Wednesday, August 6, 2008

Staat se skuld

Staat se skuld

Aug 05 2008 07:57:09:537PM

Die staat se onwilligheid, laksheid of blote ignorering van geldige
skuldbevele wat in die howe teen staatsdepartemente uitgereik word,
stem 'n mens tot kommer.

Die staat se onwilligheid, laksheid of blote ignorering van geldige
skuldbevele wat in die howe teen staatsdepartemente uitgereik word,
stem 'n mens tot kommer.

Die staat het dekades lank die statutêre beskerming geniet dat die
publiek nie op staatsbates beslag kan lê as 'n skuldbevel nie nagekom
word nie. Dit is dalk waarom die staat so treurig is met betalings.

Gelukkig het die konstitusionele hof nou dié bevoorregte posisie van
die staat as ongrondwetlik geskrap. Die regters was so ontsteld oor
die baie uitstaande skuldbevele dat hulle opdrag gegee het dat 'n
volledige lys van betalings wat nog nie gedoen is nie, aan die hof
voorgelê moet word.

Uit dié lys blyk dit dat van die betalings al sedert 2003 agterstallig
is. Die mees kommerwekkende is egter dat in die meerderheid gevalle
waar redes verstrek moet word waarom betaling nie gedoen is nie, daar
bloot ingevul is: "Geen redes verstrek nie." Dit lyk of daar 'n
minagtende houding teenoor hofbevele is.

Dié situasie is onhoudbaar. Dit is 'n skande dat staatsdepartemente
wat hoog opgee oor die onafhanklikheid van die howe daardie selfde
howe so minag – om van die probleme wat vir die publiek geskep word,
nie te praat nie.

Hopelik gaan die konstitusionele hof nou 'n bevel maak dat al die
uitstaande betalings voor 'n bepaalde datum gemaak móét word. En die
waarskuwing dat nalatige amptenare voortaan aan tugondersoeke
onderwerp gaan word, moenie net mooi woorde bly nie.

Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Hoofartikels/0,,3-2085-65_2370398,00.html

No comments: