Friday, October 10, 2008

Paul Kruger se standbeeld as President van Suid-Afrika ingehuldig

Op die 9 Oktober 2008 het die Paardekraal Verkenners die standbeeld
van Paul Kruger getooi met 'n ampserp. Daar was bykans 'n honderd
mense teenwoordig by die geleentheid wat insluit lede van Die Brandwag
en lede van die Volkspele. Die Paardekraal Verkenners het dit verlede
jaar ook gedoen en beplan om dit elke jaar met Oom Paul se verjaarsdag
te doen, maar hierdie jaar het dit simbolies ook 'n ander betekenis.

Vir die afgelope 20 jaar reeds gaan Suid-Afrika gebuk onder swak
leierskap, tans met die magstryd wat heers binne die ANC is dit nog
erger, met nie een van die kandidate wat 'n goeie president sal wees
nie.

Daarteenoor was Paul Kruger die grootste staatsman wat hierdie land en
miskien die wereld al ooit gehad het. Sy staatsmanskap word so hoog
geag deur die Paardekraal Verkenners dat hulle glo dat selfs sy
standbeeld 'n beter staatshoof sal wees as die huidige aanspraakmakers
vir die posisie.

Daarom dan ook dat die Paardekraal Verkenners met die ampserp wat
hulle vir die standbeeld op gesit het, die standbeeld in gehuldig as
die president van Suid-Afrika.

Ben Geldenhuys
Voorsitter
Paardekraal Verkenners

No comments: