Friday, September 12, 2008

Verset teen kwaadwillige vernietiging van ons Geskiedenis

Uit protes teen kwaadwillige vernietiging van ons geskiedenis in die
vorm van naamsverandering, is dit tyd vir aksie!!

ALLE STRAATNAME WAT HULLE WIL VERANDER MOET 'N ROOI LINT KRY !!!!


Kom ONS maak 'n verskil. ELKE persoon neem EEN LINT en gaan bind dit
om ons straatname. Hierdie aanslag om ons te vernietig moet nie net so
aanvaar word nie!!!

Pretoriusstraat:

Genoem na Marthinus Wessel Pretorius, seun van Andries en president
van die Transvaalse Republiek. Daar is onsekerheid of die straat na
die pa of die seun genoem is.

Schoemanstraat:

Genoem na kmdt.genl. Stephanus Schoeman (1810-1890) wat in die 1860's
as staatspresident waargeneem het.

Van der Waltstraat:

Genoem na Andries Petrus Jacobus van der Walt, een van die eienaars
van die plaas waarop Pretoria ontwikkel is.

Andriesstraat:

Genoem na die boere-generaal A.W.J. Pretorius.

D.F. Malanrylaan:

Genoem na die voormalige premier van die Unie van Suid-Afrika.

Prinsloostraat:

Genoem na Joachim J.P. Prinsloo, wat 'n huis op Kerkplein besit het.

Genl. Louis Botharylaan:

Genoem na genl. Louis Botha, die eerste eerste minister van die Unie
van Suid-Afrika.

Hans Strijdomrylaan:

Genoem na adv. Hans (J.G.) Strijdom, eerste minister van SA van 1954 tot 1958.

Michael Brinkstraat:

Genoem na Michael Brink, stadsraadslid van die Verenigde Party.

Charlesstraat:

Genoem na 'n prokureur, Charles Marais. Hy was die seun van Langpiet
Marais, destydse eienaar van Brooklyn.

Walkerstraat:

Arthur Hamilton Walker was 'n landmeter. Hy het die dorp Pretoria, wat
Andries du Toit oorspronklik uitgelê het, heropgemeet.

Hendrik Verwoerdrylaan:

Genoem na dr. Hendrik Verwoerd, destydse eerste minister en argitek
van apartheid.

Lucas Mangoperylaan:

Oudpres. Lucas Mangope van die destydse tuisland Bophuthatswana.

Leah Mangopehoofweg:

Genoem na Mangope se vrou, Leah.

Schubartstraat:

Die Nederlander Anton Frederik Schubart, staatsekretaris onder
president M.W. Pretorius en later hoof van die Staats-museum.

Esselenstraat:

Ewald Esselen van Duitse afkoms was die Zuid-Afrikaansche Republiek se
staatsekretaris en adviseur.

Kerkstraat:

Verwys na die kerk wat jare gelede op Kerkplein gestaan het.

Duncanstraat:

Genoem na sir Patrick Duncan, eerste goewerneur-generaal van die Unie
van Suid-Afrika.

Beatrixstraat:

Genoem na Beatrix Dory Meintjes. Sy was die oudste dogter van E.P.A.
(Eddy) Meintjes en die kleindogter van Stephanus Jacobus Meintjes,
tweede eienaar van die plaas Arcadia.

Proesstraat:

Genoem na B.C.E. Proes, die eerste staatsprokureur van die destydse ZAR.

Paul Krugerstraat:

Genoem na die oudpresident van die ZAR.

Potgieterstraat:

Genoem na die Voortrekker-leier Hendrik Potgieter.

Vermeulenstraat:

Genoem na die Vermeulen-broers Kootjie en Hendrik, van die eerste
inwoners van Pretoria.

Jacob Maréstraat:

Jacob Philippus Maré het Heidelberg in die Transvaalse volksraad
verteenwoordig en in 1880 het hy lid van die uitvoerende raad van
Transvaal geword.

Skinnerstraat:

Genoem na William Skinner, Pretoria se eerste landdros.

Voortrekkersweg:

Genoem na die Voortrekkers, wat van die Kaap-kolonie na die binneland
getrek het.

Koningin Wilhelmina?rylaan:

Genoem na koningin Wilhelmina Helena Pauline Marie van Nederland.

Zambesirylaan:

Genoem na die Zambesirivier, vierde langste rivier in Afrika.

Mearsstraat:

James E. Mears het die wyk Sunnyside in 1875 uitgemeet. Sy eie huis
het gestaan in die omgewing waar die ou Normaalkollege in Sunnyside
is.

Mitchellstraat:

George Mitchell was betrokke by die uitlê van erwe in Pretoria-Wes.

No comments: