Thursday, September 11, 2008

Helpende Hand Nuusbrief - Augustus 2008

Augustus 2008 / Nuusbrief nr. 16

Daar is ʼn groot behoefte aan nie-bederfbare kos by die
Helpende Hand. Maak jou bydrae en vul ʼn honger magie.
Ons is geseënd met klereskenkings, maar benodig nog baie kos.

________________________________
>
> Ons vier die Afrikaanse Bybel se 75ste verjaardag
>
> Solidariteit Helpende Hand het die 75ste bestaan van die Afrikaanse Bybel op Woensdag 27 Augustus by die Eagle's Nest skuiling gevier.
>
> Helpende Hand, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap, het Bybels aan inwoners van die behoeftige gemeenskap, noord van Pretoria, geskenk. Nagenoeg 30 kinders het elk ʼn Bybel spesifiek vir seuns en dogters ontvang, terwyl volwassenes elkeen ʼn grootdruk Bybel gekry het.
>
> Lindie Strydom, Karen van die televisiesepie Egoli, het die kinders se Bybels oorhandig en ook hulle name vir hulle daarin geskryf... Lees verder.
>
>
>
> Foto's: Daleen de Jager
>
>
>
> Helen Zille ontmoet Helpende Hand
>
> Helen Zille, uitvoerende burgemeester van Kaapstad gaan op 2 September saam met die Helpende Hand vergader om die wantoestande in plakkerskampe in die Kaapstad metro te bespreek en oplossings te vind. Hou die volgende nuusbrief dop vir terugvoering oor die gesprek.
>
>
>
> Bybelgenootskap en Solidariteit Helpende Hand vat hande
>
> Solidariteit Helpende Hand en die Suid-Afrikaanse Bybelgenootskap het besluit om hande te vat om meer mense toe te rus met Bybels. Hulle gaan in die toekoms nog meer Bybels aan behoeftige mense versprei.
>
> "Armes in ons gemeenskap moet ook van geestelike bediening voorsien word. Daar is steeds baie Afrikaanse mense wat nie ʼn Bybel van hul eie besit nie," sê Mariana Kriel van die Solidariteit Helpende Hand.
>
> Die Helpende Hand gaan ook saam met die Bybelgenootskap ʼn draagbare instrument wat die hele nuwe testament met Psalms en Spreke op mikroskyf bevat en wat in alle tale beskikbaar is, versprei. Die doel is dat luistergroepe gestig word wat na die Woord luister en dan oor dit ʼn bybelstudie hou.
>
> Dit gaan gratis aan instansies wat deur die Bybelgenootskap goedgekeur is verskaf word en die Helpende Hand is besig om as so instansie te registreer. Dr Dawie Theron van die Helpende Hand sê dat hierdie hulpmiddel landswyd by verskillende plekke waar ʼn konsentrasie van mense in armoede leef, versprei gaan word om hierdie mense met die Woord toe te rus.
>
>
>
> Helpende Hand vra minister om by Meerhof in te gryp
>
> Die Helpende Hand het op 4 Augustus die minister van onderwys, Naledi Pandor gevra om by die Meerhofskool in Noordwes in te gryp.
>
> Die skool wat opleiding aan sowat 250 gestremde leerders bied, sou moes sluit weens finansiële tekorte. Wanbestuur by die departement van onderwys het daartoe gelei dat die skool se toelae onlangs van R2 300 tot R248 per leerder verminder is. Dit terwyl die subsidie wat voorheen van die provinsiale departement van onderwys ontvang is, reeds onvoldoende was... Lees verder...
>
>
>
> Helpende Hand-studie toon wit armoede neem met 95% toe
>
> Terwyl armoede onder wit mense in Suid-Afrika sedert 1994 tot 2005 met 95% toegeneem het, het werkloosheid onder dié gemeenskappe in dieselfde tydperk met nagenoeg 150% gestyg. Dié krisis is reeds jare lank as polities nie-korrek bestempel, maar dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, meen die tyd het aangebreek om die stilte oor wit armoede te verbreek. Lees verder...
>
>
>
> Projek Winterhoop
>
>
> Foto: Jaco Marais
>
> Dit het baie goed gegaan met Projek Winterhoop in 2008. Ons het R41 980-00 en 1368 komberse ontvang! Verder het ons enigiets van bedsokkies, musse, truie, serpe en meer ontvang.
>
> Mariana Kriel van die Helpende Hand sê dat hulle baie tevrede met die skenkings is en dat die projek duidelik baie groei. "Ons glo volgende jaar sal dit nog beter gaan.''
>
>

________________________________
>
> Laerskool pak saam armoedekrisis aan
>
> Leerlinge van die Laerskool Hennopspark in Pretoria het vandeesmaand besluit om ook hul deel te doen om die toenemende wit armoedekrisis in die land aan te pak. Volgens Romandi Louw (13), voorsitter van die skool se leerlingwelsynskomitee wat gereeld welsynsprojekte aanpak, het leerlinge van dié skool van die haglike omstandighede by ʼn wit plakkerskamp in Krugersdorp te hore gekom en ooreengekom dat hulle ook iets aan die armoede probleem kan doen. Leerlinge het klere, komberse en kos ingesamel en verlede week die skenking by Solidariteit Helpende Hand in Centurion gemaak.
>
>
> Foto: Ilze Nieuwoudt
>
> Die Baptiste kerk van Parys het hulle harte vir die armes oopgemaak en ʼn bakkievrag vol kos vir die Helpende Hand geskenk:
>
>
> Foto's: Daleen de Jager
>
> P van der Walt Boerdery het in Augustus hope aartappels, tamaties en uie vir die Helpende Hand geskenk. Hulle het onderneem om terwyl hulle oes, gereeld groente vir die Helpende Hand te skenk.
>
>
> Foto's: Daleen de Jager
>
> ʼn Donateur het onlangs R 200 000 aan die Helpende Hand geskenk vir beter behuising by een van die skuilings waar die mense tans in tente bly.
>
> Dit is wonderlik om te sien dat daar baie omgeegroepe is wat al meer by die skuilings betrokke raak. Hierdie mense gee dan gereeld van mieliemeel tot klere vir die mense by hierdie skuilings.
>
> Die skenkingskantoor by Solidariteit se Hoofkantoor is baie dankbaar vir al die skenkings wat hulle ontvang en onder die mense versprei. Daar is egter groot nood onder ons mense vir kos en die kantoor benodig nie-bederfbare kos om na al die plakkerskampe te versprei.
>
>

________________________________
>
> Doen nou aansoek vir Helpende Hand-beurslenings
>
> Opskud matrieks en studente! Ja, Helpende Hand besef dat julle nou waarskynlik aan niks anders as die eksamen dink nie, maar dink vooruit. As jy opskud, kan jy nog in aanmerking kom vir ʼn Helpende Hand-beurslening. Helpende Hand het vanjaar reeds beurslenings ter waarde van R1,4 miljoen aan studente toegeken. As jy ʼn deel hiervan wil hê, moet jy jou aansoek voor die einde Oktober vir Hendrik Briel stuur. Stuur sommer vandag nog ʼn e-pos na beurse@solidariteit.co.za en pak jou studies en die toekoms met ʼn Helpende Hand-beurslening aan!
>
> Jy kan ook ons webblad by www.beursweb.co.za besoek vir meer inligting oor beurse wat beskikbaar is.
>
> Helpende Hand Damelin-beurse
>
> Solidariteit Helpende Hand bied ʼn unieke studiegeleentheid vir oud en jonk. Enige persoon kan vir een van die kursusse hieronder inskryf en ʼn volle beurs ontvang om die kursus te voltooi.
>
> Vir meer inligting besoek ons webblad by www.beursweb.co.za.
>
> Wat is ʼn Solidariteit Helpende Hand-Damelin Beurs?
>
> Solidariteit Helpende Hand het ʼn opleidingsvennootskap met Damelin Centurion gesluit. Hierdie vennootskap maak dit moontlik dat ons vir elke student wat inskryf ʼn volle beurs ter waarde van R20 000-00 tot R30 000-00 vir opleiding kan gee!
> Voornemende studente wat vir enige van onderstaande kursusse registreer sal ʼn vol beurs ontvang.
>
> Kursus Kode
>
> Projekbestuur hand PB01
> Sake-administrasie hand BA01
> Kliëntediensondersteuning (Call Centre) hand KD01
> Kliëntediens-operasionele ondersteuning (Call Centre) hand KD02
> Algemene Bestuur hand AB01
> Korttermynversekering hand KV01
> Langtermynversekering hand LV01
> Mediese eise-assessering hand MA01
> Kleinhandelversekering hand KV02
> Finansiële welstandbestuur hand GW01
> Skoonmaak en higiëne hand SH01
>
> Hoe doen ek aansoek?
>
> Al wat jy moet doen, is om een van die bostaande kursusse te kies en die kode en jou naam na 35960 te SMS (byvoorbeeld 'hand PB01 Paul Kruger'). Een van ons agente sal jou dan skakel. Dit is belangrik dat daar ʼn spasie tussen die woord 'hand' en die res van die kode gelos word. ʼn SMS kos R1,50. Vir meer inligting, skakel 0861 25 24 23 en kies opsie 5 vir die Helpende Hand.

