Thursday, September 11, 2008

PR: 1 Man, 1,000 gedigte





1 Man, 1,000 gedigte

Een man met 'n duisend emosies, dit klink nie noodwendig waar nie, maar dit is die geval van die skrywer Berg, oftewel Attie van den Berg. Berg het hierdie week sy duisendste gedig gepubliseer en nie aan 'n lewelose gehoor nie: sy werk is al meer as 107, 000 keer gelees.

Van den Berg is 'n sakeman van Kemptonpark waar hy handel dryf in grondverskuiwingsonderdele, asook invoer en uitvoer. Hy het in 1997 in Engels begin skryf, maar daar was geen leserstal nie. Toe ontdek hy Woes.co.za in Augustus 2007 en kry wat hy soek van lesers, nl. terugvoer en kommentaar. Dit was vir hom 'n groot aansporing.

Hy skryf omdat dit 'n uitlaatklep vir emosies en kreatiewe denke is. Vir hom is humor 'n belangrike deel van die lewe.

Berg se werk kan gelees word op Woes.co.za waar hy skep saam met meer as 2 500 ander skrywers.

Vir meer inligting kan Willem Gous van Woes.co.za gekontak word by 082 322 0600 of pers@woes.co.za of Attie van den Berg by 082 651 8404



No comments: