Thursday, October 9, 2008

Amptelike persverklaring : Verkennerskoor

Na aanleiding van die DA se uitlating op volksmikrofoon van 8 Oktober
2008, dat die jongmanne wat so heerlik gesing het tydens die openbare
verhoor oor die straatnaam verandering lede is van die VF+, die
volgende kommentaar. Die DA het hulleself met die feite misgis. Dit
verbaas egter nie, want hulle misgis hulle gereeld, aangesien hulle,
hulle eie aannames as die waarheid beskou.

Die jongmanne wat so heerlik gesing het, is in werklikheid lede van
die Verkenners koor. Die koor is maar onlangs gestig en gisteraand was
hulle eerste koor oefening. Die koorlede het blykbaar verdwaal na waar
die koor oefening gehou word en het toe hulle verby die saal waar die
publieke vergadering oor naamsveranderings gehou word, al die voertuie
daar gesien en aangeneem dit is waar die koor oefening gehou word.

Die Verkenners koor beskou die oefening wat hulle gekry het as 'n
reuse sukses maar erken dat hulle nog oefening nodig het. Daar is nog
'n paar koor oefeninge vir die maand beplan voor die publieke
opvoering op 20 Oktober 2008 en persone met 'n sterk stem en 'n liefde
vir ons volk se geskiedenis word genooi om saam te kom oefen. Die
oefeninge sal geskied op die volgende datums en plekke:

09 Oktober Centurion Raadskamers , H/v Basden en Rabie strate Tyd: 18h00
Sammy Marks Ouditorium - 1ste vloer , H/v Van der Walt en Vermeulen
strate Tyd: 18h00
13 Oktober Pretoria Noord stadsaal , H/v Emily Hobhouse en Brits Tyd: 19h00

20 Oktober , Opvoering Pretoria Stadsaal , H/v Paul Kruger en Visagie
strate Tyd: 09h00-13h00

No comments: