Friday, September 12, 2008

Kulturele diefstal skep teelaarde vir geweld

Uitgereik deur: Johan Willemse
Hoedanigheid: Afrikaner Kultuurleier &
Voorsitter: Pietersburg-Doornkraal Geloftefees
Kontaknommer: 015 297 0946 / 072 197 3134
Onderwerp: Kulturele Diefstal skep
Teelaarde vir Geweld
Embargo: 12 September 2008


Binne die Afrikaner kultuur is die stad Pretoria besonder belangrik.
As kultuursentrum; as opvoedkundige sentrum; as historiese hoofstad;
as simbool van die onafhanklikheid van ons Vaderland; as setel van die
Afrikaner se onafhanklikheidstrewe. Soos Pretoria is die historiese
straatname vir die Afrikaner Kultuurgemeenskap ook van besondere
belang. Dit is van die ankers wat ons bind aan ons verlede, aan die
bodem van ons Vaderland, Suid-Afrika.

Die aanspraak van die Speaker van die Raad, mnr. Dau, dat deur die
naamsverandering hulle 'n nuwe Afrika-hoofstad wil skep wat 'n
gedeelde erfenis, identiteit en toekoms moet weerspieël, is arrogant,
aanmatigend en beledigend. Diegene namens wie Dau praat het geen bloue
duit bygedra tot die beplanning, vestiging en bedryf van die
wêreldstad, Pretoria, nie. Hulle wil nou as parasiete kulturele
diefstal pleeg aangesien hulle vanuit 'n posisie van minderwaardigheid
poog om hulself te regverdig.

Die Afrikanerkultuurgemeenskap is onlosmakend deel van Afrika. Dit is
ons Vaderland, soos ook dié van daardie kultuurgemeenskappe wat deur
die skepper hier geplaas is. Die oorgrote ontwikkeling en opbou van
Suid-Afrika tot 'n wêreldstaat, tot een van die mees ontwikkelde
lande, indien nie die mees ontwikkelde, op die kontinent van Afrika,
kan suiwer voor die deur van die Afrikaner gelê word. Toe Dau en sy
meelopers dit wat opgebou is as terroriste afgebreek het, het
Pretoria en Suid-Afrika desnieteenstaande gegroei tot 'n leidingewende
moondheid. Iets wat nie ontken kan word nie.

Die owerhede wat so minagtend teenoor die Afrikaner optree, wat ons
kulturele erfenis blatant wil steel, moet kennis neem; op een of ander
stadium sal die ballon te styf opgeblaas word en dan bars hy. Geen
regdenkende Afrikanerleier sal geweld goedpraat nie, maar mens kan ook
net die teuels solank intrek. Ek vra dus mooi: Los ons erfenis uit.

No comments: