Sunday, August 17, 2008

Anti-blanke uitsprake kommerwekkend

Geskryf deur redakteur

Vrydag, 15 Augustus 2008

Die berigte oor anti-blanke uitsprake wat by die huidige parlementêre
verhore oor die afskaffing van die Skerpioene gemaak word, is uiters
kommerwekkend.

Die doeltreffendste manier om etniese onluste of selfs 'n volksmoord
te ontketen, is vir een groep om 'n ander in die openbaar voor skares
mense te beledig, te beskuldig of uit te kryt. Dit is egter presies
wat besig is om tans by die Skerpioeneverhore te gebeur.

Die Afrikakontinent beskik reeds oor die twyfelagtige onderskeiding
dat hy oor die afgelope twee dekades die meeste volksmoorde en
voorvalle van massageweld voortgebring het. Suid-Afrika beskik boonop
oor die hoogste moordsyfer in Afrika, naas Swaziland, en onwettige
wapens is vrylik in omloop. 'n Lewe is in ons land minder as tien rand
werd.

Om onder sulke omstandighede rassehaat of uitsprake wat daarop neerkom
by byeenkomste toe te laat, is om met vuur te speel. Sonder om
alarmisties te wees, behoort elke Afrikaner die nodige
voorsorgmaatreëls te tref om te sorg dat hy sy gesin en gemeenskap in
die geval van opgesweepte skares wat die vyandelike ras wil gaan
aanval, sal kan verdedig.

Afrikaanse organisasies behoort ook die situasie fyn dop te hou,
aangesien daar toenemende getuienis van rassehaat jeens blankes is.
Internasionale organisasies en buitelandse ambassades behoort ook op
hoogte gehou te word van sulke voorvalle waar rassehaat aangeblaas
word.

Oorsprong:PRAAG

http://praag.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=2594&Itemid=403

No comments: