Tuesday, August 5, 2008

sonder kroon

Geagte vriende,

Na aanleiding van onderstaande lyk dit asof Sannieshof die stryd teen
riool begin wen.

Groete

Jaap Kelder

-----Original Message-----
From: Carien Visser [mailto:flowers2die4@lantic.net]
Sent: 03 Augustus 2008 07:30
To: GERRIT
Cc: jaap kelder; reghaz@telkomsa.net
Subject: sonder kroon

More Gerrit,

Ek het nie geweet jy het 'n naamgenoot wat met dieselfde woelinge en
frustrasies as jy doe stryd voer nie.
Moenie bekommerd wees nie, ek het die berig op die web blad van nubuntu
gekry en gelees. Die skrywe van die berig was so dof en as ek dit
vergroot het, het dit al meer onduideliker geword. Ek wou net die berig
kon lees.
Reg Trewick van LDL ENTERPRISES is die 78 jarige jongman wat nie tyd het
vir aftree nie, hy sal dit oor 12 jaar doen.
Jy kan hom kontak by 018 788 5632 en faks by 018 788 5369 en selfoon 083
771 1606. Sy e-mail is reghaz@telkomsa.net. Posadres is Bus 293
CARLTONVILLE 2500.
Ek het 'n 14 bladsye inligting stuk van hierdie produk. Jy kan my jou
faksnr stuur dan faks ek dit vir jou.
Ons het 2 weke gelede ons riool putte in die dorp behandel. Ek is toe
weg op die munisipale roadshow saam met Jaap en by my terugkeer het die
riool mos oorgestroom in ons hoofstraat. Ek was so bekommerd dat die
meeste van die water wat weggeloop het en in die sisteem moes beland, 'n
effek sou toon dat dit misluk het.
ek het gisteroggend dokumente by een van die amptenare se huis gaan
aflaai en die suigwa het reg oorkant begin suig. Ons was albei stom van
verbasing - daar was geen stank meer nie en al hoe jy kan weet dat die
honeysucker aan die werk is, is die oorverdowende gedruis van die
vakuumpomp.
Reg kom Dinsdagoggend weer hierheen en dan sal ek eers weer by die
riooldamme uitkom.
Ek sal dan eers kan verslag doen oor hoe die damme lyk. Feit is, nou
kan die riool maar in die Hartsrivier loop, ons doen geen skade aan die
omgewing of aan die water wat verbyvloei nie.
Ek het Reg se skyfies op cd ook gesit, so miskien moet ek die lot maar
vir jou pos?
Hy behandel al 'n paar riool damme, o.a. Vredefort ook.
Die koste was R41 per rioolput van 9000 L water. By julle sal dit seker
net die damme wees wat behandel word. Ek hou die huishoudelike produkte
nou aan wat die aflaat riool pype van elke huis behandel sodat jy nie
met verstoppings gepla is nie en dan help dit om die riool verterings
proses vinniger by die damme te kan behandel. Het by elke huis 'n
papier afgegee dat mense asb nie domestos en jeyes fluid in hul aflate
moet gebruik nie - dit benadeel die standhoudendheid van die produk.
M.a.w. as jy nie die skadelike produkte gebruik nie, sal jou riool put
miskien een keer per jaar benodig om behandel te word.
Ons rekening by hom is so R18000. Aanvanklik het ek gehuiwer en getwyfel
of ek dit moet doen, maar nadat ek weer gehoor het van 'n fout wat met
die uitbetaling van lone gebeur het en 'n straatveër wat R3 800 'n maand
kry, hierdie maand R38 000 gekry het sodat die paysheet gevolglik net
tot een derde kon uitbetaal toe is die geld op, het my twyfel sommer
verdwyn. En veral toe ek gister in die dorp kom en die reuk van riool
hang nie meer in die hoofstraat nie, was ek tevrede met die geld wat ons
gebruik het.
SAAMGEVAT: Probleme met riool kan beslis met hierdie produk opgeklaar
word. Soveel so, dat mens minstens rustiger kan slaap omdat jy nie meer
deel hoef te wees van die vewoesters wat die omgewing rondom jou
vernietig nie. Alle riool probleme kan hierby baat.
Gerrit, nou kan julle besluit om Kroonstad weer te kroon!
Soet wees vandag - dis Sondag!
Carin Visser

No comments: