Volksgenote,
Na die sukses van die Kultuurdag wat gehou is op die 31ste Mei 2008 by die Paardekraal monument, het ons geen ander keuse gehad as om weer 'n feesdag te reel nie. Die volgende feesdag is dan ook op die 11 Oktober 2008 - Heldedag. Daar is ook besluit om hierdie feesdag groter en beter as die die vorige geleentheid te maak.
Die program vir die dag is as volg:
10h00 Opening & Verwelkoming
10h15 Vlaghysing
10h25 CVO Brandwag – Die Stem
10h30 Henk v/d Graaf Toespraak
10h45 Paul Kruger Toespraak
11h00 Eclips
12h00 Handhawerjeug
13h00 Volkspele
14h00 Coreen (Bloedriver-lied)
15h00 Penkoppe (Boere-orkes)
16h00 Program sluit
Geen volksfees sal volledig wees sonder dat daar nie ook heelwat te ete is nie en die plaaslike kerke sal 'n verskeidenheid kosstelletjies aanbied. Dan is ons bevoorreg om nie minder nie as drie outeurs teenwoordig te he; Dr Cas Bakkes (Boskroniek) Prof Kobus Pienaar (Waarheid en Wysheid) en Dolf Buitendach (Simantiese bedrog). Van die ander aktiwiteite sluit in skyfskiet en perderitte. Daar sal ook 'n konsentrasiekamp-foto uitstalling wees, komplimente van Kraal uitgewers.
Ons volk het reuse morele helde opgelewer, dit is ons plig om hulle te onthou.
Vriendelike groete,
Ben Geldenhuys
No comments:
Post a Comment