________________________________
>
> Los die rassepolitiek as dit by armoede kom - Rapport
> Ek sien hulle elke dag terwyl ek werk toe ry. Hulle staan langs die pad, steek hul hande op as jy verbyry, reg om met die geringste aanduiding in jou kar te spring om enige werk te doen. Sommige het blou oorpakke aan, enkeles het ʼn verfroller om te wys hulle wil werk en kan werk. Jy ry verby, en jy wonder. Hierdie manne het gesinne, kinders vir wie hulle moet sorg. Dit moet hel wees om elke dag saam met (teen?) talle ander te sukkel om ʼn harde dagwerk te kry wat beswaarlik genoeg betaal vir die taxi en ʼn bord kos vir vanaand. Net om more weer die hele proses te herhaal. ʼn Voortdurende stryd om oorlewing... Lees verder
>
> Nog ʼn Helpende Hand vir arm wittes – Naweek Beeld
> Niemand weet hoeveel arm wit kinders daar in die sowat 1 000 skuilings oor die hele land heen is wat nog nooit in ʼn skool was nie. Dr. Dawie Theron van Solidariteit se Helpende Hand-fonds se daar is geen statistieke hieroor beskikbaar nie, maar daar is sonder twyfel sulke kinders. Een van die redes dat die kinders nie skoolgaan nie, is dat skuilings dikwels ver van skole is en daar nie busvervoer is nie. Helpende Hand probeer vasstel wat die omvang van die probleem is en watter werkbare modelle daar is... Lees verder
>
> Die Dameskring maak ʼn verskil – Brits Pos
> As deel van hulle betrokkenheid by die gemeenskap bet die dinamiese dames van die Dameskring Brits, ʼn ruim skenking aan Solidariteit Helpende Hand oorhandig... Lees verder
>
> Opgetel om te kan leef – Beeld
> Armoede onder wit Suid-Afrikansers het die laaste paar jaar drasties toegeneem en duisende bly deesdae in talle skuilings landwyd... Lees verder
>
> Helpende Hand vra hulp – Rustenburg Herald
> Solidariteit Helpende Hand het onlangs in ʼn mediaverklaring gesê dat terwyl daar ʼn geraamde 300 000 leerders met gestremdhede is wat nog nie in sowat 380 Suid-Afrikaanse spesiale skole geakkomodeer is nie, die departement van onderwys se wanbestuur daartoe kan lei dat die Meerhofskool in Noordwes, wat opleiding aan sowat 250 leerders bied, kan sluit... Lees verder

________________________________
>
> Skenk só
>
> Skenkings aan Helpende Hand kan weeksdae tussen 08:00 en 16:30 by Helpende Hand se skenkingskantoor in Centurion afgelewer word. Hier bepaal Helpende Hand waar die onderskeie skenkings die beste aangewend kan word.
>
> Vir nog inligting oor hoe om ʼn skenking te doen, kontak Helpende Hand by skenkings@solidariteit.co.za of skakel 012 644 4426.

Sign out
Sign in

No comments: