Thursday, August 14, 2008

Skuldpartytjie

From: Jaap Kelder [mailto:jaap@zanli.co.za]
Sent: 14 Augustus 2008 07:34


Hierdie is spesiaal vir julle kennisname.

Geagte vriende,

Wat baie interessant is dat dit juis die Hennenman inwoners wat 'n tyd
gelede besluit het "om saam met die munisipaliteit te werk" wie
elektrisiteit nou deur Eskom afgesny is. Ek dink daar is 'n les daaruit
te lere veral vir die Colesbergers wat nou ook "saam met die
munsipaliteit wil werk" !


Groete

Jaap Kelder


-----Original Message-----
From: volkereg [mailto:volkereg@telkomsa.net]
Sent: 13 Augustus 2008 11:41 nm
To: Undisclosed-Recipient:;
Subject: Skuldpartytjie

Duur partytjie gehou ondanks skuld
Aug 14 2008 Volksblad
Marisa Phillips


WELKOM. – Me. Mathabo Leeto, uitvoerende burgemeester van die
Matjhabeng-munisipaliteit, het met Vrouedagvieringe 'n partytjie van
sowat 'n halfmiljoen rand gehou, terwyl dié munisipaliteit miljoene
rande se skuldeisers het wat in sy nek blaas.
Die burgemeester se gala-dinee, waar sterre van die SABC-sepie
Generations onder meer opgetree het, het die munisipaliteit tussen R400
000 en R600 000 uit die sak gejaag.
Net die twee musikante wat opgetree het, het glo R80 000 elk gevra.
Sover vasgestel kon word, het die raad nie dié uitgawes goedgekeur nie.
Volksblad verneem dat Leeto deur kollegas gewaarsku is dat dié partytjie
te veel geld kos, maar sy het steeds daarmee voortgegaan.
Die kontrakteurs wat onlangs aangestel is om die rioolprobleme by onder
meer Witpan reg te maak, het glo ophou werk omdat hulle nie betaal is
nie.
In dieselfde week wat Leeto dié buitensporige partytjie gehou het, het
Eskom elektrisiteit na Phomolong (Hennenman) weens wanbetaling
afgeskakel. Dit het onder meer tot gevolg gehad dat die rioolpompe in
die woonbuurt nie kon werk nie. Inwoners kon ook nie hul
diensterekenings betaal nie, want die munisipale kantoor daar was weens
die kragonderbreking gesluit.
Verder skuld die munisipaliteit glo sowat R60 miljoen aan
Sedibeng-water.
Onlangs het dieselfde munisipaliteit meer as R1 miljoen aan
Vryheidsdagvieringe uitgegee.
Mnr. Kgojane Matutle, woordvoerder van die burgemeester, sê hulle is
besig om aan Volksblad se navraag aandag te gee en sal later kommentaar
lewer.

No comments: