Tuesday, September 9, 2008

Gebed van ‘n Republikein

In stille nag ure voor 'n koue vuur,
word die stilte beklem met 'n eensame gluur…
Stil, roerloos glinster die vlamme hul ballade,
hitte wat stroom uit aardse sade.
Alleen, diep bevange in sy eie bepeinsing
begin sy gedagtes, met eer, die vraag te sing…

Wat is nodig, Heer?
Ek sal alles gee, en as U dit verlang, meer…
Wat is nodig Heer, vir vryheid?
Waar moet ek soek: noord, suid?
Moet ek by U kom skuil,
of is ek Heer… voor U te vuil?
Dan Heer, dit is tyd, reinig my!
Maak U volk skoon, maak my vry!
Skei pienk en rooi bloed, Heer
want rooi bloed sal vloei tot U eer!
Ek is gereed: vir U volk, sal ek sterf!
Gebruik dit, Heer… om U volk te kerf!
Groot en almagtige God aan U al die eer
U is my God en U volk se reddende Heer!

Skielik word die nagtelike stilte verbreek.
Die Republikein verlang om met jóú te spreek…
Is jy gereed om vir jou volk te sterf?
Het jy wat my vriend is genoeg geswerf,
en sonder om dit te beplan… ons kreet:
Volkgenood: Is jy gereed?

Derick le Roux

No comments: