Sunday, August 3, 2008

Verkeersbeampte takel man glo oor hy 'n foto neem

Mnr. Christo Lotter

02/08/2008 19:38 - (SA)

Gerhard de Bruin

Durban

'n Sakeman van Vereeniging sê 'n provinsiale verkeers-beampte het hom
op die N3 naby Ladysmith aangerand en toe met sy bril en rybewys
weggery.

Mnr. Christo Lotter (39) sê hy en sy vrou, Gerda (38), is Donderdag op
pad na Durban tussen Mooirivier en Ladysmith voorgekeer omdat hy glo
te vinnig gery het.

Die verkeers-beampte was onthuts toe Lotter vir hom sê sy nuwe
viertrek-Mercedes se spoedbeheerstelsel was op 118 km/h ingestel en
aangeskakel.

"Toe wou hy weet hoekom die voertuig nie nommerplate het nie.

"Ek het gesê dit is splinternuut, met wettige tydelike papiernommerplate."

Lotter het vir die man sy tydelike rybewys gegee.

Toe sê die beampte, wat hom nie wou identifiseer nie, hy gaan hom in
elk geval beboet – sonder om 'n rede te verskaf.

Toe Lotter hom met sy selfoon afneem, het die beampte hom glo getakel.

Lotter se bril het geval. Die verkeersman het die bril én Lotter se
rybewys in sy kattebak toegesluit.

Lotter het tot op die pad hardloop en ander motoriste het stilgehou.

Die verkeersbeamptes het hul toerusting inderhaas opgepak en weggejaag.

Lotter sê hy het 'n saak van aanranding aanhangig gemaak.

Oorsprong:Rapport

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2368946,00.html

No comments: