Sunday, August 31, 2008

Vrystaat-rade gelooi

Wetgewer looi VS-rade
Aug 28 2008 Volksblad
DIRK KOK
Munisipale leiers van tien Vrystaatse munisipaliteite is in 'n
gesamentlike wetgewerkomiteesitting behoorlik die leviete voorgelees,
omdat hulle hulle nie aan bindende wetgewerbesluite oor hul geldprobleme
en bestuursprobleme steur nie.
Die provinsie se twee grootste munisipaliteite, Mangaung (Bloemfontein)
en Matjhabeng (Welkom), is onder die tien munisipaliteite wat die
swakste gevaar het met die toepassing van wetgewerbesluite om hul
bestuur en geldbestuur reg te ruk. Almal het 'n tiental voorskrifte nie
nagekom nie.
Van die voorskrifte, wat op grond van die ouditeur-generaal se verslae
oor munisipaliteite deur die wetgewer geneem is, is al drie jaar oud en
steeds nie deur die munisipaliteite nagekom nie.
Die punte wat die munisipaliteite vir die uitvoering van die
wetgewerbesluite gekry het, wil geen skoolkind of student in 'n toets of
eksamen kry nie. Vier van die munisipaliteite het almal 'n ronde nul
gekry, deurdat hulle die afgelope drie jaar nie 'n enkele besluit
uitgevoer het nie: Metsimaholo (Sasolburg en dorpe), Masilonyana
(Winburg en dorpe), Ngwathe (Parys en dorpe) en Mafube (Frankfort en
dorpe).
Die twee grotes, Mangaung en Matjhabeng, het onderskeidelik aan 7 uit 19
besluite (37%) en 5 uit 25 besluite (20%) gehoor gegee.
Phumelela (Vrede en dorpe) het 10 van 27 voorskrifte (37%) gevolg,
Maluti-a-Phofung (Harri-smith en dorpe) 6 uit 26 (23%), Nala
(Wesselsbron en Bothaville) 3 uit 26 (12%) en Tokologo (Hertzogville en
dorpe) 2 uit 25 (10%).
Die munisipale bestuurders is, as rekenpligtige amptenare, saam met hul
finansiële hoofde en die burgemeersters Dinsdag een ná die ander in 'n
spesiale gesamentlike sitting van die wetgewer se komitees oor
finansies, openbare rekeninge en plaaslike regering ingemarsjeer.
Van vroegdag tot donkeraand is hulle een ná die ander in die
teenwoordigheid van die provinsie se ouditeur-generaal, die tesourie
asook die LUR vir plaaslike regering, mnr. Joel Mafereka, en sy
departement, voor stok gekry.
Van die munisipale bestuurders en burgemeesters het gesê die syfers is
verkeerd. Hulle het meer van die besluite uitgevoer as wat gesê word.
Die tesourie en departement van plaaslike regering, wat die vordering
met die inwerkingstelling van die wetgewerbesluite vir die
wetgewerkomitee oor openbare rekeninge dophou, het egter voet
dwarsgesit: Die syfers is reg. Dit help nie munisipaliteite sê hulle het
besluite uitgevoer, maar hulle lewer nie bewys daarvan nie.
Mnr. Abrie Oosthuizen (VF+), voorsitter van die openbare
rekeningekomitee wat die gesamentlike sitting gelei het, asook
wetgewerlede van die ANC, DA en ACDP, het soos een man teen die
munisipale leiers saamgestaan en hulle die leviete voorgelees.
Die munisipale leiers is ingelig hul ongehoorsaamheid aan
wetgewerbesluite, wat geneem word om hulle te help om goeie munisipale
bestuur in die provinsie te bevorder, is 'n skande en swak vir
dienslewering.
Hulle moet teruggaan na hul munisipaliteite, sorg dat daar werk van
gemaak word en nie volgende jaar weer "dieselfde verskonings en
storietjies" aan die komitee kom vertel nie.
Die besluite is daarop gemik om probleme met onder meer bestuur,
begrotings, geldbestuur, skuld, beleid, aanstellings en bates reg te
ruk.

Saturday, August 30, 2008

Man sterf op knieë in kerk

Mev. Ida Hatting (52) huil nadat haar vriend en kollega tydens 'n
gewapende rooftog in die Divine Connection Ministries se kerkgebou
doodgeskiet is. Foto: Herman Verwey

Aug 29 2008 09:52:40:040PM - (SA)

Virginia Keppler

'N Man is in 'n biddende posisie op sy knieë in die Divine Connection
Ministries se kerkgebou op die Uitzight-hoewes in die weste van
Pretoria dood toe hy tydens 'n gewapende rooftog geskiet is.

Die rowers het met net 'n stukkende ketel, teesakkies en 'n klein
radio en die slagoffer se splinternuwe tekkies gevlug.

Mnr. Dale Roberts (50) is in die regterskouer geskiet en hy het
vermoedelik doodgebloei.

Hy is Woensdagnag in sy slaapkamer binne die kerkgebou oorval.

Mnr. Willie Hatting (55), projekbestuurder van die kerk, het gesê die
rowers het twee ventilasieplate uit die kerk se muur met 'n koevoet
gebreek om toegang tot die kerk te verkry.

Hattingh se vrou, Ida (52), het eergisteroggend op Roberts se lyk
afgekom. Volgens haar het sy om 07:45 die kerk oopgesluit.

"Somtyds is Dale al wakker as ek inkom, maar daardie dag was die deur
nog gesluit.

"Ek het opgemerk die lessenaar se laaie staan oop en toe maak ek dit
toe. Dit is toe dat my man geskreeu het daar is ingebreek," het sy
gesê.

Sy het daarna na Roberts se kamer gehardloop en teen die deur geklop.
"Ek het toe die deur oopgemaak en toe sien ek hom daar langs sy bed
buk.

"Ek het net 'n hand met bloed gesien. Ek kon nie om hulp roep nie en
het net bly sê: 'Nee, nee, nee'," het sy vertel.

Mnr. Hatting het gesê Roberts het in die kerk geslaap om die gebou op
te pas nadat daar 'n paar jaar gelede ook 'n inbraak by die kerk was.
"Toe ek aan hom voel, was hy klaar koud. Hoe kon hulle iemand in die
kerk doodskiet? Hulle het ons regtig seergemaak.

"Hy moes hom doodgebloei het, want die beddegoed en als was vol
bloed," het hy gesê.

Mev. Hatting het gesê sy was baie lief vir Roberts.

"Hy was soos 'n broer vir my.

"Ons het nou saamgewerk met salarisse en hy het my altyd gehelp om
briewe te skryf. Hulle (die moordenaars) weet nie wat hulle aan ons
gedoen het nie, regtig," het sy gesê.

Roberts is oorspronklik van Zimbabwe en het geen familie in
Suid-Afrika gehad nie.

"Hy was maar 'n alleenloper en hy was baie gelowig. Ons gaan hom
begrawe sodra die polisie sê ons kan sy lyk kry," het mnr. Hatting
gesê.

Kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie
ondersoek 'n saak van moord.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2385100,00.html

Polisie maak weer droog...

Polisie skiet slagoffers
Aug 29 2008 09:52:25:883PM - (SA)

Gloria Edwards


'N Egpaar van die Oos-Rand veg om hul lewe nadat hulle per ongeluk
deur die polisie geskiet is tydens 'n mislukte huisrooftog in
Meyersdal, Alberton.

Mnr. Jan Kotzé (48) en sy vrou, Millie (50), eienaars van die
onderneming Manhattan Ice Tea, is gewond terwyl hul seun, Stephan
(21), en dogter, Janine (30), eergisteraand ure lank deur vyf rowers
in hul huis in Izak de Villiersstraat aangehou is.

Stephan het gister vertel hoe hy en sy suster aangehou is voordat die
polisie op sy ouers losgebrand het. "Ons het net heeltyd hardop gebid
en toe in tale met God gepraat . . . "

Mnr. Josie Raath (45), uitvoerende regisseur van Radiokansel en Millie
se broer, het gesê sy suster en swaer het net by die huis gekom van 'n
vakansie toe die voorval gebeur het.

"Toe hulle by die huis intrek, het die rowers van die balkon af op
hulle begin skiet. Hulle het toe uitgejaag om weg te kom en reg in die
vuurlinie van die polisie, wat hulle seker vir die rowers misgis het,
beland. Daar is van albei kante af op hul Land Cruiser losgebrand. Ek
het 43 koeëlgate in dié motor getel."

Volgens Raath is sy suster vyf keer in die maag en sy swaer tien keer
in die bolyf getref.

Albei is na die Unie-hospitaal geneem, waar hulle in die
hoësorgeenheid behandel word.

'n Bewoë Stephan het gesê hy is omstreeks 20:00 in die gesin se huis
oorrompel. "Ek was besig om vir my vlieënierslisensie te swot toe een
van hulle 'n pistool teen my kop druk. Hy het my met 'n spanner
geslaan, my hande en voete vasgebind en na 'n kamer gesleep. Hulle wou
juwele en geld hê."

Janine het toe glo by die huis aangekom en is deur die rowers oorval
en vasgebind.

Omstreeks 23:00 het hul ouers by die huis aangekom en het die
skietgeveg uitgebreek.

Stephan het sy suster op die balkon gevind waar sy vasgebind gelê het.
"Ek het probeer om die toue om haar los te byt totdat iemand ons kom
help het."

Die rowers, wat Stephan se RunX-motor met die gesin se juwele, wapens,
skootrekenaars, kluise en ander items volgepak het, het met leë hande
gevlug.

Tussen meer as 100 patroondoppies wat gister die straat voor die
Kotzés se huis vol gelê het, het bure vertel hoe hulle nou vir hul
lewens vrees.

Mnr. Coenie Strydom, 'n buurman, het beweer dat dié voorval die agtste
in dieselfde straat die afgelope jaar is.

Die Kotzés se ander dogter, mev. Adelle Sinden (25), het gister die
polisie geblameer dat haar ouers om hul lewe veg.

"Hulle kon waarskuwingskote geskiet het. Dit was nie nodig om die
motor flenters te skiet nie."

Supt. Eugene Opperman, provinsiale polisiewoordvoerder, het egter gesê
die voorval word as 'n ongeluk beskou.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.


Oorsprong:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2385135,00.html

Vrou sterf , man gewond

Huisrooftog: Vrou (53) sterf, man gewond

Aug 29 2008 09:52:37:103PM

'Ek is geskiet en Marge is dood!"

Amanda Roestoff


amanda.roestoff@beeld.com

'Ek is geskiet en Marge is dood!"

So het 'n gewonde mnr. Dave Wilson (57), hoof van die
geologie-afdeling van die mynmaatskappy De Beers, gisteroggend glo op
sy selfoon aan sy swaer gesê nadat rowers met 9 mm-pistole op hom en
sy vrou, Marge (53), in hul huis in Drakenslaan, Quellerina aan die
Wes-Rand, geskiet het.

Mnr. Michael Brett, dieswaer, het gister gesê sy suster het
gisteroggend omstreeks 07:30 waarskynlik "uit roetine" die
veiligheidshek by die huis se ingangsportaal oopgemaak en na die
dubbelmotorhuis ge-stap om die elektriese hek vir die huiswerker oop
te maak.

Insp. Hein van Heerden, polisiewoordvoerder, het gesê hulle vermoed
die vier rowers het toe saam met die huiswerker die perseel
binnegestap.

"Hulle moes haar (Marge) binne oorval het, want albei is in die
voorkamer geskiet," het Brett gesê.

Een van die koeëls het mev. Wilson – steeds in haar blou nagklere – in
die linkerbors getref en is by haar rug uit voordat dit teen 'n muur
in die voorportaal vasgeslaan het.

Sy het inmekaargesak en is op die toneel dood.

Mnr. Wilson is regs in die bors, naby sy bo-arm, getref.

'n Buurman (47) wat nie sy naam wou noem nie, het gesê hy was in sy
slaapkamer besig om aan te trek toe hy twee skote, gevolg deur 'n gil,
gehoor het. Hy het 'n leer gebruik en oor die hoë muur geloer, waar hy
'n man in 'n blou oorpak saam met die huiswerker by die huis sien
uitstap het. Hy het later gesien dat mnr. Wilson ook bebloed uit die
huis kom en het met hom gepraat.

Die vier rowers en die vrou (35) is gesien waar hulle in 'n
koperkleurige Mercedes-Benz (HYF 252 GP) geklim en weggery het. Mnr.
Okkie Nel, bestuurder van die veiligheidsmaatskappy Best Secure, het
op die toneel bevestig dat 'n veiligheidswag (37) van dié maatskappy
die wegkommotor ingedwing en ontvoer is.

Die wag is later in Maraisburg langs die N1-hoofweg afgelaai, maar die
huiswerker is steeds soek.

Mnr. Wilson is tans in 'n ernstige maar stabiele toestand in die Flora-kliniek.

Mnr. Bruno Ragghianti, voorsitter van die Florida-polisiekantoor se
gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), het gesê slegs drie
misdaadvoorvalle het die afgelope vyf maande in dié gebied voorgekom.

"Die gebied was 'n groot brandpunt, maar het deur verbeterde
veiligheidsmaatreëls (kameras en bykomende veiligheidswagte in die
gebied) daarin geslaag om misdaad te minimaliseer," het Ragghianti
gesê.

"Die regering sal daadwerklik iets moet doen om wetgewing só aan te
pas dat inwoners en die polisie beskerm word. Dié misdaad is soos 'n
kanker," sê Ragghianti.

Die polisie het vasgestel dat die huiswerker die ontvoerde wag glo
vroeër gevra het hoekom hy "skielik ander skofte" werk.

Haar moontlike betrokkenheid in die misdaad word ondersoek. Beeld
verneem dat sy van Zimbabwe is. Die polisie het haar naam nog nie
bekend gemaak nie.

Net 'n bos huissleutels met 'n afstandbeheertoestel word vermis.

Familielede het mekaar op die toneel ondersteun.

Die egpaar se twee jonger kinders, Karen en Rodrick, albei in hul
twintigs, sal vermoedelik vandag van Engeland hier aankom.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help, kan supt. Richard
Shibiri bel by 082 461 3325 of kapt. Hein Steyn by 082 412 2237.


Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2385121,00.html

Tuesday, August 26, 2008

Bravoland nuus 26 Augustus 2008

Bravoland nuus 26 Augustus 2008

Mnr Jan Beyers van Huis van Oranje het die stigting van 'n volksbank
aangekondig. Die bank, wat bekend sal staan as Huis van Oranje Spaar
en Krediet , nooi volksgenote om aandele te bekom teen so min as
R500-00 vir vyf aandele.
Lees die aankondiging hier:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3731.msg48234;topicseen#new

Die HNP het in 'n verklaring gerugte die nek in geslaan dat hulle
oppad is na die stembus. Die gerugte word as kwaadwillig beskryf en
van alle waarheid ontneem.
Lees die volle verklaring hier:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3730.msg48228;topicseen#new

Huis van Oranje : SKK

Huis van Oranje het die inisiatief geneem om nog 'n Boere "bank"
(spaar en krediet Kooperatief - SKK) op die been te bring vir die
volk. Dit word gedoen in die wyer plan om ons volk finansieel weer
vry te maak, en 'n eie volksbank gestig te kry. Soos julle reeds weet
het Orania en Kleinfontein reeds sulke "banke".

Die beplanning van die Huis van Oranje Spaar en Krediet Kooperatief is
al so ver gevorder dat ons nou kan aankondig dat volksgenote wat
belangstel daarin, kan aandele reserveer en opneem in die SKK. Die
aandeel prys is R100 per aandeel, met 'n minimum van 5 aandele wat
opgeneem moet word. Die bankrekening is al ge-open, en 'n
stigtingsvergaderingsdatum is vasgepen. Die stigtingsvergadering sal
plaasvind op Saterdag die 27ste September 2008 om 10 uur. dit sal
plaasvind in die TLU gebou te Silverton se saal. Die adres is :

Jamesrylaan 194
Silverton, Pta.

Alle volksgenote word dringend opgeroep na die vergadering, sodat ons
met 'n spoed kan wegspring.

ENIGE VOLKSGENOOT WAT BELANGSTEL OM AANDELE IN DIE SKK TE BEKOM, EPOS
MY GERUS BY jan@hvo.co.za VIR VERDERE INLIGTING

Monday, August 25, 2008

Petisies teen Regstellende Aksie

Solidariteit beplan om met so 'n omvattende veldtog vir 'n einddatum
vir regstellende aksie te begin dat die aantal petisies nie net
normaal oorhandig sal kan word nie, maar met kruiwaens aangestoot sal
moet word. Die harde onderhandeling oor regstellende aksie gaan nou
begin en wat ons nou nodig het is derduisende Suid-Afrikaners se
steun.

Hierdie planne van Solidariteit volg op mnr. Kgalema Motlanthe,
visepresident van die ANC en minister in die presidensie, se
opmerkings die afgelope week in Stellenbosch dat die ANC 'n
uitfaseringsklousule vir regstellende aksie sal oorweeg.

Mnr Motlanthe het nie gesê regstellende aksie gaan volgende jaar
verdwyn nie, maar hy het die ANC se bereidwilligheid om daaroor te
praat aangetoon. Dit is 'n reuse stap vorentoe van die huidige
Minister van Arbeid, Membathisi Mdladlana, se vorige uitsprake dat
regstellende aksie nie in sy leeftyd uitgefaseer sal word nie.

Motlanthe maak nou die deur vir onderhandeling oop. Solidariteit
verstaan die wêreld van kollektiewe bedinging. As 'n punt oop is vir
onderhandeling begin magspel en dit is nou vir diegene wat
voorstanders is vir die uitfasering van regstellende aksie om hulle
steun te toon en te begin mobiliseer sodat hulle 'n magsbasis kan
bewys as die onderhandeling in volle swang is. Hoe sterker jy is hoe
beter onderhandel jy. Indien jy nie jou krag kan toon nie is jy besig
met kollektiewe bedelary en nie kollektiewe bedinging nie.

Solidariteit beplan 'n reuse veldtog om steun te mobiliseer vir die
uitfasering van regstellende aksie. Die kerndeel van die veldtog gaan
'n omvangryke petisieveldtog wees. Ons wil tienduisende handtekening
in kruiwaens na die regering stoot om die steun vir die uitfasering
van regstellende aksie te toon. Skikkings tydens onderhandeling word
nie afgesmeek nie, maar beding. Ons oproep tot voorstanders vir die
uitfasering van regstellende aksie is om aktivisties oor hulle saak te
raak.

Solidariteit het reeds verlede jaar met Motlanthe gesprekke gevoer oor
regstellende aksie. Dit is opgevolg met gesprekke met mnr Jacob Zuma,
leier van die ANC. Ons het twee kernpunte op Zuma se tafel geplaas.
Die eerste was dat regstellende aksie uitgefaseer moet word deur
jongmense van regstellende aksie vry te stel en die tweede is 'n
moratorium op regstellende aksie waar skaars en kritiese poste ter
sprake is. Zuma het daarop gereageer deur te sê dat Solidariteit se
idees verfrissend is.

Tydens die laaste gesprekke met mnr Zuma is op 'n gesprekskomitee
tussen die ANC en Solidariteit ooreengekom om die kwessie verder te
neem. Daar is dus 'n kanaal tot gesprekke geskep en die kwessie oor
regstellende aksie is op die tafel. Die volgende fase van gesprek is
nou om steun te mobiliseer.

Ons gaan egter beslis ook nie die druk op die ANC verlig om 'n klimaat
vir mooi praatjies te skep nie. Ons gaan die druk verskerp sodat 'n
klimaat vir harde onderhandeling geskep word. Behalwe die
petisieveldtog gaan druk ook internasionale steunwerwing behels en
veral steunwerwing by die Verenigde Nasies se Internasionale
Arbeidsorganisasie, wat eis dat regstellende aksie tydelik moet wees.

Dirk Hermann
Adjunk uitvoerende hoof: Solidariteit

Skenkers met B-Negatief bloedgroep benodig

KEN JULLE IEMAND WAT DIE KIND KAN HELP, B NEGATIEF BLOEDGROEP

Stuur asb. die e-pos aan almal wat julle ken.

MISKIEN KEN JULLE IEMAND WAT HIERDIE KIND KAN HELP!!!

René Degenaar is 'n leerling by Laerskool Constantiapark. Sy is saam
met Albrecht in G7, sy benodig baie dringend plaatjieskenkers van die
bloedgroep, B Negatief. Reneé se plaatjietelling is tans 1 en daar is
landswyd geen plaatjies vir haar beskikbaar nie. Sy is 'n hoë risiko
pasiënt en kry baie swaar. Haar ouers is ook finansieel al uitgeput,
met elke week se opname in die hospitaal. Sy bly egter 'n vegter en
kom so gereeld sy kan skool toe.

Mens word eers getoets om plaatjies te skenk. (sy benodig dringend
weeklikse skenkers.)
Skakel Bloedbank - Queenswood 012 333 9949

Verwysing - René Degenaar.

Sal julle asseblief die epos vir julle vriende aanstuur...En kom ons
dra hierdie gesin aan die Here op...sodat Sy genade hierdie gesin kan
omvou.


Christelle Eksteen
Panorama Psychiatry & Memory Clinic
48 Hennie Winterbach Street
PANORAMA,7500

Tel: 021 930 2177
Fax: 021 930 2178


NS. Mense in die O-negatiewe bloedgroep mag ook vir B-negatief skenk.
Asseblief help, B-negatief is báie skaars.

Bravolandnuusbrief 3

Bravonuusbrief 3

22 Augustus 2008


<http://www.bravoland.co.za/forum/index.php>

1. Bloeddiens groei vinnig

2. Kan ons dit doen?

3. BCVO-Sportbyeenkomste 2008/2009

4. Bravoland Ondersteunersklub


_____


<http://www.petitiononline.com/bravo/petition.html>

BLOEDDIENS GROEI VINNIG

Twee weke gelede het Bravoland die Bloeddiens vir Afrikaners bekend gestel
met die hoofdoelwit om 'n databasis van moontlike skenkers op te stel vir
indien volksgenote in hul omgewing bloed mag benodig.

'n Paar belangstellendes het vrae gevra en die vrae en antwoorde is op die
forum geplaas, u kan dit hier lees: http://www.bravolan
<http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=178.msg47756#msg47756>
d.co.za/forum/index.php?topic=178.msg47756#msg47756 en u is ook welkom om u
eie vrae te stel.

Baie dankie aan elkeen wat reeds hul name op die databasis geplaas het, die
afgelope twee weke het die databasis tot oor die 70 lede gegroei van mense
wat bereid is om te skenk.

'n Paar statistieke uit die name reeds op die databasis:

Aantal mense in sekere bloedgroepe:

3 A-negatief, 24 A-positief, 1 AB-negatief, 3 AB-positief, 1 B-negatief, 6
B-positief, 5 O-negatief en 28 O-positief.

Aantal mense op databasis in verskillende provinsies:

Sentraal-Transvaal 48, Oos Transvaal 2, Noord-Transvaal 1, Vrystaat 2,
Noord-Kaap 4, Weskaap 8, Noordwes 6, Natal 1 en Limpopo 4.

Indien u ook u naam op die databasis wil plaas, besoek asb.
http://www.petition <http://www.petitiononline.com/bravo/petition.html>
online.com/bravo/petition.html Alle inligting word streng vertroulik
hanteer en sal slegs sigbaar wees aan die administrateurs van die databasis.

Bravoland wil ook baie dankie sê aan Radio Pretoria vir die onderhoud
Vrydagoggend, die reaksie was oorweldigend. Radio Pretoria kan enige plek in
die wêreld geluister word by www.radiopretoria.co.za
<http://www.radiopretoria.co.za/> .

Plaas u naam hier op die lys:
http://www.petitiononline.com/bravo/petition.html
Lees verder: http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=178.20

_____

<http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3286.msg48058;topicseen#ne
w>

KAN
<http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3286.msg48058;topicseen#ne
w> ONS DIT DOEN?

Diegene wat gister die leiers van ons volk was, se tyd het verby gegaan –
daar is geen Watermeyer, geen Verwoerd, dit blyk dat die Chris Barnards en
die Wally Grants ook verby gegaan het – en die toekoms staan en toekyk…
want waar is die volk se leiers van môre as gister se leiers verby gegaan
het?

Kan ons uit hierdie nuwe geslag weer voortbring wat ons reeds gehad het? As
ons sing van De La Rey dan blyk dit slegs 'n versugting te wees. Waar is ons
nuwe De La Rey?

Kan ons weer 'n Totius lewer – iemand wat die siel van die volk ken, en
verstaan? 'n Boerseun wat die Psalms vertolk soos God dit bedoel?

Kan ons weer uit hierdie jong geslag die produksie sien van 'n
Boere-Afrikaner wat bly wat hy is as hy die nuwe Rupert geword het?

Sal ons weer 'n Pierneef kan lewer, en wanneer sien ons die grootste
mode-ontwerper, gelewer uit die gene van die wit volk uit Afrika?

Waar soek ons om weer 'n goeie Boere-Afrikaner te vind wat die plek sal
neem van ons geliefde seun, Japie Greyling?

Is die nuwe Jan. S. Marais, en Oom Bossie se nasate iewers – of moet die
nuwe bankstigter nog gebore word! Waar is die manne en vroue wat na vore
moet tree om die voorste gestoeltes in te neem? Wie gaan Oom Paul se plek
inneem om vir vryheid te werk?

Lees verder:
<http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3286.msg47821#msg47821>
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3286.msg47821#msg47821


BCVO SPORTBYEENKOMSTE 2008/2009


<http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3644.msg47053;topicseen#ne
w>

<http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3673.0> Die Sportraad van
die BCVO organiseer die byeenkomste binne die BCVO. Elke streek organiseer
vriendskaplike byeenkomste binne die streek en ook 'n provinsiale byeenkoms,
waarby 'n streekspan gekies word. Die BCVO is in die volgende streke
ingedeel:

• Noord-Transvaal
• Sentraal-Transvaal
• Noordwes
• Noord-Kaap
• Vrystaat

Die volgende nasionale byeenkomste vind in die volgende kwartaal plaas:


Sport

Plek

Datum


Tennis

Bethlehem

26 September


Landloop

Bethlehem

27 September


Skaak

Ventersdorp

17 Oktober


Krieket

Koster

18 Oktober

Die volgende byeenkomste vir 2009 is reeds bepaal:


Sport

Plek

Datum


Vriendskaplike atletiek

Paardekraal

14 Februarie


Vriendskaplike atletiekbyeenkoms tussen VS, NW, NK en S-Tvl.

Ruimsig

14 Maart


SA atletiekbyeenkoms

Ruimsig

27 en 28 Maart


Winterspele – Netbal en Rugby

26 en 27 Junie


Die primêre doelwit van sport is om deelname van soveel kinders moontlik te
maak. Aangesien skole nog klein is, word dit behaal. Prestasie bly egter nie
agterweë nie. Erekleure word deur die BCVO toegeken vir atletiek, rugby en
netbal. In atletiek moet 850 punte op die ABSA-tabel behaal word. Tydens die
winterspele word 'n 0/19 en 0/13 rugby- en netbalspan verkies, wat dan
erekleure ontvang.


BRAVOLAND <http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?board=542.0>
ONDERSTEUNERSKLUB


<http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3644.msg47053;topicseen#ne
w>

<http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3673.0>

Sedert die ANC-president, mnr. Jacob Zuma, Bethlehem, 'n arm blanke
nedersetting in die weste van Pretoria, besoek het, het baie mense bewus
geword dat daar wel blanke mense is wat baie swaar kry. Daar is meer as 1000
sulke nedersettings in Suid-Afrika waarna die staat nie omsien nie, en
indien wel, is die staatsbydrae maar 'n druppel in die emmer.

Twee maande ná Bravoland se stigting in April verlede jaar, het ons begin om
hierdie mense se las 'n bietjie ligter te maak. In Junie 2007 is Bravoland
se eerste volkshulpaksie in Wolmer, 'n behoeftige blanke woonbuurt in
Pretoria, geloods. Daarna is verskeie volkshulpaksies tot en met Maart
vanjaar gehou, onder andere in Parys, by Wolmer se senior inwoners,
Krugersdorp, Vanderbijlpark en 'n dame se mediese koste is ook gedek.

Dit is elke keer 'n groot geskarrel voor elke aksie om die nodige fondse en
skenkings in te samel om hierdie aksies die moeite werd te maak en was
Bravoland totaal afhanklik van lede se barmhartigheid. Sedert Februarie
vanjaar is planne beraam om hierdie aksies meer gereeld en meer
"onafhanklik" te maak. Dus ná maande se beraadslaging, beplanning en
voorbereiding is die Bravoland Ondersteunersklub in die lewe geroep.

Die Ondersteunersklub se primêre doel is om behoeftige volksgenote te help.
Namate die Ondersteunersklub uitbrei en bewese steun geniet, sal dit ook
ingespan word om kultuurdae en -aksies te reël om sodoende volkstrots aan te
wakker.

Enigeen kan lid word van die Bravoland Ondersteunersklub (B.O.K.) en sal dan
ook outomaties burgerskap van Bravoland ontvang. Lidmaatskap beloop R30.00
per maand (of R360.00 per jaar) en lede sal kwartaalliks 'n finansiële
verslag per e-pos ontvang. Die eenmalige aansluitingsfooi is R50.00.

Voordele wat Ondersteunersklublede sal geniet, sluit in die volgende:

1. Gratis Bravoland-e-posadres vir tyd van lidmaatskap aan die B.O.K.
(gebruikersnaam@bravoland.co.za)
2. Een gratis nag verblyf vir twee persone by Werda B+B in Upington en
30% afslag vir enige addisionele besoekers. Spesiale afslag vir groepe.
3. Een uur gratis finansiële konsultasie per kwartaal by Huis van
Oranje in Pretoria. Dit sluit ook gratis boedelbeplanning en testament in.
4. Gratis Bravoland-identiteitskaart wanneer die stelsel in werking
gestel word.

Die Bravoland Ondersteunersklub is tans besig met 'n aksie om geld in te
samel vir een van ons volkshelde. Hou gerus die Bravoland-forum
(http://www.bravoland.co.za/forum/) in die volgende week dop vir meer
besonderhede.

Vir meer besonderhede en/of vrae oor die Ondersteunersklub, besoek gerus die
Ondersteunersklub-afdeling by
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?board=542.0


_____

www.bravoland.co.za


_____

Sunday, August 17, 2008

Anti-blanke uitsprake kommerwekkend

Geskryf deur redakteur

Vrydag, 15 Augustus 2008

Die berigte oor anti-blanke uitsprake wat by die huidige parlementêre
verhore oor die afskaffing van die Skerpioene gemaak word, is uiters
kommerwekkend.

Die doeltreffendste manier om etniese onluste of selfs 'n volksmoord
te ontketen, is vir een groep om 'n ander in die openbaar voor skares
mense te beledig, te beskuldig of uit te kryt. Dit is egter presies
wat besig is om tans by die Skerpioeneverhore te gebeur.

Die Afrikakontinent beskik reeds oor die twyfelagtige onderskeiding
dat hy oor die afgelope twee dekades die meeste volksmoorde en
voorvalle van massageweld voortgebring het. Suid-Afrika beskik boonop
oor die hoogste moordsyfer in Afrika, naas Swaziland, en onwettige
wapens is vrylik in omloop. 'n Lewe is in ons land minder as tien rand
werd.

Om onder sulke omstandighede rassehaat of uitsprake wat daarop neerkom
by byeenkomste toe te laat, is om met vuur te speel. Sonder om
alarmisties te wees, behoort elke Afrikaner die nodige
voorsorgmaatreëls te tref om te sorg dat hy sy gesin en gemeenskap in
die geval van opgesweepte skares wat die vyandelike ras wil gaan
aanval, sal kan verdedig.

Afrikaanse organisasies behoort ook die situasie fyn dop te hou,
aangesien daar toenemende getuienis van rassehaat jeens blankes is.
Internasionale organisasies en buitelandse ambassades behoort ook op
hoogte gehou te word van sulke voorvalle waar rassehaat aangeblaas
word.

Oorsprong:PRAAG

http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2594&Itemid=403

Bethlehem PERSVERKLARING/PRESS RELEASE 15 AUGUSTUS 2008

From: Danie Eichstädt [mailto:danieeic@absamail.co.za]


AAN/TO: Nasionale Belastingbetalers Unie en mediaskakel, Plaaslike Pers
en die Volksblad.

National Ratepayers Union and media link, Local Press and
Volksblad

Geagte Vriende,

Aangeheg ons persverklaring (in Afrikaans en Engels) in aanloop tot ons
dispuutverklaring met die Dihlabeng Municipaliteit teen die einde van
Augustus 2008.

Fotomateriaal van swak dienslewering is reeds in sommige koerante
geplaas, maar ons is gereed om u verder hiermee behulpsaam te wees.

U word ook hiermee vriendelik uitgenooi na ons inligtingsvergadering op
26 Augustus 2008 om 18:00 in die skoolsaal van Voortrekker Hoërskool,
Bethlehem.

Vriendelike groete

Danie Eichstädt
(Voorsitter - Dihlabeng Inwonersvereniging)

082 336 2353

Friends,

Attached please find our press release (in Afrikaans and English) prior
to our declaring of a dispute with the Dihlabeng Municipality by the end
of August 2008.

We are willing to assist you getting photo material of poor service
delivery by the municipality.

You are also cordially invited to our public meeting on 26 August 2008,
18:00, school hall, High School Voortrekker, Bethlehem

Sincerely yours

Danie Eichstädt
(Chairperson - Dihlabeng Residents Association)

082 336 2353

Dokument hier beskikbaar / Document can be obtained here :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/b1d2fb3af8f3dc6b?hl=af

Saturday, August 16, 2008

Samewerking teen Onteieningswet bring nuwe hoop

Kallie Kriel

"As ons maar net vir ʼn slag kan saamstaan teen die magsvergrype in die
land, kan ons dalk iets regkry!" Hierdie versugting word met
eentonige reëlmaat geopper deur diegene wat by AfriForum klagtes
indien weens die skending van hulle regte deur ʼn owerheid wat
getalle-gewys stewig in die politieke saal sit.

Natuurlik besef die meeste van diegene wat hierdie versugting
uitspreek dat eendersdenkendheid onder Suid-Afrikaners buite die
ANC-dampkring, nie net menslik onmoontlik is nie, maar selfs
onwenslik. Die beste oplossings word immers gevind wanneer mense uit
verskillende denkraamwerke konstruktief met mekaar oor ʼn saak in
gesprek tree. Die versugting is daarom na groter samewerking oor
gemeenskaplike sake, eerder as eendersdenkendheid.

Ironies genoeg is dit die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op
Onteiening wat die versugting na groter samewerking nou verby die
mislukte "eenheids-gesprekke" van die afgelope dekade laat beweeg het,
na ʼn punt waar burgerlike organisasies buite die ANC-dampkring oor
gemeenskaplike sake kan saamwerk. Dit ten spyte van verskille wat
tussen die burgerlike organisasies bestaan en waarskynlik nog lank sal
bly bestaan.

Een gemeenskaplike punt is geïdentifiseer, naamlik kommer oor die feit
dat die Onteieningswetsontwerp ʼn ernstige bedreiging vir die belange
van almal in die land inhou – ongeag wat hulle politieke oortuiging
is. Die wetsontwerp behels onder meer dat die owerheid énige eiendom
sal kan onteien teen ʼn bedrag wat die staat self bepaal. Die howe sal
slegs die onteieningsproses wat gevolg is, kan hersien, maar nie die
bedrag waarop die owerheid besluit het nie. Die absurditeit hiervan
is dat die staat dus enige item of eiendom (soos ʼn huis of motor) sal
kan onteien om dit aan iemand te gee wat nie oor so ʼn item beskik nie.
Die staat kan dan boonop self die prys bepaal, solank die "regte
prosedures" net gevolg word. Die wetsontwerp se bepaling dat die
onteieningsbedrag laer as die markwaarde van die eiendom mag wees en
dat markwaarde nie die bepalende faktor sal wees nie, sal binnelandse,
sowel as buitelandse beleggers afskrik. Waarom sal iemand in eiendom
belê – roerend of onroerend, indien die persoon weet dat die staat by
magte is om sodanige eiendom enige tyd teen ʼn verlaagde en
eensydig-bepaalde bedrag te onteien? Ook diegene wat nie oor eiendom
beskik nie, maar vir werksgeleenthede afhanklik van beleggings in die
ekonomie is, sal gevolglik benadeel word.

Die wete dat die respek vir eiendomsreg – as hoeksteen van enige
suksesvolle samelewing – beskerm moet word, het swaarder geweeg as
politieke verskille. Vyftien organisasies en politieke partye wat nie
normaalweg langs dieselfde vuur sit nie, kon daarom met groot vrug die
Tussentydse Komitee vir die Verdediging van Eiendomsreg tot stand
bring om die Wetsontwerp op Onteiening teen te staan. Die komitee
sluit tans die volgende organisasies in: AfriForum, die Afrikanerbond,
die Afrikanerfront, Agri SA, TLU SA, ATKV, FAK, die ACDP, die DA, die
VF+, die FW de Klerk Stigting, die Landbou Werkgewersorganisasie
(LWO), die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), die Solidariteit
Instituut vir Grondwetlike en Arbeidsregtelike Aangeleenthede en
Regslui vir Afrikaans. Verskeie ander organisasies is ook besig om
hulle steun aan hierdie groep toe te sê. Die deelnemers besef dat die
net nog wyer gesprei moet word.

Die struikelblokke wat kon verhoed dat organisasies wat vir lank nie
met mekaar gepraat het nie, kon saamwerk, is oorkom deurdat alle
partye gefokus gebly het op die groter prentjie. Die Tussentydse
Komitee kon daarom reeds twee suksesvolle konferensies aanbied om die
gevare wat die Onteieningswetsontwerp inhou, duidelik uit te wys en
die openbare mening daarteen te monster. ʼn Werkswinkel word binnekort
gehou waar al die betrokke groeperings sake soos onder meer
gesamentlike regstappe teen die wetsontwerp en ander aksies sal
bespreek.

Die eerste vrugte van hierdie samewerking is reeds sigbaar! Waar die
ANC beplan het om die Wetsontwerp op Onteiening gedurende Julie
vanjaar in die Parlement te laat goedkeur, het die groeiende openbare
weerstand hulle genoop om van die plan af te sien. Die geskeduleerde
debatte oor die wetsontwerp in die parlementêre portefeuljekomitee is
gekanselleer sonder dat enige nuwe datums vasgestel is. Natuurlik kan
die ANC die debat weer skeduleer, maar die feit is dat indien daar nie
wye samewerking vanuit die burgerlike samelewing was nie, ons nou
reeds met ʼn wet op die wetboeke sou gesit het wat die potensiaal inhou
om die Zimbabwe-ellende hier in Suid-Afrika te herhaal. Die kuns is
nou om die druk voort te sit sodat die huidige weergawe van die
Onteieningswetsontwerp permanent van die wetboeke af bly.

Die slotsom is dat samewerking werk. Sonder om beginsels en
standpunte in te boet, kan ons met sukses met mekaar in gemeenskaplike
belang meewerk. Hierdie wenresep bring hoop in omstandighede waar
baie mense uit moedeloosheid tou opgooi en die land verlaat. Kom ons
bly hier en stry saam vir ʼn beter toekoms ... al verskil ons so
gereeld van mekaar.

Helpende Hand vir armblankes

Nog 'n Helpende Hand vir arm wittes
Aug 15 2008 10:26:58:927PM - (SA)


Alet Rademeyer

Niemand weet hoeveel arm wit kinders daar in die sowat duisend
skuilings oor die hele land heen is wat nog nooit in 'n skool was nie.

Dr. Dawie Theron van Solidariteit se Helpende Hand-fonds sê daar is
geen statistieke hieroor beskikbaar nie, maar daar is sonder twyfel
sulke kinders.

Een van die redes dat die kinders nie skoolgaan nie, is dat skuilings
dikwels ver van skole is en daar nie busvervoer is nie. Helpende Hand
probeer vasstel wat die omvang van dié probleem is en watter werkbare
modelle daar is.

Volgens Theron besef min mense steeds wat die omvang van werkloosheid
en armoede onder wit mense is en weet hulle nie dat 16% van Afrikaners
minder as R1 000 per maand verdien nie. Sowat 19% verdien minder as R3
000 per maand en 46% kan nie 'n huis van R220 000 bekostig nie.

"Volgens statistieke is daar sowat 450 000 werklose wit mense, maar
teen die tempo wat dit toeneem, is dit waarskynlik nader aan 'n
miljoen," sê Theron.

Een van die suksesvolle modelle wat sorg dat haweloses se kinders
skoolgaan, is volgens Theron die een van Genadeplaas. Genadeplaas is
'n skuiling sowat 60 km buite Pretoria wat al 21 jaar bestaan. Dit
huisves tans sowat 150 haweloses.

Op die plaas het van die getroude pare klein huisies wat hulle self
gebou het en daar is ook gemeenskaplike sale waar enkellopende mans en
vroue afsonderlik woon. Weekdae woon ouers met hul kinders in die
"dorpshuis" van Genadeplaas in Pretoria-Noord en naweke gaan almal uit
na die plaas.

Mev. Lizette Venter en haar suster me. Trudie Henderson staan aan die
stuur van sake.

Tot in 2005 het van die ouers in die week ook op die plaas gebly toe
daar werkskeppingsprojekte was waaraan almal deelgehad het. Die ouers
het toe beurte gemaak om in die dorpshuis by hul kinders te kom bly.

Nadat die kontrak vir die vervaardiging van elektriese komponente
opgeskort is, het die ouers by hul kinders kom bly "sodat hulle ook
hul eie verantwoordelikheid teenoor hul kinders kon terugvat", het
Venter gesê.

Die kinders in die dorpshuis is nie almal van Genadeplaas nie. Van
hulle is ook deur middel van 'n vriendskaplike ooreenkoms tussen die
Christelike Maatskaplike Raad (CMR) en die huis daar geplaas.

Altesame 55 kinders woon in die dorpshuis. Hulle woon verskeie skole
soos Gerrit Maritz, Pretoria-Noord, Nuwe Wending, Suiderberg, Akasia
en Voortrekker-Eeufees by.

Volgens Venter werk dié model omdat die kinders soos alle ander aan al
die normale skool- en sportaktiwiteite deelneem én boonop presteer.

Drie van die huis se kinders skryf vanjaar matriek.

"Ons bou ons kinders se selfvertroue en moedig hulle aan om hul
skoolloopbane te voltooi."

In die huis is daar streng reëls en dissipline en elkeen wat daar
woon, het spesifieke take. Die kinders gaan ook smiddae na die
Maranatha Bana-naskoolsentrum reg langs die huis. Dit word ook deur
kinders van die omgewing bygewoon.

Mnr. Johan Buitendag, 'n sakeman van Rosslyn, het twee huise langs
mekaar vir dié projek beskikbaar gestel en ondersteun Genadeplaas
geldelik.

Oorsprong:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2376849,00.html

*Colesberg - Persvrystelling*

__________________________________________________

VOORAF:

Nie die NBU of enige van die geaffilieerde Verenigings/ Forums het enige
politieke doelstelling nie en ons beywer onsself om in die belang van
alle gemeenskappe op te tree, dus ons bedryf ook nie ons sake op 'n
rasse basis nie.


AGTERGROND:

Soos dit die geval is op soveel ander dorpe en stede dwars oor die land,
het dienslewering in Colesberg ook byna tot stilstand gekom. Openbare
gebiede het in rommelhope verander, die dorp het by geleentheid vir vyf
dae sonder enige drinkwater gesit, in die tradisionele swart gebiede was
daar gevalle waar rou riool in die strate afgeloop het en die kinders
daar het kaalvoet daardeur geloop. Die begrafplase van die dorp was
totaal met onkruid oorgroei en dit was 'n veiligheidsrisiko om dit te
besoek. Verdermeer was ons strate vol slaggate en geen poging was
aangewend om dit te herstel nie.

Die inwoners het genoeg gehad en 'n petisie was aan die Burgemeester,
me. Lilian Hermans, oorhandig waarin daar geeis is dat al die
voorafgenoemde sake binne drie maande aangespreek moes word. Aanvanklik
het die munisipaliteit hulle nie geerg aan die eise nie.

Nader aan die verstryking van die drie maande het die 2008/09 begroting
ook ter sprake gekom. Buitensporinge verhogings in die nuwe tariewe is
aangekondig. ('n 15% verhoging in alle tariewe). 'n 60% in die salaris
rekening van die Umsobomvu Munisipaliteit was in die vooruitsig gestel.
Dit was vir die inwoners totaal onaanvaarbaar en daar is op 4 Junie 2008
tydens 'n vergadering van die Colesberg Inwoners- en
Belastingbetalersvereniging (CIBBV) eenparig besluit om 'n dispuut te
verklaar.

Die Ouditeur-Generaal se verslag vir die 2006/07-boekjaar het in hierdie
tyd ook bekend geraak. In hierdie verslag is dit uitgewys dat daar op 30
Junie 2007 'n bedrag van R35,9 miljoen verskuldig was aan die
munisipaliteit ten opsigte van oningevorderde dienste geld. Min tot geen
kredietbeheer is toegepas nie. Dit is duidelik dat die kultuur van geen
betaling vir dienste van jare gelede steeds aan die orde van die dag. 'n
Opname is gemaak en daar was gevind dat die wit gemeenskap 98%
betalingrekord het terwyl die bruin gemeenskap 64% betalingsrekord het.
In die swart woonbuurte was die betalingskultuur tot so laag as 43%.
Steeds is elektrisiteitdienste aan hulle gelewer.

DIE DISPUUT

Die Munisipaliteit en die Raad is inkennis gestel dat 'n dispuut
verklaar is. 'n Trustrekening is geopen en die volle diensterekening is
deur deelnemende lede elke maand daarin betaal. Slegs die elektrisiteit
komponent van die rekenings is deur die CIBBV aan die munisipaliteit
oorbetaal terwyl die res van die geld in trust gehou is.

Hierdie reeling was vir die Munisipale Bestuurder, mnr. Amos Mpela,
skynbaar onaanvaarbaar en hy het opdrag gegee dat al die lede se
kragvoorsiening afgeskakel word. Die Munisipaliteit Stelsels Wet, Wet 32
van 2000 in seksie 102(2) verbied die munisipaliteit om so op te tree.
Die Elekrisiteit Voorsienings Wet verbied dit ook. Die CIBBV was toe
genoodsaak om hulle tot die Hof te wend om 'n dringende interdik te
bekom ten einde die Munisipale Bestuurder te verplig om die krag weer te
laat aanskakel. Dit is toe gedoen.

In 'n ander geval het die Munisipale Bestuurder ook opdrag gegee dat 'n
bruin vrou met 'n baba in die huis se kragvoorsiening ook beeindig word.
Hierdie vrou koop haar krag vooraf aan en weereens moes die CIBBV ingryp
en 'n interdik aanvrae om die situasie reg te stel.

Toe al mnr. Mpela se pogings tot niks kom nie het hy die hulp van SANCO
(SA National Civics Organisation) ingeroep om die CIBBV te dwing om die
dispuut te laat vaar. Op >>>>>> sou die Hof die tydelike interdikte
bekragtig het en SANCO het 'n protesoptog na die hofgebou gereel om 'n
versoekskrif aan die Landros te oorhandig. Dit alles om die hof te
intimideer. Die Landros het egter geweier om die dokument in ontvangs te
neem en het die optoggangers weggestuur. Die groep is deur die SAPD
begelei na die swart woonbuurt waar hulle die Polisie onder klippe
gesteek het. Die Polisie was genoodsaak om met rubber koeels die opstand
te onderdruk. Kort na hierdie voorval het die groep in twee verdeel en
mekaar begin aanval. Die groepe het hulle self geidentifiseer as die
Mbeki- en die Zuma-faksies. In die dae wat daarop gevolg het was
verskeie onwettige optogte gehou. Tydens een so 'n optog was 'n
Handelaar se winkelmuur oopgebreek en is die winkel geplunder.

In 'n poging om die wetteloosheid stop te sit het ek as Voorsitter van
die CIBBV alle samesprekings met die Raad en die Munisipaliteit
opgeskort. Ons sou samesprekings m.b.t. die dispuut voortsit sodra wet
en orde weer herstel was. Hierdie stap het die situasie net vereger en
'n noodvergadering is bele waartydens die Noord-Kaapse LUR vir
Veiligheid en Sekriteit persoonlik teenwoordig was.

SANCO was steeds nie tevrede nie en het toe 'n verbruikers boikot op die
dorp ingestel. Alle blanke besighede, of hulle aan die dispuut
deelgeneem het of nie, was geteiken. Inwoners wat inkopies wou gaan doen
het was geintimideer. Sodra hulle 'n winkel verlaat was hulle goedere
afgeneem en vernietig. Inwoners was gedreig dat hulle huise afgebrand
sou word indien hulle inkopies gaan doen en sommiges het selfs
doodsdreigemente ontvang. 'n Vyftal SANCO organiseerders het 'n hele
gemeenskap "gevange" gehou. Meeste van die Predikante van Colesberg het
ingegryp om die situasie te beredder omdat mense besig was om honger te
ly. Hulle kosvoorrade was uitgeput maar dit het SANCO skynbaar nie gepla
nie. Hulle politieke agendas was baie belangriker as die welsyn van die
gemeenskap.

Sakelui het groot verliese gely en sommige winkels was genoodsaak om
hulle deure tydelik te sluit. Op 'n vergadering Van die CIBBV, Dinsdag,
12 Augustus 2008 het die meeste van die CIBBV lede besluit om die
dispuut te laat vaar vir die behoud van die dorp te haar inwoners. Ek
het na afloop van die vergadering as Voorsitter van CIBBV bedank.

Op Donderdag, 14 Augustus 2008 het 'n nuwe organisasie by name die
Forum vir Colesberg Inwoners- en Belasting Betalers (FCIBB) tot stand
gekom. Daar word gevoel dat die oorspronklike doelwit van die dispuut
steeds nog nie te volle aangespreek is nie en dat al die gebeure die
saak sodanig vertroebel het dat fokus verloor is. Die nuut gestigte
Forum sal hulle nou daarop toespits om Colesberg weer in ere te herstel
en te sorg dat dienslewering, wat sedertdien al verbeter het, volhoubaar
voortgesit word. 'n Ander doelwit is om toe te sien dat al die
uitstaande skuld aan die munisipaliteit ingevorder word. As dit gebeur
sal dit nie nodig wees om tariewe so drasties te verhoog nie en sal die
munisipaliteit instaat wees om hulle eie skuld wat dreig om hand uit te
ruk, te betaal. Infrastuktuur kan dan ook verbeter word.

SLOTSOM:

Dienslewering op grondvlak is 'n groot probleem en onbevoegde politieke
aanstellings op die derde vlak van regering gaan nie die situasie
verbeter nie.

SANCO se optredes grens aan kriminaliteit. Instede daarvan om op te tree
in belang van die gemeenskap, word wetteloosheid aangewend om goedkoop
politieke agendas na te jaag. Namate volgende jaar se verkiesing en die
Zuma-verhoor nader kom gaan organisasies soos SANCO die geleentheid
aangryp om verdere anargie na te jaag.

Gemeenskappe sal moet opstaan en self beheer neem van hulle situasies om
te verhoed dat hulle dorpe en stede nie totaal verval nie. Ek doen 'n
beroep op inwoners om betrokke te raak by hulle munisipaliteite se sake.
Die amptenare is immers in die inwoners se diens en nie anders om nie. U
belasting geld betaal betaal die amptenare se salarisse, wat u die
werkgewer maak en nie onderdane nie.

Met al die negatiewe publisiteit rondom die gebeure in Colesberg die
afgelope weke, was daar 'n merkbare afname in toeriste getalle.
Colesberg is uit-en-uit aangewese op toerisme vir ons voortbestaan. Ek
wil die reisende publiek vra om nie Colesberg te vermy nie. Sake is weer
terug na normaal en ons pleit dat Colesberg weer u dorp sal wees as een
van die bestemmings waar u sal aandoen.

Johan Matthee
Voorsitter
Forum vir Colesberg
Inwoners- en Belastingbetalers

Fokus Sondag 17 Augustus 2008

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 16 Augustus 2008 10:33
Subject: FW: Fokus Sondag 17 Augustus 2008

Geagte vriende,

Dit wil lyk asof Maxie ook haar oomblik van "glorie" op die kassie gaan
kry.

Maak 'n punt daarvan om Sondagaand na die FOKUS program te kyk.

Groete

Jaap Kelder

-----Original Message-----

Beste Jaap

Lyk my Ventersburg gaan uiteindelik sy oomblik van roem kry op SABC 2.
Volgens 'n e-pos van Karin Dorville gister word die program oor
Ventersburg hierdie Sondag uitgesaai.

Intussen was Rapport se verslaggewer ook hier gewees en dinge kook in
Matjhabeng. Ons burgermeester hou toe op Vrouedag 'n partytjie wat
tussen R 500 000 en R 600 000 gekos het, maar die munisipaliteit het
nie geld om krediteure te betaal nie. Peyper en Vennote gaan nogsteeds
voort met hulle hofaansoek om die Munisipaliteit onder Administrasie te
plaas. Die ouditeursverslag is verlede week in die Vista gepubliseer en
is skrikwekkend. Nou is die vorige Burgermeester en die huidige een
aanmekaar oor sy beweer dat haar verslag beter lyk as wat syne gelyk
het. Dit is eintlik 'n hele sirkus en die Burgermeester glo nog steeds
sy doen fantastiese werk.

Ons het nogsteeds geen reaksie van die Munisipaliteit gehad ten opsigte
van ons dispuutverklaring nie en gaan dus voort met die
weerhoudingsaksie. Ons lede groei maar stadig aan. Almal neem
aansoekvorms en is vuur en vlam as hulle met jou praat, maar dit is waar
dit eindig. Ons hoop maar dat ons na Sondagaand se program en Rapport
se berig van Sondag meer reaksie sal kry van die gemeenskap.

Groete vir eers


Maxie Badenhorst
Ventersburg Belastingbetalersvereniging

Friday, August 15, 2008

Misdaad en onbevoegdheid van die SAPS

Marlise Erasmus, Gauteng
Woensdagaand 5 Desember 2007 het my gesin deel van ons land se
gruwelike misdaadstatistieke geword.

Drie gewapende aanvallers het my en my man op ons stoep oorval en die
huis binnegedwing.

Ek hoor nog hulle dringende opdrag: "Get down! Get down" en "Quiet!".

Soos diere is ons op hande en knieë die huis in, ek al huilende dat ek
asseblief net my kinders wil sien. Twee keer het ek bly voortkruip na
my kinders toe terwyl die aanvallers my hard op die rug slaan en
vloek.

Ek dank ons Hemelse Vader dat my man doodstil bly lê het, soos hulle
hom aangesê het, anders was hy beslis geskiet. Ten spyte van sy
samewerking is hy herhaaldelik geskop, en sy voortand is uitgeslaan
teen die teëlvloer.

Met twee kinders op die heup is ek deur die huis gesleep en
herhaaldelik met die plathand deur die gesig geslaan. Hierdie
aanvallers oorheers jou totaal met hulle gewelddadige optrede. Hulle
skop, slaan, vloek, hulle maak jou bang en hulle maak jou seer.

Die aanval het gelukkig net sowat 20 minute geduur, maar hulle is nie
uit my huis uit voordat hulle gedreig het om my en my driejarige
dogtertjie te verkrag as ons nie vir hulle vuurwapens gee nie.

Die absolute vrees wat ek toe ervaar het en die beelde wat in my kop
opgekom het, maak my vandag nog naar. My sesjarige seuntjie het
vreeslik gehuil toe "die oom" my juwele van my vingers en arms afpluk,
en hy was geweldig onsteld toe hulle sy plasmaskerm in 'n sportsak
druk.

Nadat die aanvallers alles wat hulle wou buit in ons sportsakke gepak
het, het hulle my en my man vasgebind, en hom soos 'n sak vullis op
die mat in die kinders se kamer neergegooi.

Toe maak hulle al die deure toe en dreig vir oulaas dat hulle ons sal
doodmaak as ons raas. Ons het 'n paar minute gewag voor ons ons
losgesny het, en dadelik paniekknoppies gedruk. Albei ons selfone is
gedurende die aanval gebuit, en ek het ons huiswerker gaan wakker maak
om haar selfoon te leen sodat ons die polisie kon bel.

En hier is ons vir die tweede keer die aand erg getraumatiseer. 10111
neem sowat 5 minute om die foon te antwoord. So kalm as wat ek kan,
verduidelik ek dat ons pas in ons huis aangeval is, en vra dat die
polisie dringend moet uitkom.

Die persoon wat die telefoon antwoord kon nie my straatadres neerskryf
nie, al het ek dit vyf keer gespel.

Radeloos vra ek haar of ek asseblief met 'n afrikaanssprekende kan
praat. Onmiddellik ruk sy haar op vir die "rassis" en beveel my om te
kalmeer, en dan terug te bel.

Twee ure nadat ek die aanval aangemeld het by 10111 daag die spesiale
taakspan teen huisrooftogte by my huis op. Die mense is baie
professioneel, maar bitter teleurgesteld omdat hulle eers vier minute
gelede deur 10111 van die voorval verwittig was.

Twee speurders van die plaaslike polise daag op om ons verklarings af
te neem. Hulle verbied ons om Afrikaans praat, en sit oopmond en
kougom kou by my eetkamertafel. Hulle lig ons dadelik in dat dit "ons
skuld" is dat ons aangeval is, want "everybody knows you cannot sit
outside".
Nadat hulle die verklarings afgeneem het, vra die een speurder vir my:
"do you want us to investigate?".

Ek het byna ontplof. Hierdie kriminele het my huis onwettig
binnegedring, meer as 'n honderduisend rand se goed gesteel, twee
mense aangerand en gedreig dat hulle 'n kind sal verkrag, en die
polisieman wil weet of hy die saak moet ondersoek?

My kinders moes vir speelterapie gaan om die trauma te verwerk van wat
hulle gesien en gehoor het. Hulle raak nogsteeds histeries as die
huisalarm afgaan.

Ek en my man moes ook vir berading gaan. Ons leef steeds in 'n
toestand van totale paniek elke dag. Ons almal kry nog steeds
nagmerries, en vreemdelinge maak my bang.

Hoewel ons, aan SA standaarde gemeet, baie gelukkig was, is wat met
ons gebeur het nie reg nie.

Ongelukkig is almal hier al so ongevoelig oor misdaad dat niemand van
jou trauma wil hoor nie en van jou verwag om jouself reg te ruk. Veel
erger dinge gebeur tog daagliks met ander mense.

http://www.news24.com/Beeld/My_Storie/0,,3-2053_2375938,00.html

Thursday, August 14, 2008

Iets om die lagspiere te prikkel

Om te poep... is nie 'n sonde nie....
deur A G Visser

O, gonna ek hoop dis die einde van die kerk
Ek kan nie meer sit nie my maag wil werk
Die dominee praat lank en die son sit laag
Die vreeslikste pyne kruip rond in my maag

Eers word ek warm, en dan weer koud
Nog nooit in my lewe was ek al so benoud
Dominee, Dominee praat tog klaar
My rug trek krom die gort is gaar


Dit knal en dit kraak en my derms kreun
Toe los ek 'n poep wat die gallery laat dreun
Die mense kyk om en ek bloos my bloedrooi
Die skaamste van almal was Sannie, my nooi.

Die dominee bly stil sy oë omgedop
Die vrou agter my se hoed sit skeef op haar kop
Kort agter die hakke van die stereo klank
Volg die gemeente se reaksie op die vreeslike stank
Party begin te hoes, en ander te proes
Ander weer waai met sakdoeke woes
My oe traan, my kop die sak
Toe kom die vrees dat ek in my broek sal kak

Sowaar as wragtig net die volgende keer
Is dit toe presies wat moes gebeur
Ek dag dis 'n poep want die drukking is kwaai
Te laat besef ek dis 'n ander lawaai

Geskok na die gerommel soos 'n donderstorm
Kom ek agter die poep het 'n knopperige vorm
Die dominee bly stil en gluur my aan
'n ouderling begin woedend sy weg na my baan

Ek spring met mening op om weg te hol
Maar word teruggetrek deur 'n tienpond drol
Die ouderling kom nader sy arms bak
Ek skrik so groot dat ek 'n groter bol kak

My broek is nat en die pype staan wyd
so het ek my laas as kind beskyt
Die ouderling gryp my, ek kan nie beweeg
Toe maak ek vir "spite" die res op hom leeg

Nou is hy woedend en soos 'n bees so sterk
Hy "free wheel" my kop tussen my bene uit die kerk
My sinne word dof van die walglike reuk
Die "cheek" om my kop tussen my bene te steek

My maag is so seer, my bene die knak
Al wat ek voel is die groot bol kak
Die ouderling steun en druk aan die bol
En druk die ding amper terug in my hol

Buite los hy my en storm na binne
Stadig herstel ek van my bedwelmde sinne
Die ding wat my sedertdien nog altyd verstom
Is hoe het ek die Sondag by die huis gekom

Een ding het ek van kerkgang geleer
As jou maag wil werk , sit naby die deur
En as jou derms begin draai en jou poephol blom
Sorg dat jy vinnig by die kakhuis kom.
ooooooooOOOOOOOOOoooooooo

Skuldpartytjie

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 14 Augustus 2008 07:34


Hierdie is spesiaal vir julle kennisname.

Geagte vriende,

Wat baie interessant is dat dit juis die Hennenman inwoners wat 'n tyd
gelede besluit het "om saam met die munisipaliteit te werk" wie
elektrisiteit nou deur Eskom afgesny is. Ek dink daar is 'n les daaruit
te lere veral vir die Colesbergers wat nou ook "saam met die
munsipaliteit wil werk" !


Groete

Jaap Kelder


-----Original Message-----
From: volkereg [mailto:volkereg@telkomsa.net]
Sent: 13 Augustus 2008 11:41 nm
To: Undisclosed-Recipient:;
Subject: Skuldpartytjie

Duur partytjie gehou ondanks skuld
Aug 14 2008 Volksblad
Marisa Phillips


WELKOM. – Me. Mathabo Leeto, uitvoerende burgemeester van die
Matjhabeng-munisipaliteit, het met Vrouedagvieringe 'n partytjie van
sowat 'n halfmiljoen rand gehou, terwyl dié munisipaliteit miljoene
rande se skuldeisers het wat in sy nek blaas.
Die burgemeester se gala-dinee, waar sterre van die SABC-sepie
Generations onder meer opgetree het, het die munisipaliteit tussen R400
000 en R600 000 uit die sak gejaag.
Net die twee musikante wat opgetree het, het glo R80 000 elk gevra.
Sover vasgestel kon word, het die raad nie dié uitgawes goedgekeur nie.
Volksblad verneem dat Leeto deur kollegas gewaarsku is dat dié partytjie
te veel geld kos, maar sy het steeds daarmee voortgegaan.
Die kontrakteurs wat onlangs aangestel is om die rioolprobleme by onder
meer Witpan reg te maak, het glo ophou werk omdat hulle nie betaal is
nie.
In dieselfde week wat Leeto dié buitensporige partytjie gehou het, het
Eskom elektrisiteit na Phomolong (Hennenman) weens wanbetaling
afgeskakel. Dit het onder meer tot gevolg gehad dat die rioolpompe in
die woonbuurt nie kon werk nie. Inwoners kon ook nie hul
diensterekenings betaal nie, want die munisipale kantoor daar was weens
die kragonderbreking gesluit.
Verder skuld die munisipaliteit glo sowat R60 miljoen aan
Sedibeng-water.
Onlangs het dieselfde munisipaliteit meer as R1 miljoen aan
Vryheidsdagvieringe uitgegee.
Mnr. Kgojane Matutle, woordvoerder van die burgemeester, sê hulle is
besig om aan Volksblad se navraag aandag te gee en sal later kommentaar
lewer.

Tuesday, August 12, 2008

Drie senior amptenare geskors weens betrokkenheid by flaminke-veldtog

) jana engelbrechten
hannatjie van der merwe

KIMBERLEY. – Mense het gister ontstoke gereageer op die skorsing van
drie senior amptenare van die Noord-Kaapse departement van ekonomie,
toerisme, omgewing en bewaring.

Mnre. Mark Anderson, ornitoloog, Julius Koen, adjunkdirekteur:
bewaring, en Eric Hermann van wetenskaplike dienste, is Maandag met
volle voordele geskors omdat hulle glo betrokke was of is by die
veldtog vir die red van die flaminke van Kamfersdam net buite
Kimberley.

Al drie het senior aanstellings op assistent-direkteursvlak.

Dié veldtog is nie net oor die beplande residensiële ontwikkeling naby
die kunsmatige broei-eiland van die kleiner flaminksoort van
Kamfersdam nie, maar veral omdat kommer bestaan oor die watergehalte
omdat 'n hoë volume van uiters swak gehalte (rou) riool glo in
Kamfersdam vloei weens die feit dat 'n deel van die
Homevale-rioolaanleg glo nie operasioneel is nie.

Mnr. Mandla Ndzilili, woordvoerder van bogenoemde departement, het
gesê dié drie is geskors nadat die bestuur van die departement hieroor
gepraat het.

Die bewerings oor hul betrokkenheid word in 'n ernstige lig beskou. Hy
kan nie sê wat die bewerings is nie. Daar moet vasgestel word of dit
waar is of nie.

Hy het gesê 'n interne ondersoek sal gehou word waarna besluit sal
word oor verdere optrede of nie.

Hy kon nie sê of nog mense geskors gaan word nie. Dit hang van die
ondersoek af.

Dr. Chris Liebenberg, DA-lid van die Noord-Kaapse wetgewer, het gesê:
"Ons bevraagteken die motiewe vir die skorsing van dié amptenare.
Anderson is sedert 1991 betrokke by die bewaring van die flaminke. Hy
en ander mense het die Red-die-Flaminke-veldtog begin. Hulle het nie
die voorgestelde ontwikkeling in die area bevraagteken nie, maar hulle
het die gehalte van die water van die dam bevraagteken.

"Net so oor die 9 000 kuikens het onlangs uitgebroei en dit sal 'n
misdaad wees om toe te sien dat hierdie kuikens weens die gehalte van
die water doodgaan."

Liebenberg het gevra of die skorsing 'n politieke oorsprong het en
hoekom. Watter beloftes is deur politieke leiers aan die ontwikkelaars
gemaak?

Hy het gesê Anderson gaan na verneem word binnekort die pos as
uitvoerende direkteur by Birdlife South Africa aanvaar. Dit was voor
sy skorsing aan sy hoofde bekend. So hoekom die skorsing?

Mej. Dorothy-Anne Howitson van Kimberley het gister in 'n brief aan
Volksblad gesê dié drie het uit hul pad gegaan om die natuur te
beskerm. Hulle het 'n studie van die flaminke-projek gemaak en nou hou
wetenskaplikes van oor die wêreld heen die flaminke dop.

Sy het gesê dit is skokkend dat 'n "polisie-inspekteur na bewering
onder die invloed van alkohol kan bestuur saam met 'n halfkaal vrou in
sy motor", maar aanhou werk, terwyl dié mans geskors is.

"Daar is soveel ander probleme. Die rioolstelsel in die stad wat nie
werk nie, omdat beamptes eerder in hulle gesellige kantore sit. Die
diens van die departement van gesondheid is net so pateties en niks
word aan personeellede gedoen wat nie hul werk doen nie."

Leipoldt graf geskend

Bo: Die grafsteen van Leipoldt se ma word in veilige bewaring gehou by
De Vlei Diensstasie.

Clanwilliam: Grafskenders het Sondagnag 'n graf in die Blomkerkie op
Clanwilliam beskadig. Die geskiedkundige kerkie met grafte wat
honderde jare oud is, word elke jaar gebruik vir die jaarlikse
Blommeskou in Augustus en September. Mnr Flip Lochner het
Maandagoggend op die vernielde graf afgekom en die speurtak gekontak.
'n Kerkgroep wat die kerkie Sondagaande huur vir hul eredienste het
vermoedelik vergeet om die hekke te sluit, wat die plundelaars toegang
tot die kerkgronde gegee het.
Die vermoede bestaan dus dat die plunderaars Sondagnag probeer het om
die koperengel van die graf te steel wat hul dan as skrootmateriaal
kon verkoop. Volgens speurkonstabel Koopman, is daar heelwat spore,
maar dit is nie duidelik genoeg om te lig nie. Aangesien die beeld te
swaar is vir een persoon om te dra, bestaan die vermoede dat meer as
een persoon betrokke was by die voorval. Die engel is vanuit die
omheinde graf van die sement voetstuk gelig en langs die graf
neergegooi. Dit wil voorkom asof die diewe probeer het om die engel
van die marmerblad, waarmee dit aan die voetstuk vas was, los te kry,
maar nie daarin kon slaag nie.
Die oorledene wie se graf dit is, is ene me AMC Leipoldt, gebore
Esselen, die moeder van die bekende digter en koskenner, C Louis
Leipoldt. Sy is op 29 Maart 1848 in Worcester gebore en op 24 November
1903 op die ouderdom van 55 jaar op Clanwilliam oorlede. Die grafsteen
is vanaf Hamburg in Duitsland ingevoer en blykbaar deur die "zuster
der Gemeente" geskenk.
Die engel is van koperdop gemaak en word aanmekaar gehou met
staalpenne. Een van die arms is moontlik met die val gebreek en die
ander arms is gebuig.
By nadere ondersoek kan duidelik gesien word dat daar aan die engel se
kleed gepeuter is, vermoedelik om dit te probeer oplig vanaf die
marmerblad waarop dit gemonteer is.
Die polisie waarsku alle inwoners dat koper, staal- en aluminiumdiewe
werksaam is in die omgewing en vra dat inwoners losstaande items soos
tuinmeubels, kruiwaens en ander metaal voorwerpe moet beveilig. Daar
was reeds 'n inbraak by Clanwilliam Sekondêr waar heelwat koperpype,
krane en toiletparte gesteel is. Baie stories oor mense wat reeds
skade gehad het, is nou op almal se lippe. Mense breek in om die
metale te bekom sodat hul dit aan die skroothandelaars kan verkoop.
Koopman sê dis 'n baie winsgewende manier van handeldryf, maar niemand
het nog 'n geldige lisensie hiervoor nie.

Indien enige iemand kennis dra van die voorval Sondagaand of -nag of
iets verdags opgemerk het by die kerkie, kontak asseblief vir Koopman
by 027 482 2465. Inligting sal as vertroulik behandel word. Die
speurdiens verwelkom enige inligting wat kan lei tot die
inhegtenisname van persone wat onwettige handeldryf in die aankoop van
skrootmateriaal.

PTA BBV

Vir 'n stad van die grootte van Pretoria sou dit juis sin maak om
verskillende belasting betalers verenigings te hê. Die probleme in
Centurion is nie noodwendig dieselfde as die probleme in Danville of
Lynnwood nie.

Durban, wat sopas 'n dispuut met hulle munisipaliteit verklaar het het
nie minder as 33 belasting betalers verenigings nie. 28 van hulle het
nou die "Combined Rate Payers Association " gestig en gesamentlik 'n
dispuut teen die munsipaliteit verklaar. Dit maak vir my heeltemal sin.

Ek sal Woensdag aand by die vergadering in die Moot wees. Die
vergadering begin 18.30 en word gehou in die kerksaal te Louis Trichardt
straat 624 op die hoek van 13e Laan. Ek het met ds. Muller Pretorius
bevestig dat almal welkom is. Die vergadering behoort nie langer as 'n
halfuur te duur nie.

Groete

Jaap Kelder

Monday, August 11, 2008

Minki weier om te emmigreer

Minki van der Westhuizen, 'n familielid van die vermoorde egpaar, en
haar man, Constant Visser, by die gedenkdiens in Kleinmond. (Foto:
Nasief Manie)

09/08/2008 20:56 - (SA)

Julian Jansen

Kleinmond

Sy is woedend, want dit was geliefde familie wat sy aan die dood moes
afstaan, maar Minki van der West-huizen, model en TV-aanbieder, sê sy
weier om uit die land pad te gee.

'n Hartseer, maar dapper Van der Westhuizen het gisteroggend in
Kleinmond die gedenkdiens van haar oom Schalk (73) en tannie Marie
(73) van der Westhuizen bygewoon. Die bejaarde egpaar is Maandag wreed
in dié Overbergse kusdorpie vermoor.

"Ek weier om uit ons land pad te gee, die misdadigers moet.
Suid-Afrika is 'n stunning land en ek is woedend dat wonderlike mense
soos oom Schalk en tannie Marie aan sulke boewery blootgestel moes
word."

Hul lyke is Maandagoggend deur hul buurman, mnr. George Sutter, gevind
toe hy wou gaan vasstel hoekom 'n telefoonoproep van hul dogter van
Namibië, mev. Elsabé Strauss, nie beantwoord word nie.

Hy het haar pa se bebloede lyk in die spens aangetref en sy vrou, wat
die vorige dag haar 73ste verjaardag gevier het, bebloed onder 'n
duvet gevind.

Die polisie vermoed die egpaar is Sondagaand al vermoor.

Hul lyke is erg vermink.

Enkele huishoudelike artikels word vermis.

Bronne na aan die ondersoek meen die moordenaar(s) was erg onder die
invloed van dwelms.

Enkele sigaretstompies is ook in die huis gevind.

Schalk van der Westhuizen het Marie in Kitwe, Zambië (haar
geboorteland), ontmoet en later 'n motorhawe in Riebeek-Kasteel in die
Swartland bedryf. In 1962 het hy as elektrisiën en sy as boekhouer op
die plaas Die Eike in die Ceresvallei gewerk.

Volgens hul predidant, ds. Schalk van Wyk, het die moord op die
egpaar, wat in 1995 hier afgetree het, dié rustige kusdorpie geruk,
want hulle was allerweë bekend as twee van die sagste en nederigste
mense.

Sutter, 'n afgetrede polisieman, sê die moordtoneel het hom "'n helse
skok gegee. Ek is 'n hartlyer en moes doktersbehandeling kry."

Sedert vroegdag gister het die gemeenskap ruikers by die egpaar se
beskeie huis, Negende Laan 51, neergesit.

Mev. Van der Westhuizen was betrokke by gemeente- en welsynswerk. Haar
man het houtspeelgoed gemaak.

Hulle word oorleef deur dr. Herman van der Westhuizen (53) van Rosh
Pinah (Namibië), mevv. Amanda Ellis (49) van Somerset-Wes, Elsabé
Strauss (43) van Karasburg, Namibië, en Maryna van der Westhuizen (48)
van Durbanville, en elf kleinkinders.

In sy boodskap het ds. Van Wyk gesê: "Die lyn tussen boosheid en
geregtigheid loop nie deur state en politieke partye nie, dit loop
deur die hart.

"Ons moet die boosheid oorwin in harte. Ons moenie wraak soek nie."

Niemand is nog in hegtenis geneem weens die moorde nie.

Oorsprong:Rapport

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2372895,00.html

Sunday, August 10, 2008

Bravolandnuusbrief 2






 

 

Bravonuusbrief 2 

 

8 Augustus 2008

 

 

1. Bravoland besoek Radio Pretoria

2. Drempel

3. Bloeddiens vir Afrikaners

4. Boskroniek

5. Adverteer u onderneming op Bravoland

6. AFRIKAANS: Die taal met 'n verjaarsdag

 

 

 

 RADIO PRETORIA

 

Bravoland is genooi om as gaste in Sakkie v/d Merwe se program besoek af te lê by Radio Pretoria. Dit was vir Ben Geldenhuys en  Jan Beyers 'n groot voorreg om Bravoland amptelik op ons volk se enigste Radiostasie te teenwoordig.

 

Lees verder...

 

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3663.0

 DREMPEL

 

Om in te teken op Drempel, kontak hulle gerus by drempel@telkomsa.net

 

 

 Vir meer inligting gaan na:

 

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3621.0


 

 

BLOEDDIENS VIR AFRIKANERS

 

Geagte Afrikaner-volksgenoot,

Duisende Afrikaners skenk nie meer bloed nie, want hulle weet nie wie voordeel trek wanneer bloed aan pasiënte gegee word nie. Dus is daar 'n reuse-bloedtekort in Suid-Afrika en ons eie mense ly daaronder.

Bravoland beoog met hierdie bloeddiens om 'n databasis saam te stel van mense wat bereid sal wees om bloed te skenk wanneer 'n volksgenoot in u omgewing met dieselfde bloedgroep as u, bloed benodig.


Daarom wil ons 'n lys saamstel van mense wat bereid is om te skenk, in watter area hulle woon, en watter bloedgroep hulle het. Selfs al weet u nie in watter bloedgroep u is nie, kan u steeds u naam op die lys sit.

Kontakbesonderhede is noodsaaklik sodat ons u so gou moontlik kan kontak indien iemand in nood is. Persoonlike besonderhede sal nie aan 'n derde party bekend gemaak word nie en indien u u naam op die lys plaas, sal dit aan niemand anders as die administreerders van die databasis sigbaar wees nie.

 

So verseker ons veilige bloed vir ons eie mense. Baie van ons kan dalk nie 'n finansiële bydrae maak tot ons volk se welstand nie, maar dit keer ons nie om mekaar die grootste geskenk moontlik te gee nie – die lewe.

By voorbaat baie dankie vir u bereidwilligheid.

Vriendelike groete,
Die Bravoland-span

 


 

BOSKRONIEK

 

Radio Pretoria het die wonderlike voorreg geniet om 'n jare lange vriend van die Radio te ontvang in die Magmed-gebou. Die ontvangs van die welbekende dr. Cas Bakkes het nie net plaasgevind uit blote toevalligheid nie.

Dr. Cas Bakkes se nuwe boek Boskroniek is nie net 'n meesterstuk nie, dit is ook feite-gelaai oor gebeure tydens die Bos-oorlog in die tydperk April tot Junie 1977.

Dr. Cas is bekend vir sy deeglikheid in rekordhouding – sy persoonlike dagboek spreek daarvan. Elke insident en gebeurlikheid is noukeurig daarin opgeteken, wat van Boskroniek 'n baie besonderse werk maak.

Die boek is beskikbaar by Radio Pretoria se Woord en Klank-winkel teen R230-00 plus posgeld en sluit BTW in. Die leser word in sowat 300 bladsye meegevoer oor gebeure wat nog nooit voorheen te boek gestel is nie. Foto's en kaarte van die besondere slagvelde is ingesluit by die deeglike beskrywings van die gebeure, wat die leser 'n duidelike beeld bied van hoe alles gebeur het.

Dié werk kan met groot vrymoedigheid aanbeveel word.

 

 

Uittreksel uit Boskroniek

 

Verliese te velde is onvermydelik en dit was vanselfsprekend dat die ouers van die dienspligtiges wie se name die verliese gevul het, sou vra: Waarom is dit net die jonges, op die vooraand van die lewe, wat die hoogste tol betaal? Waar is die ouer manne – die middeljarige offisiere wat die oorlog dryf – die manne verantwoordelik vir die operasionele beplanning en die organisering van die troepe? Sit hulle in veilige agtergebiede in hoofkwartiere ver verwyder van die fronte en slagvelde waarop manne van 20 jaar en jonger die spit afbyt en die bloedprys betaal? 'n Volksmag bestaan immers uit die ganse sprektrum van die fisiek geskiktes tussen 17 en 55 wat 'n wapen kan hanteer.

 

Om hierdie kritiek te beantwoord is diensdoenende offisiere in die Staande Mag, Burgermag en Kommando's gevra om hulle aan te meld en as manskappe operasioneel op die grens soos jong dienspligtiges vir sowat twee maande op 'n keer te gaan aanmeld. Ten minste drie sulke kompanies bestaande uit offisiere wat hulle range neergelê het, is te velde. In hierdie werk vertel 'n 51-jarige kommandant, wat gaan diens doen het as 'n masjiengeweerskutter, sy verhaal.

 

 

 

 

ADVERTEER U ONDERNEMING OP BRAVOLAND 

 

Tydens 'n onlangse onderhoud op Radio Pretoria het Bravoland beloof dat volksgenote wat 'n onderneming bedryf wat van volkseie-arbeid gebruik maak, hulle ondernemings gratis kan adverteer op Bravoland.

 

Vir meer inligting, volg die skakel: http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3673.0

 

 

 

AFRIKAANS: DIE TAAL MET 'N VERJAARSDAG

 

Van al die erkende tale wêreldwyd, tel Afrikaans sekerlik onder die mees unieke. Dit is, indien nie die jongste nie, dan sekerlik een van die jongste amptelike tale op aarde. Dit is ook na my wete die enigste taal wat daarop aanspraak kan maak dat hy oor 'n verjaarsdag beskik. Op Saterdag 14 Augustus 1875 het agt manne  in die huis van Gideon Malherbe in Pastorielaan in die Paarl byeen gekom en die Genootskap van Regte Afrikaners gestig. Hierdie datum word geag die begin van die formalisering van Afrikaans te wees.  Die geboortedag van 'n nuwe taal!   ­ --  JOHAN WILLEMSE

 

Lees meer by:

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=3701.msg47662;topicseen#new

 


                                                     http://www.bravoland.co.za/forum/index.php


Indien u nie die nuusbrief wil ontvang nie - stuur asseblief 'n e-pos aan die volgende adres: staatshoof@bravoland.co.za