Thursday, October 23, 2008

Metroraad gebruik Gestapo tipe polisiëring

MEDIA-VERKLARING
deur die Pretoria Verkenners Jeug
uitgereik: 23 Oktber 2008 om 01h45


Die "Tshwane" Metroraad se sogenaamde "publieke deelname" vergadering
van 22 Oktober oor die voorgenome verandering van 27 straatname in
Pretoria, is deur 'n aantal lede van die Pretoria Verkenners Jeug
bygewoon.

Die Verkenners het 'n orde-mosie ingedien dat die verrigtinge
onreëlmatig is aangesien steun vir die behoud van bestaande straatname
by voorbaat geïgnoreer is, en die aanwesiges bloot uitgenooi is om
nuwe straatname voor te lê. Die orde-mosie is blatant van die tafel
gevee en Polisie-betrokkenheid het skerp toegeneem. Oproerige Swartes
het stoele na die Verkenners geslinger, sonder dat die Polisie
tussenbeide getree het.

Een van die Verkenners, Adv. Jan van Zyl, het die situasie probeer
ontlont en is in die proses deur die Polisie aangerand en onregmatig
gearresteer. Ook Mnr. Kallie Kriel van die burgerregte-inisiatief
Afriforum is deur die Polisie aangerand.

Toe die vergadering hervat is, is verskeie Blankes gedreig met arres
indien hulle die saal weer sou betree en die byeenkoms is voortgesit
met oproeriges wat straatnaam-veranderinge steun. Adv. Van Zyl was
eers teen 23h00 ná tussenkoms van sy regspan op borgtog vrygelaat; en
beoog regstappe teen die Polisie.

Mnr. Werner Smook, voorsitter van die Pretoria Verkenners Jeug,
bestempel die vergadering as 'n klug en sê die gebeure is tipies van
'n polisie-staat wat baai in die son van meerderheid-tirannie. Hy sê
die Verkenners verwerp die uitkoms van die sogenaamde "publieke
deelname" vergadering met die minagting wat dit verdien.


Werner Smook
Voors.: Pretoria Verkenners Jeug
Tel. 084 271 4777
Ben Geldenhuys
Tel. 083 309 1300

No comments: