Wednesday, October 15, 2008

Bravolanders se gedigte - Afrikakind

Afrikakind

Ek drink Savanna
in die bosveld
wyl die Afrikason
op my neerbrand.

Dit roer in my
soos grassaad in die wind,
wuiwend.
Dit roep na my
die visarende kringen
ver bo my op Afrikalugstrome.

My wortels, dit roep my!
Dis diep geplant in Afrikagrond.

Ek Afrikakind
is diep geanker
in Afrika.


deur : Heiletje Olivier. 2007/05/14

No comments: