Thursday, September 11, 2008

Straatnaamverandering 'n daad van aggressie teen minderhede

MEDIAVERKLARING

ONDERWERP : STRAATNAAMVERANDERING 'N
DAAD VAN AGGRESSIE
TEEN
MINDERHEDE
UITGEREIK DEUR : Mnr. Willie Spies
HOEDANIGHEID : VF Plus-voorsitter: Groter
Pretoria area
DATUM : 11 September 2008

"Die aankondiging deur die Tshwane Metroraad in Pretoria dat die raad
beplan om straatname in die middestad te verander, is 'n daad van
aggressie teen die Afrikanergemeenskap van Pretoria."

Dit was die reaksie van die VF Plus se voorsitter in die Groter Pretoria
area, mnr. Willie Spies, nadat die Metroraad volgens berigte vandag
tydens 'n nuuskonferensie van die Metroraad bekend gemaak het dat
straatname soos Kerkstraat en Schoemanstraat deur die raad verander gaan
word. Spies het gesê die beplande verandering van name word telkens deur
die ANC aangekondig wanneer die ANC 'n nuwe krisis rondom dienslewering
in die gesig staar.

"Om minderhede te boelie en niksseggende naamsveranderings in te voer,
is die oudste truuk in die boek van 'n regering wat oor hoegenaamd geen
vindingryke oplossings vir die land se probleme beskik nie. Net soos
Mugabe, noord van die Limpopo, telkens minderhede begin boelie wanneer
hy polities in die moeilikheid beland, doen sy bondgenote, suid van die
Limpopo, dieselfde met Afrikaners en ander minderhede se
kultuurgoedere", het Spies gesê.

Die VF Plus se voorsitter in die Metroraad, Conrad Beyers wat lid is van
die munisipale pleknaamkomitee, het bygevoeg dat die saak nog geensins
op die pleknaamkomitee bespreek is nie. "Dit is tekenend van die
burgemeester se gesindheid van kwade trou dat die stadsraad sy planne
met straatname bekendmaak voordat die munisipale pleknaamkomitee daaroor
geken is", het Beyers gesê.

Willie Spies, LP
Tel: 083-676-0639

of

Conrad Beyers
Tel: 082-213-0585

No comments: