Friday, October 3, 2008

Boeredag by Cullinan

Groot Boeredag by Cullinan

Geskryf deur Henk van de Graaf

Vrydag, 26 September 2008 13:22

Op 3 en 4 Oktober is daar groot woelinge by Cullinan Boere Unie se
saal. Dit is die jaarlikse Landboukorrels Lente Boeredag, wat deur
Radio Pretoria etlike jare gelede begin is, en waarby TLU SA die
laaste paar jaar betrokke is. Dié Boeredag is juis na die terrein van
die Cullinan Boere Unie verskuif, aangesien die terrein wat tot dusver
gebruik is, net buite Kleinfontein, te klein geword het om die groei
en belangstelling te kan akkommodeer. Dit is vanjaar ook die eerste
jaar dat die byeenkoms oor twee dae plaasvind. Die eerste dag is daar
'n uitgebreide program met interessante lesings oor onderwerpe wat
boere kan help met hulle boerdery. Die volledige program word hierby
aangeheg. Mnr. Louis Meintjes, Adjunk-president van TLU SA, sê dat
hierdie Boeredag bedoel is vir die kleiner boere. "Soos Nampo 'n
tipiese geleentheid is vir die 5 000 hektaar-boere, is die
Landboukorrels Boeredag, 'n tipiese geleentheid vir die 30 hektaar
boere." Mnr. Meintjes sê die bedoeling met dié boeredag is ook om die
mense in die stede meer bewus te maak van landbou en waar kos vandaan
kom. "Ons wil in besonder mense uit die dorpe en stede nooi om hierdie
geleentheid by te woon. Daar sal baie diere wees, en veral kinders sal
ook kan leer en sien waar kom byvoorbeeld melk vandaan." Verskeie
bees-, skaap en bokrasse sal by die Boeredag wees, en heelwat
stalletjies sal eet- en drinkgoed, asook landbou en selfs
nie-landbouverwante ware uitstal en te koop aanbied. Ook die media is
uitgenooi om die twee dae by te woon. Daar word voorsiening vir hulle
gemaak. Die program vir die dae lyk soos volg: LANDBOUKORRELS BOEREDAG
03 & 04 Oktober 2008 CULLINAN BOERE-UNIE SAAL Program Vrydag 3 Oktober
2008 08h00 Registrasie 09h00 Opening met skriflesing en gebed 09h15
Verwelkoming: President TLU SA 09h30 Besproeiing: Die volhoubare
benutting van water as hulpbron Mnr Felix Reinders - Direkteur
Besigheidsontwikkeling LNR Landbou Ingenieurswese 10h15 Volhoubare
landbou en minimum grondbewerking. Bewaring van grondstruktuur, en
grond-koolstof, erosie en vogverliesbeheer Mnr Daan Prinsloo - Boer in
Vryheid, Natal 11h00 Volhoubare landbou: Grondlewe en bemesting
Bewaring en opbou van mikrolewe, rol van kompos en optimale aanwending
van kunsmis Mnr Rudie Kuschke - Klein Karoo Saadbemarking 11h45
Volhoubare landbou en groenbemesting Die effek van groenbemesting op
grondstruktuur en grondlewe, Pes en plaagbestryding deur bio-beroking
Jan Meyer - Klein Karoo Saadbemarking 13h00 Ete 14h00 Dieregesondheid:
Kan die natuur vir homself sorg? Seleksie van weerstandbiedende skape
teen haarwurm met FAMACHA Dr Faffa Malan - Intervet 16h00 Algemene
bespreking en nabetragting 16h30 Afsluiting Registrasie koste R250-00
per persoon vir die dag. Elke deelnemer ontvang 'n laserskyf met die
lesings, asook 'n volledige EM-gebruikershandleiding. Kontak Lynette
by 012 804 8031 om u plek te bespreek. Beperkte plekke beskikbaar
Program Saterdag - 4 Oktober 2008 10h00 Bokmelkkaas – Die hantering
van melkbokke, maak van kaas verskillende soorte kaas en
gesondheidsvoordele. Rina Belcher - Belnori 11h00 Lewendige tuine deur
die gebruik van EM Lewe in die grond Louis Meintjes - Voorsitter TLU
SA Sentraal 12h00 Medisinale plante Dr Gerhard Prinsloo - LNR 13h00
Swepe vleg: 'n Praktiese demonstrasie Alwyn Sturgeon 14h00 Maak reg
vir die GROOT Goliat van Gat pampoenwedstryd! Saterdag se aanbiedings
is gratis Padaanwysing na die Landboukorrels Boeredag


http://www.tlu.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=90:groot-boeredag-by-cullinan&catid=36:jongste-nuus

No comments: