Friday, October 3, 2008

Bylaanval: Tiener dalk verlam

Me. Charmaine Pienaar (18).

Oct 02 2008 09:31:45:340PM - (SA)

Sonja van Buul

Vanderbijlpark. – Die jong vrou wat eergister onder meer 'n
skedelfraktuur opgedoen het nadat 'n rower haar en haar ma wreed
aangeval het, gaan waarskynlik nie weer kan loop nie.

"Ek het gedink dit is 'n nare droom wat nou-nou tot 'n einde gaan kom."

Só het me. Charmaine Pienaar (18) aan haar pa, Danie (44), oor die
bylaanval waarin haar ma, Heila (41), doodgekap is, gesê kort voordat
sy gisteroggend 'n nege uur lange operasie in die Vereeniging
Medi-Clinic ondergaan het.

Die operasie is gedoen om die skade aan haar skedel en senuwees te
herstel. Sy het ook vertel dat sy in dié "nare droom" net haar "mamma
wou beskerm".

Sy het etlike ure hulpeloos by die gesin se skroothandel-onderneming
in Waldrift langs haar vermoorde ma se lyk gelê voordat haar pa en
broer, Frikkie (21), op dié grusame toneel afgekom het.

"Charmaine het tydens die aanval 'n skedelbreuk opgedoen en sy is
verlam in albei haar bene," het mnr. Marius Vosloo van Meyerton, 'n
woordvoerder van die Pienaar-gesin, gesê.

Ondanks die feit dat die gesin nie tot 'n mediese fonds behoort nie,
het hulle besluit dat die ernstig beseerde Charmaine die operasie in
dié private hospitaal moet ondergaan om sodoende die bes moontlike
mediese sorg te verseker.

Volgens Vosloo kon haar dokters die familie voor die operasie geen
waarborge gee dat Charmaine weer sal loop nie.

"Dit is volgens hulle in God se hande," het hy gesê.

Volgens Vosloo is Charmaine se wangbene ook versplinter en haar
kakebeen gebreek.

"Charmaine het kort ná die aanval gesê dat 'n man hulle met 'n byl
aangeval het, maar ek dink eerder dat hy hulle met 'n stuk yster
geslaan het," het Vosloo gister gesê.

"Die man het my ma, volgens Charmaine, belowe om hulle geen leed aan
te doen as hulle hom geld gee nie, maar hy het hulle nogtans
aangeval," het Pienaar jr. gesê.

Beeld-lesers wat die Pienaar-gesin wil help om die mediese onkoste te
dek, kan Vosloo by 083 311 7030 skakel.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2403686,00.html

1 comment:

funloanfirm said...


Good day, Out of my busy schedule just feel like to quickly share this because i know am going to save thousand of lives with this. A lot of persons will agree with me that fake loan lenders is no longer a news to us it has been trending for some months now and i was also victimized when i tried seeking for a loan for the invention of a new patent and invest on stock. After so many failed attempt to get a loan there was one company who proved themselves to be different among the rest, They are trust worthy, straight forward, honest and reliable. I won't say much because as the saying goes "experience is the best teacher", I will candid advice anyone who need a loan of any amount to kindly contact this one and only true lenders MIKE MORRIS LOAN on their email address: (Mikemorrisfinancegroup@gmail.com )