want
die Here is met my. Dit is goed en wel; godsdiens bied inderdaad
groot innerlike kragbronne aan mense. Maar ek het ook nog altyd
vermoed Hy help diegene wat hulself help. En ons het in Suid-Afrika
nie net die geselskap van die Here nie.

**

Praag op jou selfoon! **

Praag het nog 'n nuutjie: die webblad op jou selfoon! Tot dusver het
webblaaie baie stadig op selfone afgelaai weens foto's en allerlei
elemente wat internetbladsye groot en lomp maak. Danksy nuwe
tegnologie wat ons so pas toegepas het, "weet" die Praagwebwerf nou
as mens dit vanaf 'n selfoon besoek en haal dit outomaties alle
foto's en onnodige element wat die aflaai en lees stadiger maak af.
Die resultaat is 'n leesbare nuus- en kommentaarblad.

Sien Praag se nuus te eniger tyd op enige plek direk op jou selfoon!
In 'n vergadering of lesingsaal, in die dokterswagkamer, net waar jy
wil. Dit werk natuurlik die beste op fone met groter skerms soos
PDA's, maar selfs op 'n normale of klein selfoonskerm kan mens dit
gemaklik lees en laai die bladsye feitlik ewe vinnig as op 'n
rekenaar af.

Die Praagnuusblad bevat kort en bondige nuusberigte en langer
rubriekartikels omdat die blad hom posisioneer vir die samevloeiing
van tegnologie met nuus, vermaak, epos en kommunikasie wat toenemend
op selfone plaasvind en nie meer op rekenaars nie.

Saturday, July 26, 2008

Ad hoc groep vir die beskerming van eiendomsregte - Petisie veldtog

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 26 Julie 2008 04:26 nm
Subject: FW: Ad hoc groep vir die beskerming van eiendomsregte - Petisie
veldtog


Geagte vriende,

Ek het die petisie al vantevore onder u aandag gebring maar net ingeval
u nog nie u beswaar aangeteken het nie doen dit asb. sommer nou. Stuur
ook asb. aan al u poslys kennisse. Die saak is te ernstig om net
ge-ignoreer te word.

Groete

Jaap Kelder


-----Original Message-----
From: Jan Bosman [mailto:janbosman@abond.co.za]
Sent: 18 Julie 2008 02:44 nm
To: 'Louis Trichardt'; info@tlu.co.za; info@zanli.co.za; wlw@lantic.net;
kraaines@mweb.co.za; 'AB At Kruger'; 'WG Theo de Jager'; 'Johan Kruger';
kallie@afriforum.co.za; 'WG Dave Steward'; 'Pieter Groenewald'; 'Koos
Malan'; 'WG Bennie van Zyl'; rudolf.buiten@gmail.com; suretha@lwo.co.za;
svanniekerk@leg.ncape.gov.za; john@agbiz.co.za; JohanV2@atkv.org.za;
'Jaco Schoeman'; Francois Bredenkamp
Subject: Ad hoc groep vir die beskerming van eiendomsregte - Petisie
veldtog

Vriende

Ons moet die druk volhou met die petisie veldtog en moet ook later die
media betrek hierby.

Die getal staan nou op nagenoeg 8 000 handtekeninge wat betref die
pos/faks en aanlyn petisie. U word vriendelik versoek om die aangehegte
petisies, beskikbaar in Engels en Afrikaans:

1) Aan u lede te sirkuleer indien dit nog nie gedoen is nie;

2) Dit ook op u organisasie se webwerf te plaas waar dit afgelaai kan
word

Die onderstaande kan u ook aan u webmeester stuur wat 'n direkte skakel
skep na die aanlyn-petisie met 'n teller op u webwerf. U kan ons
webwerf besoek om te sien hoe dit funksioneer.

To add a petition signature counter for your petition simply copy and
paste the following HTML into a web page you control:

<iframe width='102' height='36'
src='http://www.petitiononline.com/signatures.php?petition=Onteien'
frameborder='0' scrolling='no'></iframe>

The above HTML will create an iframe on your page that is 102 pixels
wide and 36 pixels high

Groete

Jan

Jan Bosman

Besturende Direkteur

Afrikanerbond

janbosman@abond.co.za

Tel: (011) 482-1600

Sel: 083-630-6187

Faks: (011) 726-5877

Privaat Faks: 086 658 6336

www.abond.co.za


Engelse en Afrikaanse dokumente beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/b05738275af95da6

Bravolandnuusbrief

Bravoland-Nuusbrief

Bravo-nuusbrief

26 Julie 2008

1. Radio Pretoria - Vasbyt

2. GK267

3. Met ons verlede die toekoms in

4. Beskik ons oor die inherente krag?

5. Ons benodig ekonomiese magsblok.

RADIO PRETORIA

Die vorm om op Radio Pretoria se glanstydskrif
"VASBYT" in te teken, is nou op hulle webblad beskikbaar. Die
prosedure wat gevolg moet word, word ook duidelik aangedui.

Deur vinnig te reageer kan u ook nog die
eerste uitgawe ontvang.

http://www.radiopretoria.co.za/vasbyt.html
AANSLAG OP GK267

Die Potchefstroom se studentegroep, GK267 gaan
tans gebuk onder 'n aanslag van die studente raad.

Lees meer...

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3172.0


--------------------------------------------------------------

MET ONS VERLEDE DIE TOEKOMS IN

Dit is vir my jammer dat ons mense vandag so
pessimisties is. Vir die meeste Afrikaners hou die hede 'n
verskriklike bedreiging in. En tereg ook. Ons ken almal die
omstandighede van ons land.

Maar beteken dit daar is nie 'n toekoms nie?


Lees verder: http://www.bravoland.co.za/forum/index.php

--------------------------------------------------------------

BESKIK ONS OOR DIE INHERENTE KRAG?

Dit was in die moeilike dae van droogte,
depressie, politieke verdeeldheid, 'n verarmde volk en in kerklike
tweedrag dat die Afrikanervolk weer kop opgetel het en met trots die
uitdagings van die jare 1914 tot 1945 aangepak het. Dit het
uiteindelik gelei tot die daarstelling van talle strukture wat ons
volk se selfrespek herstel het.

En nou staan ons voor daardie selfde krisis -
werkloos, verarm, kerk-los en selfs kerkloos, sonder eie grond of
vryheid, geboei in Engelse kettings op skool, in die sakewêreld en
waar ook al. Ons bejaardes is soos verwilderde diere gehok in tehuise
waar volksvreemdes die versorger moet wees, wat die septer van
magsvertoon swaai oor die gryskop geliefdes wat gister die leiers van
'n dinamiese eerste-wêreld was.
.

Ons jong seuns en dogters het vreemdelinge
geword vir die land van ons vaders, ons kerkleiers is met stomheid
geslaan, ons skoolhoofde weifel teen die aanslae van die magsugtiges,
en die Afrikaner-sakeman het sy goed en sy geld begin aanwend om die
magte ter wille te wees wat sy volk se ondergang bewerkstellig.
.

En hier is ons, Bravolanders, jonk en
dinamies, uitgelewer aan 'n vyandige wêreld omdat die ouergarde
lamlendig geword het, miskien skaam vir hul optrede oor die afgelope
twintig of meer jare, waarin goedgelowigheid, gemeng met slaafse
navolging, en benat met willoosheid, die verrotting van ons volk
bevorder het in die ontneming van sy vryheid en sy grondgebied, ja, sy
totale soewereiniteit is weggegee.
.

Bravoland is die speerpunt na nuwe denke, na
nuwe dimensie, met die ou waardes uit ons volksgeskiedenis as
gevegsmateriaal; Bravolanders is die leerlinge van vandag om môre
leiding te bied om hierdie verslae volk weer te rig, te lei, te roep
tot verantwoording op die volksakker.
.

Bravolanders, kom ons vat hande, kom ons span
ons breinkrag in, kom ons wees eendragtig in ons strewes om weer die
volk te besiel tot daadkrag na vryheid. Ons is nie beter as ander
nie, laat ons dan ook nie swakker wees as ander nie - laat ons met
ywer begin om te doen wat goed en reg is in die oë van ons volk, maar
ook wat goed en mooi is in die Heer van hemel en aarde.

.

Bravolander, wees jy dan die een wat koersvas
rigting gee, wat met kalmte en berekendheid die ideaal van vryheid
najaag deur jou wilskrag, geloofskrag en jou vermoë soos aan jou
toegedeel is. .

Begin daarmee, deur groter betrokkenheid op
hierdie forum, en laat dit uitkring tot in die hart en siel van elke
ander Bravolander en elke ander volksgenoot.

.

Of beskik ons nie oor die inherente krag om
groter te dink en te doen as onsself nie?


Ons benodig Ekonomiese Magsblok

Die vreemde owerheid met sy vreemde wette om
die Afrikaner ekonomies te knel, verdien ons eendragtige optrede om
ons eie ekonomie te vestig. Studiewerk wat reeds gedoen is, dui daarop
dat alhoewel so 'n "magsblok" nie oornag sal vestig nie, die begin
daarvan uiters dringend geword het.
.

Dit is verblydend om te verneem dat die eerste
gesprekke in hierdie verband reeds plaasvind en dat daar vooruitsigte
is om ons volk ekonomies te sterk teen die aanslae.

Lees verder:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3644.msg47053;topicseen#new


--------------------------------------------------------------


http://www.bravoland.co.za/forum/index.php


--------------------------------------------------------------

"Hoekom het jy gesteel"

"Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?"
"Ek was honger!"

So lui 'n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag destyds in hulle
kindertyd gelag het - min vermoedend dat hierdie situasie nog in hulle
leeftyd 'n werklikheid sou word. Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof
as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger,
gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons
dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat:

'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm
is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die
Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie. Ons voorouers wat die oorlog en
die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van
vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar
hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie.

Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat
hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers,
goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf
waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole
afgebrand en geweld gepleeg nie.

Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en uiteindelik bo uitgekom
sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of
wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou
nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens moor omdat jy 'n barbaar is wat
nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte
gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as 'n hongerloon probeer
onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor
nie.

'n Mens word nie 'n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou
doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het
die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie - ons het self
gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf - apartheid het nooit plase en
poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige
vordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as
jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en
presteer jouself in die voorspoed in. En dit geld vir ons eie mense ook. Net
ons eie werk, prestasie
en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink
en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke,
geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself 'n toekoms
los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie...

De Aar vandag

Geagte vriende,

Aangeheg Volksblad se artikel oor die byeenkoms op De Aar. Dit is
natuurlik die ou omies wat langs die mooi meisies staan !

Groete

Jaap Kelder


PDF dokument beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/c1f8bb3c556a7a87

Pretoria Stadsraad se laksheid

Raad se 'laksheid is soos kanker' – hof

Jul 25 2008 08:52:45:517PM

Omdat die Tshwane-metroraad nie gedoen het wat hy moes nie, was daar
oproer by die Schubartpark- en Krugerpark-woonstelgeboue in Pretoria
en mense is dood.
Kyk na video.
Lesersfoto's.
Kyk na foto's.

Jeanne-Marié Versluis


Omdat die Tshwane-metroraad nie gedoen het wat hy moes nie, was daar
oproer by die Schubartpark- en Krugerpark-woonstelgeboue in Pretoria
en mense is dood.

Só het regter Ferdi Preller gister in die Pretoriase hooggeregshof
gesê in 'n saak waar die beweerde laksheid van staatsamptenare ter
sprake gekom het.

Hy het die beweerde laksheid met kanker vergelyk.

Die oproer by die woonstelblokke was 'n "simptoom van die onderliggende kanker".

Preller het gesê om onwettige optrede (soos die oproer) vas te vat, is
om 'n "pleister op kanker te plak". Die kankerknoppe word uit die vel
gesny, maar dit los nie die wortel van die kwaad op nie.

Die Tshwane-metroraad hou vol hy kan nie die skuld kry vir vandeesweek
se Krugerpark-tragedie waarin vyf mense weens 'n brand omgekom het
nie. Albei woonstelle in die middestad behoort aan die raad.

Die raad is vandeesweek op 'n mediakonferensie gepeper met vrae oor
waarom toegelaat is dat die woonstelgeboue so erg agteruitgaan.

Die brand is glo gestig omdat inwoners met uitsetting gedreig is.
Krugerpark staan nou leeg weens die brandskade.

Die Schubartpark- en Krugerpark-inwonerskomitee en die metroraad was
gister weer terug in die dringende hof van die Pretoriase
hooggeregshof.

Dit kom nadat die hof Dinsdag gelas het die raad mag nie voortgaan met
uitsettings nie.

Altesame 18 huurders op 'n lys van 38 teen wie die raad
uitsettingsbevele in die landdroshof verkry het, is uit Schubartpark
gesit. Die 18 beweer die bevele is in hul afwesigheid ge- maak. Hulle
gaan Dinsdag die hooggeregshof vra om na die woonstelgebou terug te
trek, hangende hul aansoeke om die uitsettingsbevele tersyde gestel te
kry.

Die 18 het tot 15 Augustus tyd om die tersydestellingsaansoeke te bring.

Mnr. Ronnie Mahlangu, lid van die inwonerskomitee, wat Dinsdag deur
die polisie gearresteer is in verband met die gebeure by die
woonstelle, moet op 22 Augustus redes in die hooggeregshof aanvoer
waarom die metroraad se interdik teen hom nie bekragtig moet word nie.
Mahlangu, wat uit Schubartpark gesit is, word deur die interdik
verbied om die woonstelpersele te betree. Hy doen op 8 Augustus om
borgtog aansoek.

Preller het gister gesê ál dringende kwessie is die een van die
inwoners wat sê die uitsettingsbevele is in hul afwesigheid gemaak.

Adv. Nicoline Jansen van Nieuwenhuizen, namens die metroraad, het gesê
niks verder is dringend nie. Preller het gesê hy sal geneë wees om dié
mense wat "werklik kan aanvoer" dat die uitsettingsbevele in hul
afwesigheid gemaak is in hul blyplekke "terug te sit".


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2364467,00.html

Friday, July 25, 2008

"Beloftes maak skuld"

Bel my met jul probleme, sê Zuma aan arm wit mense

Jul 24 2008 10:13:16:683PM

Mnr. Jacob Zuma het aan sowat 1 000 arm wit mense in Pretoria gesê
hulle kan hom bel as hulle nie dienslewering ontvang nie.
Kyk na foto's.

Alet Rademeyer


Mnr. Jacob Zuma, ANC-president, het gister aan sowat 1 000 arm wit
mense in Pretoria gesê hulle kan hom bel as hulle nie dienslewering
ontvang nie.

"As julle dit nie kry nie, kan julle vir my skryf of my bel. Moenie
alleen met jou probleem doodgaan nie. Deel dit.

"Elke Suid-Afrikaner het die volste reg op dienslewering en niemand
behoort uitgesluit te word nie. Ek weet aan watter deur in die
regering om te klop."

Zuma het die mense van die Bethlehem-nedersetting met hierdie woorde
in die holte van sy hand gehad.

Zuma, vergesel deur drr. Zola Skweyiya, minister van maatskaplike
ontwikkeling, en Gwen Ramokgopa, uitvoerende burgemeester van die
Tshwane-metroraad, het die gemeenskap besoek nadat hy vroeër vanjaar
beloof het om terug te kom en iets aan hul probleme te doen.

Die besoek was op uitnodiging van die vakbond Solidariteit.

Zuma het gesê hy was geskok toe hy by sy eerste besoek die omvang van
wit armoede gesien het.

Volgens hom het hy ooreenkomste met dié gemeenskap se nood gesien met
elke swart plakkerskamp waar mense nie toilette, water of
elektrisiteit het nie.

Hy het gesê die besoek aan Bethlehem is nie 'n politieke een nie, maar
'n gemeenskapsgeleentheid.

"Ek haat politici wat vooruitgang van mense verhinder. Dit is nie
belangrik om 'n leier te wil wees nie. Dit moet gaan oor hoe mense in
nood deur 'n regering gehelp kan word. As president van die regerende
party kan ek mense instruksies gee en hulle sal verslag moet doen."

Skweyiya het gesê 'n persepsie het bestaan dat armoede nie onder die
wit bevolking voorkom nie.

"Dit is 'n mite en ons het dít en wit mense se bekommernisse onderskat."

Skweyiya se departement het gister talle wit hulpbehoewendes gehelp om
vir maatskaplike toelaes te registreer.

Hy het verwys na 'n vroeëre brief deur die Gautengse departement van
maatskaplike ontwikkeling aan nie-regeringsorganisasies waarin gedreig
is dat hul subsidies gesny sal word as hulle nie voldoende
transformeer nie.

Hy het gesê hy gaan die saak ondersoek en seker maak dat daar geen
vorm van diskriminasie is nie en dat alle armes gelyke behandeling
kry.

Skweyiya het gesê dit is juis nie-regeringsorganisasies en
godsdiensgroepe wat die regering kan help in die stryd teen armoede.

Mnr. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het 'n verslag aan
Zuma oorhandig waarin die omvang van wit armoede met die klem op die
Tshwane-metropool uiteengesit is.


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2363846,00.html

Wit armoede

Wit armoede

Jul 24 2008 09:49:45:947PM

Armoede ken nie velkleur nie – en armoede-verligting moet ook nie aan
velkleur gekoppel word nie.

Armoede ken nie velkleur nie – en armoede-verligting moet ook nie aan
velkleur gekoppel word nie.

Luidens 'n verslag van die vakbond Solidariteit het wit armoede in
Suid-Afrika erg toegeneem. Wittes met geen toegang tot behuising nie
het tussen 2002 en 2006 met 58% toegeneem, is onder meer bevind.

Dit behoort duidelik te wees dat die beeld van "twee ekonomieë en
nasies" wat 'n tyd gelede deur pres. Thabo Mbeki geskilder is (wittes
ryk en swartes arm), nie steek hou nie.

Solidariteit se navorsing bewys klinkklaar dat armoede "nie-rassig" is
en alle soorte armoede-verligting behoort dus ook op 'n nie-rassige
basis in Suid-Afrika toegepas te word.

Dieselfde behoort ook werkverskaffing te geld – veral as dit
vaardighede betrek wat nodig is om ons ekonomie te laat groei.

Uiteindelik gaan net 'n groeiende ekonomie en die daarmee
gepaardgaande werkgeleenthede armoede standhoudend kan ophef.


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Hoofartikels/0,,3-2085-65_2363872,00.html

Thursday, July 24, 2008

Eis teen onkunde van Staat

* Ma, seun eis van staat -

Jul 23 2008 11:00:13:897PM - (SA)

Jeanne-Marié Versluis

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het 'n regsplig gehad om mnr.
Jan Andries Botha (57), wat dood is nadat hy by sy kantoor op die
destydse Johannesburgse Internasionale Lughawe geskiet is, te beskerm
teen geweldsmisdade wat mag voortspruit uit die gebruik van
vuurwapens.

Só word gesê in die hofstukke van Botha se weduwee, Rucille (56), en
haar seun, Ruan (24), in die Pretoriase hooggeregshof.

Mev. Botha en haar seun, albei van Beyerspark, Boksburg, doen weens
haar man se dood aansoek om summiere vonnis teen die minister van
veiligheid en sekuriteit van bykans R1,2 miljoen plus rente.

Hulle doen aansoek om summiere vonnis omdat die minister nie
verdediging aangeteken het nie nadat die Bothas se dagvaarding op 29
April vanjaar op hom beteken is. Die ma en seun sê hulle was albei van
die oorledene afhanklik vir hul onderhoud.

Luidens hofstukke is mnr. Botha sr., wat 'n bestuurder van Express Air
Services was, op 9 September 2005 doodgeskiet deur mnr. Justice Baloyi
(29), 'n werknemer van dié onderneming.

Baloyi het glo op 31 Augustus 2005 by Express Air Services se kantoor
op die lughawe gedreig dat hy Botha en mnr. Basson Piek, nog 'n
werknemer, sou doodskiet met sy (Baloyi se) vuurwapen. Baloyi het glo
gedreig dat hy homself daarna sou doodskiet.

Mnr. Botha sr. het dié voorval by die SAPD aangemeld en 'n klag teen
Baloyi ingedien, sê die eisers.

Die Bothas voer aan die polisie het versuim om behoorlike aandag te
gee aan die klag; versuim om Baloyi te arresteer en te deursoek vir 'n
vuurwapen; versuim om sy vuurwapen af te neem; en versuim om redelike
stappe te doen om te verhoed dat Baloyi vir Botha sr. skiet.

Weens die onregmatige en nalatige optrede van polisielede en die feit
dat Botha sr. dood is, het die eisers hul onderhoud verloor en skade
gely, word beweer. Die eisers sê elke mens het die reg tot lewe en die
reg tot veiligheid. Dit sluit die reg in om vry te wees van alle vorme
van geweld van óf openbare óf private oorsprong. Die Grondwet plaas 'n
plig op die staat om die regte in die Handves van Regte te beskerm, te
bevorder en te verwesenlik, "veral met inagneming van die feit dat die
toenemende beskikbaarheid en misbruik van vuurwapens en ammunisie
beduidend tot die hoë vlakke van geweldsmisdade bydra".

Mev. Botha eis R1 119 544 plus rente. Haar seun eis R79 795 plus rente.

Baloyi het homself in die kop geskiet ná hy Botha sr. geskiet het.
Volgens mev. Botha was Baloyi by diefstal betrokke en haar man het
besluit om hom af te dank, lui die verslag.

Botha sr. is toe na die Milpark-hospitaal gehaas waar hy later oorlede is.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2362910,00.html

Blanke aangeval en besteel

* 'Julle ryk mense betaal ons dan net R50'

Mnr. Gert Strydom van Krugersdorp aan die Wes-Rand wys die wond aan sy
linkersy, ná hy deur lede van die N14-hoofwegbende naby Diepsloot
aangeval is. Foto: Amanda Roestoff

Jul 23 2008 10:27:41:770PM - (SA)

Amanda Roestoff

'n Motoris van Krugersdorp aan die Wes-Rand is eergister naby
Diepsloot, noord van Johannesburg, op die N14-hoofweg gewond en
ontvoer deur 'n bende wat vermoedelik padversperrings in die pad
aangebring het.

"Julle ryk mense gee vir ons werk en betaal ons dan net R50," het 'n
rower mnr. Gert Strydom (46), 'n bedryfsbestuurder, later in Engels
toegesnou.

Strydom is deur sy aanvallers gevloek en summier geskiet, nadat hy
langs dié hoofweg stilgehou het om die skade aan sy motor te bepaal
nadat hy iets in die pad getref het.

Beeld het vroeër vandeesmaand berig oor twee bendes wat op dié
hoofroete tussen Pretoria en Krugersdorp aan die Wes-Rand
padversperrings met onder meer motorbande maak. Motoriste word dan
beroof wanneer hulle stilhou en die skade bekyk of nie verder kan ry
nie omdat hul motors te erg beskadig is.

Strydom het Maandag omstreeks 04:15 met sy Mercedes-Benz C320 CDI van
sy huis na Steelpoort in Mpumalanga vertrek om werk by 'n aanleg te
gaan doen.

Hy het enkele oomblikke later naby die Jukskeirivier "iets in die pad"
raak gery, " 'n geluid en vibrasie" gehoor en uitgeswaai, toe hy 'n
motorbuffer in die pad sien lê.

Toe hy uitklim om die motorskade te bepaal het twee mans skielik met
vuurwapens verskyn.

"Hulle het op my begin skree en vloek," het Strydom vertel.

Die voorste aanvaller het hom in die linkersy geskiet. Die koeël is
agter by sy rug, bo sy heup, uit. Strydom het die een rower uit die
pad gestamp en in die rigting van die veld gehardloop, toe die ander
rower sy enkel van agter vasgegryp en hy gestruikel het.

Een van sy aanvallers het 'n vuurwapen teen sy kop gedruk en sy
selfoon en trouring gevat, terwyl die ander sy motor deurgesoek het.

Sy hande is met breë kleefband vasgebind en hy is in die agterste
sitplek ingedwing. Hulle het met hom weggery.

Dit is toe dat een kla oor "die ryk mense".

"Toe ons langs die R511 ry, het ek net vir die Here begin bid en gevra
hy moet my beskerm en deur dié beproewing lei," vertel Strydom.

Die mans het hom met 'n pistool teen die kop gedwing om sy bankkaart
se PIN-kode vir hulle te gee. Hulle het by 'n winkelsentrum in
Fourways, noord van Johannesburg R2 000 uit sy rekening getrek. Die
rowers het reisbagasie uit sy motor verwyder en hom in die kattebak
gedwing. Hulle het êrens stilgehou en nog twee makkers opgelaai terwyl
Strydom "heeltyd bloed teen sy rug kon voel afloop" en hy sy hande
begin loswikkel het.

Sowat 2 km van waar hy gekaap is, het sy aanvallers stilgehou en hul
twee makkers weer afgelaai.

Strydom is uit die kattebak bevry en gesê dat hy voor in sy motor mag inklim.

Hy het dadelik huis toe gejaag om hulp te kry.

Mev. Heila Strydom (47), 'n onderwyseres van die Wes-Randse skool op
dié dorp, het hom na die noodgevalle-afdeling van die Netcare
Krugersdorp- private hospitaal gehaas.

"X-strale is geneem en die koeël het gelukkig nie enige organe of
beendere beskadig nie."

Hy is later dieselfde middag geopereer om gebrande weefsel te
verwyder, die wond skoon te maak en met sewe steke te heg.

"Mense moet versigtig wees; ek is met die domste trick in die boek
gevang," het hy ná die voorval gesê.

"Ek is nie negatief oor dié land nie.

"Ek is bly ek het gespaar gebly om oor die Here se beskermende Hand
oor my lewe te kan getuig."

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2362941,00.html

Oud polisieman se selhel

Oudpolisieman se sel-hel

Jul 23 2008 10:27:36:783PM

'n Jaguitstappie het in 'n nagmerrie ontaard vir 'n oudpolisieman toe
hy 'n naweek lank in 'n vol sel aangehou is...

Linda de Beer


'n Jaguitstappie het in 'n nagmerrie ontaard vir 'n oudpolisieman toe
hy weens crimen injuria 'n naweek lank in 'n vol sel aangehou is met
mense wat hom aangerand het en wou verkrag.

Mnr. Sakkie van der Mescht (37) van Rustenburg, Noordwes, is na
bewering herhaaldelik in die selle aangerand. Hy beweer hy is onder
meer met 'n mes en nog 'n skerp voorwerp in die kop gesteek. Sy
selmaats het hom ook probeer verkrag, maar hy het met al sy krag
baklei om dié vernedering vry te spring.

'n Mes is wel teen sy geslagsdele gehou, terwyl sy medegevangenes
gedreig het om dit af te sny. Hy moes hierna lank kaal op die koue
selvloer sit voordat sy klere aan hom teruggegee is, het Van der
Mescht Maandag gesê.

Dié pa van twee het die hele naweek niks geëet of gedrink nie. Sy
selmaats het glo geëjakuleer in die water wat hom aangebied is. Hy
beweer die polisie het net een keer soggens en een keer saans
selbesoek gedoen.

Sedert dié ondervinding einde Junie hou nagmerries Van der Mescht uit
die slaap. Mnr. Carl Arnold, sy prokureur, het gesê hulle wag op die
uitslag van toetse vir MIV en ander seksueel oordraagbare siektes
weens die vuil mes wat op hom gebruik is.

Van der Mescht was op 27 Junie deel van 'n geselskap wat in die
Madikwe-trustgebied gejag het. Hy was by hul kamp toe twee medejagters
in 'n bakkie deur die polisie voorgekeer is. Hulle kon glo nie die
wapenlisensie toon van 'n ander jagter wie se wapen by hulle in die
bakkie was nie.

Ná 'n onderneming dat iemand vir hulle die lisensie sou gaan toon, is
die polisie daar weg sonder enige optrede.

Arnold het gesê Van der Mescht het met dié jagter se lisensie en ID
agter die polisie aangery, maar hulle het hom herhaaldelik geïgnoreer
as hy dit aan hulle wou toon," het Arnold gesê.

Van der Mescht was tot Maart die polisie se aangewese vuurwapenbeampte
in Rustenburg. Hy werk tans as veiligheidsbestuurder vir 'n
hotelgroep.

Op 'n plek waar 'n paar polisievoertuie langs die pad gestaan het, het
Van der Mescht en die bestuurder van die bakkie waarin hy gery het,
stilgehou. Van die polisiemanne het glo op Van der Mescht afgestorm.
Die bakkiedeur is oopgeruk en hy is aan die arm geruk. Van der Mescht
sê hy het sy misnoeë hiermee te kenne gegee. Hy is hierop summier
agter in 'n vangwa gegooi. Daar is glo langer as 'n uur met hom
rondgery voordat hy na die Madikwe-polisiestasie geneem is. "Ek is
weens crimen injuria en intimidasie gearresteer."

Van der Mescht se vrou is die Saterdag glo by die polisiestasie
weggejaag toe sy haar man wou besoek. Sy is na bewering ook met
arrestasie gedreig.

Op 30 Junie het Van der Mescht in die Madikwe-landdroshof skuld beken
op 'n aanklag van crimen injuria nadat hy glo met nóg sewe dae in die
selle gedreig is. Arnold het gesê hulle is besig om teen dié
skuldigbevinding te appelleer.

Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder in Noordwes, het by navraag
gesê Van der Mescht het die polisieman glo gedreig en gevloek toe
hulle langs mekaar gery het. Sy het gesê hy is na 'n plaaslike kliniek
geneem sodat sy wonde behandel kon word.

Die polisie ontken dat hulle sy vrou weggehou het en beweer daar is
elke uur selbesoek gedoen. 'n Vraag van Beeld oor hoe 'n skerp
voorwerp in die selle was, is nie deur Botma beantwoord nie.


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2362943,00.html

Program 28 Julie AFR en ENG , Onteieningskonferensie te Centurion

Geagte vriende

Hierby aangeheg die program vir die 28 ste.

U word vriendelik versoek om die geleentheid verder bekend te stel .

Sal u asseblief vir me Cora van Heerden laat weet (
hoofkantoor@abond.co.za ) of telefonies 011 4821600 wie teenwoordig sal
wees sodat ons die logistieke reëlings kan finaliseer.

Ons sien mekaar D.V. die 28 ste !

Vriendelike groete.

Louis Trichardt

Adjunk Besturende Direkteur

011 4821600 (Kantoor)

0866586344 (Faks)

www.afrikanerbond.co.za

_____

From: Kallie Kriel [mailto:kallie@afriforum.co.za]
Sent: 21 July 2008 02:47 PM
To: 'Louis Trichardt'; 'Jan Bosman'; 'Jaco Schoeman'
Subject: Program 28 Julie AFR en ENG

Hallo Julle

Hierby aangeheg is die gewysigde program vir 28 Julie in Afrikaans en
Engels. Indien julle tevrede is daarmee, kan julle dit maar versprei aan
al die rolspelers. Ons vertaal net aan die konsep media-uitnodiging en
dan stuur ek dit ook aan.

Groete

Kallie


Dokumente beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/1e05b930f632c41e

Re : Konferensies oor die Implikasies van die Onteieningswetsontwerp

Subject: RE: Konferensies oor die Implikasies van die
Onteieningswetsontwerp

Jaap

Ons sal die dokumente wat ons beskikbaar het volgende week by die
konferensie in harde kopie beskikbaar stel. Ek sal dit ook elektronies
aan al die lede op die verspreidingslys stuur na afloop van die
verrigtinge.

Louis Trichardt

Adjunk Besturende Direkteur

011 4821600 (Kantoor)

0866586344 (Faks)

www.afrikanerbond.co.za

Tuesday, July 22, 2008

Konferensies oor die Implikasies van die Onteieningswetsontwerp

KONFERENSIE OOR DIE IMPLIKASIES VAN DIE ONTEIENINGSWETSONTWERP

DATUM: MAANDAG 4 AUGUSTUS 2008

TYD: 12h30

PLEK: RADISSON HOTEL, GRANGERBAAI, KAAPSTAD

Ek wil u graag uitnooi om die Konferensie oor die Implikasies van die
Onteieningswetsontwerp om 12:30 op Maandag 4 Augustus 2008 in die
Radisson Hotel, Grangerbaai, Kaapstad, by te woon. Die konferensie se
program is soos volg:

12:30 Registrasie

13:00 Inleiding

13:10 Die Grondwetlike Implikasies van die
Onteieningswetsontwerp:

Adv. Nikki de Havilland, Sentrum vir
Grondwetlike Regte

13:35 Die Implikasies vir die Landbou van die
Onteieningswetsontwerp:

Theo de Jager, AgriSA

14:00 Die Implikasies vir die Ekonomie van die
Onteieningswetsontwerp:

Mnr Ulrich Joubert, voormalige Voorsitter van
die AHI en Hoof Ekonoom van Transnet

14:25 Die Rol van Gewaarborgde Eiendomsreg in Suksesvolle
Ekonomieë:

Dr. Leon Louw, Vryemarkstigting

14:50 Die Implikasies van die Onteieningswetsontwerp vir
Inter-gemeenskaplike Verhoudinge:

Prof. Lawrence Schlemmer

15:15 Tee/Koffie/Verversings

15:45 Paneelbespreking

17:00 Aanvaarding van die Konferensie se verklaring oor
die Onteieningswetsontwerp wat aan Pres. Thabo Mbeki en Minister Thoko

Didiza oorhandig sal word.

17:15 Afsluiting

Ons sal dit waardeer indien u vir Pat Brand-Adams by (021) 930 3622 - (
<mailto:fwdkfoun@mweb.co.za> fwdkfoun@mweb.co.za) so spoedig as moontlik
kan laat weet indien u, of 'n verteenwoordiger van u organisasie, die
konferensie sal kan bywoon en die volgende inligting aan haar kan
verskaf:

Naam/name

Organisasie

Posisie(-s) in die organisasie

Telefoon

Selfoon

E-pos:

Vriendelike groete

Dave Steward

Swanger Vrou deur eggenoot vermoor

Swanger vrou se dood: 'Verdagte sal moor'

Jul 21 2008 07:34:44:007PM

"Mnr. Moon is die enigste pa wat ek ken wat na elke
ultraklankskandering van sy ongebore seun gegaan het, gesien het hoe
hy lewe en hom steeds vermoor het."

Hilda Fourie

"Mnr. Moon is die enigste pa wat ek ken wat na elke
ultraklankskandering van sy ongebore seun gegaan het, gesien het hoe
hy lewe en hom steeds vermoor het."

So het die polisie se ondersoekbeampte gister in die Pretoriase
landdroshof getuig in die saak teen mnr. Brooklyn Moon en nog twee
beskuldigdes wat op aanklagte van moord en huisroof verskyn het.

Dit kom nadat me. Antoinette Botha (35), Moon se lewensmaat, in hul
huis vermoor is deurdat haar kop met 'n baksteen verbrysel is.

Sy was agt maande swanger met die paartjie se tweede seun.

Moon (35) van Bergtuin, Pretoria, en me. Florence Waluzimbi (36) het
om borgtog aansoek gedoen terwyl mnr. Thapelo Tumelo Kekana (21) nie
'n borgtogaansoek gebring het nie.

"Moon het ('n paar weke voor Botha se dood) na 'n sangoma gegaan en
gesê hy het 'n probleem," het kapt. Matthys Stry-dom,
ondersoekbeampte, getuig.

"Sy probleem was dat hy me. Botha wou doodmaak."

Strydom het getuig Moon het Botha se moord sedert die middel van Mei beplan.

Volgens Strydom het Moon 'n lewensversekeringspolis wat R500 000 sou
uitbetaal indienBotha iets oorkom, in Mei tot R3,5 miljoen verhoog.

Daarna het hy gif by 'n sangoma gekry, glo om Botha te vermoor. Dit
het nie gewerk nie.

Waluzimbi is die lewensmaat van mnr. Mike Waluzimbi, die sangoma wat
glo die gif aan Moon gegee het. Die polisie is nog op soek na mnr.
Waluzimbi en nog 'n verdagte.

"Op 26 Junie het Moon na die sangoma gegaan en hom en nog twee
persone, wat sou gehelp het om Botha te vermoor, opgelaai," het
Strydom gesê.

"Hy het die drie na sy huis geneem en die motorhuis oopgemaak.

"Daarna het hy gaan kyk of me. Botha vas genoeg slaap, nadat sy
teruggekom het van nagskof by die hospitaal waar sy gewerk het.

"Moon het die ander drie geroep toe me. Botha later vas geslaap het.
Terwyl hulle in die huis besig was om Botha te vermoor, het Moon die
elektriese ware in sy motor gelaai.

"Toe hulle klaar is, het die ander drie mans in Moon se motor die huis
verlaat. Moon het ook die huis verlaat."

Volgens Strydom het Moon later die dag na die huis teruggekeer, gesien
al die deure staan oop en sy buurman gaan roep.

Hulle het Botha dood in haar slaapkamer aangetref waar sy met komberse
bedek was.

Strydom het verder getuig dat Moon se eerste vrou ook 'n paar jaar
gelede onder verdagte omstandighede gesterf het.

Moon het toe glo 'n doodsertifikaat by die versekeraars ingehandig wat
sê sy vrou is aan natuurlike oorsake dood, wat nie die geval was nie.

"As mnr. Moon op borgtog vrygelaat word, sal hy hom en sy seun,
Murelle (3), doodmaak," het Strydom gesê.

"Hy het aan my gesê sy lewe is verby en dat hy Murelle teleurgestel
het deur sy ma en boetie te vermoor."


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2361634,00.html

Monday, July 21, 2008

Rou riool bedryg flaminke se toekoms

http://www.dieburger.com/Stories/News/Regions/18.0.684577347.aspx

'n Slang in voëlparadys
JORISNA BONTHUYS
21/07/2008 12:22:59 AM - (SA)

Die toekoms van Kimberley se "Pink Ladies" is in die weegskaal. Rou
rioolvloei, wat na bewering in die Kamfersdam beland, bedreig die
voortbestaan van dié stad se bekende flaminkkolonie wat toenemend as
'n trekpleister vir voëlkykers dien.


Só sê mense gemoeid met die veldtog Save the Flamingo, wat onder meer
deur BirdLife SA, die Trust vir Bedreigde Natuurlewe, die Natuurlewe-
en Omgewingsvereniging van Suid-Afrika (Wessa) en Ekapa Mining gesteun
word.


Dié vleiland, 'n groot vleilandgebied net noord van Kimberley, word
beskou as een van die vernaamste plekke wêreldwyd waar dié geveerdes
hou. Dit is een van net vier sulke broeiplekke op die vasteland.


Die Save the Flamingo-veldtog het in 'n onlangse skrywe aan die
burgemeesterskantoor van die Sol Plaatje-stadsraad dringende ingryping
by die Homevale-rioolwerke versoek. Mense gemoeid met dié veldtog vra
dat plaaslike owerhede dié situasie teen 28 Julie moet beredder of
regstappe trotseer.


Dié skrywe is onderteken deur mnr. Jahn Hohne, voorsitter van die
veldtog. Dit is onder meer gestuur aan Kimberley se voormalige
burgemeester, mnr. Patrick Lenyibi, asook aan mnr. Marthinus van
Schalkwyk, minister van omgewingsake, en me. Lindiwe Hendricks,
minister van waterwese. Lenyibi het verlede week as uitvoerende
burgemeester bedank.


Volgens mense gemoeid met dié flaminkveldtog was die grootste gedeelte
van die Homevale-rioolwerke op 25 Junie nie in 'n werkende toestand
nie. Ná mediadekking van dié situasie het die Sol
Plaatje-munisipaliteit ingegryp. Ekapa Mining en 'n handvol klein
kontrakteurs is gevra om te help om stukkende rioolpoele te herstel en
van die houdamme te help skoonmaak.


Op 9 Julie, terwyl van die rioolpoele en houdamme skoongemaak is, is
van die onbehandelde rioolslyk in die veld langs die rioolwerke
uitgepomp, waarvandaan dit glo deur 'n uitloop in die Kamfersdam
beland het. Só beweer Save the Flamingo op sy tuisblad
(savetheflamingo.co.za). Onbehandelde rioolwater het glo tot Vrydag, 4
Julie, direk vanaf die rioolwerke daar tot in die Kamfersdam geloop.


Dié situasie, wat verswakte watergehalte in die vleiland veroorsaak,
word as 'n groot bedreiding vir die voortbestaan van die flaminke
bestempel. Wetenskaplikes neem nou watermonsters en probeer vasstel of
daar 'n verband is tussen rioolbesoedeling en die groot aantal
flaminke wat die afgelope ruk met geswolle gewrigte en sere aan hul
bene by die Kamfersdam bespeur is.


Lenyibi het in 'n onderhoud met Carte Blanche gesê daar is geen
rioolprobleem nie en het teenstanders van 'n beoogde behuisingsprojek
by die dam as rassisties bestempel. Hy het sedertdien op 'n
mediakonferensie hieroor gesê mense wat teen die beplande nuwe
Northgate-ontwikkeling is, kan "hel toe gaan".


Die beoogde ontwikkeling van Group 1 Developments buite die stedelike
soom is strydig met Kimberley se ruimtelike ontwikkelingsraamwerk en
sy eie riglyne vir ontwikkelingsbeplanning, het Wessa (Noord-Kaap) in
skriftelike kommentaar hieroor aangevoer. Sedertdien is die grens van
die stad se stedelike soom glo gewysig.


Sonder 'n positiewe rekord van beslissing oor die beoogde
behuisingsontwikkeling, wat op 'n volledige omgewingsimpakstudie
gegrond is, kan die Sol Plaatje-munisipaliteit nie die grond vir die
Northgate-ontwikkeling laat hersoneer nie, word gesê.


Mense gemoeid met dié veldtog, waarvoor reeds 5 800 handtekeninge
aanlyn versamel is, vra geen nuwe ontwikkelings moet naby die
Kamfersdam toegelaat word voordat rioolwerke dáár behoorlik
opgegradeer is nie.


Die ontwikkelaars van die beoogde Northgate-ontwikkeling wil sowat 6
500 huise bou.


Probleme met die Homevale-rioolwerke duur glo reeds al vier jaar lank,
ondanks vertoë aan die munisipaliteit om in te gryp. In dié stadium
hanteer dié rioolwerke sowat 43 megaliter per dag, terwyl dit 'n
vermoë van 30 megaliter het.


Die kantoor van mnr. Pieter Saaiman, Noord-Kaapse minister van
toerisme, omgewing en bewaring, wou nie kommentaar lewer oor dié
herrie nie.