Saturday, September 13, 2008

Verset teen naamsverandering

Sent: 13 September 2008 11:44

Goeiemore Gertin

Baie dankie vir die ondersteuning uit Nederland!

Hierdie saak is baie ernstig, en hulle wil selfs nou Paul Kruger se
standbeeld op Kerkplein verwyder. Ons vra dringende ondersteuning uit
Nederland. Alle moontlike mense moet betrek word om ons gesamentlike
geskiedenis te bewaar.

More, Sondag begin ons versetplan. 'n Rooi lint sal aan Paul Kruger
gehang word, asook die ander boerehelde wat by hom is. Vandaar sal ons,
en elke dag (hopelik), linte om die 27 straatname wat hul wil verander,
bind. In Pretoria is daar honderde strate sonder name!! Ons eis dat
hulle eerder daardie strate gebruik om hul terroriste se name aan te
koppel.

Hierdie sal ook na die Nederlandse kosulaat, mnr Adollph Vos
(adolph.vos@minbuza.nl) gestuur word. Ek het Adolph drie weke gelede by
die Pretoriaskou ontmoet.

Indien u ons van Nederlandse konsulate, media of bewegings se e-pos
adresse kan voorsien, sal dit opreg waardeer word.

„Groeten uit den Boeren republiek van de Z.A.R"

No comments: