Sunday, August 10, 2008

Woes Webblad - Die Skrywers Paradys

MEDIAVERKLARING                                         VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING

WEBBLAD TOON VERBASENDE GROEI

4 Augustus 2008. Die Woes-webblad wat in Februarie 2006 op die been gebring is om as platform vir voornemende skrywers te dien, toon tans verbasende groei. Die webblad is spesifiek in die lewe geroep om as vertoonvenster te dien vir voornemende Afrikaanse skrywers om hulle werk te publiseer.

Tans is daar reeds meer as 21 000 gedigte op die webblad en hierdie kategorie groei met 300 nuwe gedigte per week. Daar is verskeie kategorieë op die webblad wat wissel van gedigte tot kortverhale, nuusbrokkies en vermaak. Die blad bied gratis blootstelling aan enige voornemende skrywer, met die voordeel dat enige persoon wat 'n stuk lees, kommentaar daarop kan lewer. Sodoende kan skrywers uit ander se kommentaar leer en poog om te verbeter. Indien mens 'n lang, hartseer gedig soek , is daar ook 'n uitstekende soek-fasiliteit. Meer as 1 000 kommentare word weekliks op werk ontvang. Daar is tans meer as 2 200 skrywers op die blad geregistreer, en party van hulle se werk is reeds meer as 100 000 keer gelees.

Die Woes-webblad is ook verantwoordelik vir die langste gedig nog ooit in Afrikaans geskryf, naamlik 8 828 woorde. Dié projek is in 2007 van stapel gestuur en is na 15 weke voltooi.

Belangstellendes kan gerus die webblad besoek by www.woes.co.za. Navrae kan gerig word aan Willem Gous by 082 322 0600.

Uitgereik deur:
Willem Gous
Sel: 082 322 0600
Tel: 018 293 2941

No comments: