Thursday, September 18, 2008

Bejaarde Vrou ernstig aangerand met hammer

'n Bejaarde Vrou (78) , Mev Marie Claassen van Kromdraai , buite
Muldersdrift is baie ernstig aangerand met 'n hammer deur 'n swart man
wat 'n beleklava en handskoene dra.


So sluip die realiteite van die NSA (Nuwe Suid Afrika) van agter die
skerms tot op menig van ons se voorstoep.

Sondag aand 7 September 2008 om ongeveer 9-uur in die Muldersdrif
omgewing op die plaas Kromdraai:

'n 78 jarige vrou word deur 'n swarte met handskoene en 'n bellaklawa
in haar huis aangeval. Sy is met 'n hammer op die kop geslaan en een
van die houe het meer as 3cm deur die skedel gedring.

Familie lede het ook verneem dat sy verkrag is.

Sy leef nog en word behandel in 'n hospitaal.

Meer besonderhede hieroor in die aangehegde opname van vanmiddag se
volksmikrofoon op Radio Pretoria.

Onderhoud met Mnr. Armand Claassen , Mev. Marie se seun , op Radio
Pretoria : Volksmikrofoon.
VolksMikrofoon: "Bly sy alleen daar ?"
Armand: "Sy bly alleen daar , my pa is 14 jaar terug oorlede ; my
suster so 7 jaar terug. Ons het al probeer om haar daar weg te kry ,
maar sy wou nie skuif nie omdat sy al 40 jaar daar bly. Ook het ons
goeie sekuriteit gehad."
VM: "Wat het gebeur ?"
Armand: "Dit was Sondagaand so nege uur gewees . Sy het 'n klein
hondjie in die huis , diè het geblaf , gewoonlik as dit gebeur wil die
hond uitgaan . Toe sy die deur oopmaak het 'n swart man met beleklava
haar herhaaldelik op die kop geslaan met 'n hammer. Vanaf daar het hy
haar deur die huis gesleep , bloed op die vloer en mure getuig daarvan
, af in die gang tot in die kamer. Hy het geweet daar is 'n kluis. "
VM: "Was sy by haar bewussyn ?"
Armand: "Sy sê so ja , sy was aan en af. Hy het haar toe in die kamer
nog 'n paar keer geslaan met die hammer. Hy het toe die sleutels van
die kluis gekry en dit leeg gemaak. Daar is nog 'n kluis , maar ons
het nie sleutels daarvoor nie . Hy het dit toe probeer oopbreek maar
sonder sukses , hy het toe haar vingers met die hammer geslaan om
reaksie uit haar te kry. Die gesteelde goedere het hy in die voertuig
gelaai , maar het nie ver gevorder nie , die voertuig het net buite
die motorhuis gestop as gevolg van die voertuig se Anti-Hijack
toestel. Toe het hy van die gesteelde goed gevat wat hy kan dra en is
weg daarmee. "
VM: "Wat het hy gesteel ?"
Armand: "Twee wapens wat in die kluis was ; en meestal juweliersware
en haar bankkaarte . Hy het die kodenommers neergeskryf en het die
volgende oggend paar duisend rand getrek . Die rekeninge is gestop
intussen. "
VM: " Hoe het jou ma hulp gekry , wanneer het hulp opgedaag ?"
Armand: "Die volgende oggend eers. Die plaaswerker het my omtrent
08h30 geskakel en gesê die hek word nie oopgemaak nie. Ek het toe
deurgejaag soontoe , en op aankoms het ek haar in die huis gekry . Sy
was toe al 12 ure alleen en in pyn en skok. "
VM: " Wat 'n skokkende ervaring moes dit nie vir jou gewees het nie ?"
Armand: "Sy is klein en oud (78) , ek kan net nie glo hoe 'n mens dit
aan 'n ander mens kan doen nie . Daar is geen punt daaraan nie - hy
het in elk geval gekry wat hy wou hê. "
VM: " Ek kan dit net nie glo nie , met 'n hammer oor die kop ! Is sy
ernstig beseer ?"
Armand: "Sy is redelik ernstig beseer , sy is in intensiewe sorg in
die hospitaal. Drie houe op die kant van die kop het die skedel
gekraak , maar die hou bo-op die kop het dwarsdeur die skedelbeen
gebreek , die stuk been wat gebreek is druk op die brein , dit sal met
'n operasie verwyder word. Dit laat mens dink die persoon het geslaan
om haar dood te slaan. "
VM: " Wat sê die dokters , wat is haar kanse op oorlewing ?"
Armand: " Die dokters sê dit is redelik goed . Die een kant van haar
liggaam is verlam wat veroorsaak word deur drukking op die brein van
die gebreekte skedelbeen."
VM: "Was dit net een persoon ?"
Armand: "Dit is definitief net een persoon. Die spore buite die huis
dui daarop ook sê sy dit is net een persoon. Hy het 'n gat onder deur
die elektriese heining gegrawe . Die goed wat hy gesteel het is ook
wat net een persoon kan dra."
VM: "Hy het natuurlik net gewag dat sy die deur moet oopmaak ? "
Armand: "Ja , ons het gekyk . Hy het probeer om by die staalhekke in
te breek , maar sonder sukses. Sy het seker T.V gekyk en dit nie
gehoor nie , maar die hondjie het seker omdat dit so geblaf het . Sy
het gedink die hond blaf omdat hy wou uitgaan . "
VM: "Gaan jou ma terug plaas toe ?"
Armand: "Beslis nie , sy sal by ons bly. "

No comments: