Saturday, August 9, 2008

sannieshof

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 09 Augustus 2008 01:26 nm
Subject: FW: sannieshof

Geagte vriende,

Op gereelde basis kom daar stories by my uit dat die NBU 'n geheime
agenda het.

Vandag wil ek bieg. Ja, daar is 'n geheime agenda!!

Die agenda is dat inwoners van 'n dorp self na hulle eie belange omsien
!!

Die onderstaande is 'n duidelike bewys dat ons geheime agenda so geheim
is dat die munisipaliteiet nie eers weet hoe suksesvol die agenda is nie
terwyl dit besig is om onder hulle neuse te gebeur.

Groete

Jaap Kelder

-----Original Message-----
From: Carien Visser [mailto:flowers2die4@lantic.net]
Sent: 06 Augustus 2008 07:29
To: jaap kelder
Subject: sannieshof

Liewe Jaap,

Soveel dae soveel dinge! As jy moeg is vir 'n vervelige lewe: verklaar
'n dispuut. Verseker sal jy dan elke dag die vooruitsig hê om alle
emosies te beleef, jou brein optimaal te gebruik - ja ook kreatiewe
denke - en baie mense te ontmoet.

Ons het gister die riool damme gaan behandel. Reg Trewick met sy span
en sy spierwit emmers het klinies gemeng en gemeet. Die trekkers en
suigwaens het om die beurt kom vragte uitlaai. Die werkers sê dat hulle
nou eintlik skoon water wegry nadat ons 2 weke gelede die suigputte
behandel het. Die stank is 90% beter.
Die dam is op die oomblik emerald groen met 'n sliklaag om die kant. Ek
sal binnekort vir julle die fotos in die verskillende fases stuur. Die
water is dik en min beweging van die wind op die water is waarneembaar.
'n Anaerobiese gistings proses is waarneembaar. Die organiese ensieme
BI CHEM GA.300 P. met BioS tm 3112 is gister in booster vorm by die
inlaat van die rioolvloei toegedien en die kante van die dam waar die
sliklaag lê is bespuit daarmee.
Ons sal oor 2 weke resultate goed kan sien. Watermonsters is verlede
week geneem by die uitlaat wat na die rivier afloop. Ons sal dit
vergelyk met die volgendes wat ons na 'n maand eers gaan neem. Die
munisipaliteit se gesondheids inpekteur was saam met my daar. Hy is
geweldig behulpsaam - ook op ander tereine van bestuur en inligting
voorsien.

MAAR: BOORGAT 4 en die nuwe boorgat se pype lek so erg dat die
Hartsrivier, wat slegs in die reenseisoen loop, so in vloed is dat die
bruggie stroom af omtrent 10 km verder nie vir verkeer oop is nie!!
Hierdie mense kan vir Waterwese 'n ding of twee gaan leer. Ek gaan
vandag foto's neem, want jy kan nie glo wat jy sien nie. In die stuk
veld (munisipale gronde) waarin hierdie pompe en pype loop, loop daar
onbekende beeste. Niemand weet aan wie hulle behoort nie. Een van die
mans het aan my gesê, hy is van mening dat die eienaar van die troppie
beeste wat gratis en verniet daar wei, die pype met mening laat lek
sodat daar vars water vir die diere beskikbaar is. Ek het hom gevra om
die skut te kontak aangesien die Munisipale Bestuurder 2 jaar gelede al
op 'n vergadering voorgestel het dat dit gedoen moet word. Dus voer ons
nou net 'n notule besluit uit.

Sal julle laat weet of ons al 'n kanovaart kan hou............. maar die
watervloed loop verby die plek waar die rioolvloed aanskakel in die
rivier.

Verskriklik soet wees die week!
Carin Visser.

No comments: