Tuesday, September 2, 2008

22 Ellispark-toeskouers gaan in rassistiese aanvalle sterf

Daar is opnuut 'n storm oor 'n sogenaamde "rassistiese" aanval op
Ellispark die pas afgelope Saterdag. Tydens die vermeende insident het
drie blanke mans glo 'n swart vrou beledig en haar arm agter haar rug
vasgehou. Sover bekend is die vrou nie beseer nie.

Hierdie insident het onafwendbaar internasionaal oplae gemaak, en ons
kan inderdaad vir die volgende paar dae verwag dat al wat 'n linkse,
pienke en liberaal is uit hulle gate gaan kruip, hulle klere gaan
skeur en as op hulle hoofde gaan strooi. Dit is onafwendbaar dat die
term "rassisme" telkens geopper gaan word in 'n orgie van hoogheilige
verontwaardiging.

SARU het reeds die insident veroordeel, en 'n belonging van R10000
uitgevaardig om die vermeende aanvallers op te spoor. Oregan Hoskins,
die hoof van SARU, het 'n verklaring uitgereik wat die insident
betreur.

Ek gun die mense hulle verontwaardiging. Dis 'n baie, baie ernstige
insident, nie waar nie? Die vrou is immers…uhm…beledig. Glo. Maande se
post-traumatiese berading is haar voorland.

Waaroor ek wonder, is wat presies 'n rassistiese aanval is. Was die
vrou aangeval in die sin waaraan mens gewoonlik aan 'n aanval dink,
maw met fisieke geweld? Is sy beseer? Was sy by die distriksgeneesheer
om haar wonde of letsels te laat ondersoek? Was daar enige getuies, of
is dit bloot haar woord teen die vermeende aanvallers s'n? Is dit nie
eerder crimen injuria as iemand verbaal "aangeval" word nie? Was
Reitzhuis insgelyks 'n rassistiese aanval? Is die sogenaamde
slagoffers van Reitzhuis, wat toevallig vrywillig saamgewerk het,
fisies beseer? Dis nie seker dat hetsy die Ellispark- of
Reitzhuis-"aanvalle" met fisieke geweld gepaard gegaan het nie, maar
is 'n gewelddadige aanval oor rasgrense heen per definisie 'n
rassistiese aanval?

As bostaande die geval is, doen ek 'n beroep op SARU om konsekwent te
wees. Want sien, daar was 54000 toeskouers op Ellispark. Van daardie
54000 mense, gaan 22 nie daar wees om volgende jaar se Drienasies te
aanskou nie. Statistieke toon dat hulle gaan dood wees. Vermoor. Deel
van die 20000 jaarlikse moordslagoffers wat jaarliks die ewigheid in
gehelp word deur misdadigers. Die meeste toeskouers op Ellispark was
blank. Die 22 dooies gaan, met 'n groot waarskynlikheid, deur mense
van 'n ander ras vermoor word.

'n Swart vrou is glo beledig. 'n R10000 beloning is uitgevaardig.

Twee-en-twintig blanke toeskouers wat Saterdag op Ellispark was, gaan
hoogs waarskynlik deur mense van ander rasgroepe vermoor word in die
volgende jaar. Gaan Oregan Hoskins en SARU ook so te velde trek teen
hierdie aanvalle? Gaan SARU ook 'n beloning uitvaardig? Gaan ons
daarvan in die internasionale pers lees? Nee. Nie een van ons is so
naïef om dit te glo nie.

Die boodskap is duidelik. Die waardigheid van een swart vrou is meer
werd as die lewens van 22 blankes.

Oorsprong:SAmizdat Blog (deur Anton Barnard)

http://afrikaansegeskrifte.blogspot.com/2008/09/22-ellispark-toeskouers-gaan-in.html

No comments: