Thursday, April 24, 2008

sannieshof

Radio Pretoria oggend kommentaar


NUUSKOMMENTAAR - 23 APRIL 2008


Ons sal hulle almal Sannieshof!
Dit was 'n finansiële joernalis by 'n dagblad wat eerste die term
gebruik het en ons glo dit is een wat ons mense en die regering maar kan
onthou, naamlik, Gesannieshof. Die joernalis het geskryf dat
munisipaliteite maar lig moet loop of hulle gaan almal gesannieshof
word. Natuurlik met verwysing na die inwoners wat op dié dorp onder die
leiding van 'n plaaslike vuurvreter-dame sommer die take van die
dorpsraad oorgeneem het.
Landwyd is plaaslike owerhede nie in staat om basiese dienste op
aanvaarbare vlakke te hou nie, wat onwillekeurig die vraag laat hoe die
land behoorlik bestuur kan word as die mees elementêre funksies nie
behoorlik uitgevoer kan word nie.
Belastingbetalers is lankal keelvol vir die onbeholpenheid van amptenare
wat in poste aangestel is op grond van hul velkleur, terwyl die kundiges
elders 'n heenkome moes vind.
Ons vertrou egter dat die gevoel van moedeloosheid wat oor die meeste
Westerlinge in Suid-Afrika gespoel het, besig is om te wyk as gevolg van
die besef dat hierdie agteruitgang op een of ander wyse gestop moet
word.
Dit het aanleiding gegee tot die stigting van die Nasionale
Belastingbetalersvereniging. Hierdie vereniging het die wetlike aspekte
nagegaan en bevind dat belastingweerhouding wel toelaatbaar is binne die
landswette. Daar is op die oomblik sowat 130 dorpe en stede in die land
besig om in samewerking met die Vereniging die proses te begin om
belasting aan plaaslike owerhede terug te hou en in trust te plaas tot
tyd en wyl plaaslike dienste weer op 'n aanvaarbare standaard is.
Dan is daar is ook die gevalle soos byvoorbeeld op Barkly-West,
Warrenton, Winterton, Swartruggens en Sannieshof waar belastingbetalers
deur middel van hul trust reeds die funksies van die plaaslike owerhede
oorgeneem het.
As 'n klein dorpie soos Sannieshof in Wes-Transvaal die gemors van
lopende riool in die strate kon omkeer en Sannieshof se rioolstelsel
weer terug kon bring na aanvaarbare standaarde, dan is dit sekerlik vir
elke munisipale gebied waar ons volk woonagtig is, moontlik om die
tekortkominge, die laksheid en die onkundigheid van amptenare, om te sit
in doeltreffende handelinge.
Indien volksgenote nou begin om saam te werk en hande te vat met die
Nasionale Belastingbetalersvereniging, kan die noodsaaklike dienste in
elke dorp en stad weer terugkeer na die standaarde waaraan ons almal
gewoond is.
Daar is reeds sowat 15 munisipaliteite wat moes kennis neem dat die
blanke belastingbetalers nie verder gediend is met die patetiese dienste
wat gelewer word nie, en derhalwe 'n dispuut verklaar het. Die dispuut
gee magtiging om belasting te weerhou.
Die tyd het aangebreek dat volksgenote nou mekaar die hand moet reik,
sodat ons belastingbetalers se saamgesnoerde ekonomiese krag aangewend
kan word om ordelikheid te hervestig in elke munisipale gebied van die
land.
Om te sit en toekyk hoe alles rondom ons in duie stort, sal niks goeds
vir enige gemeenskap beteken nie. Wie weet, dalk is dit juis hierdie
eendragtige optrede van ons volk wat daartoe kan lei dat reg en
geregtigheid weer geld, wat ook uiteindelik die eerste tree kan wees na
ons volk se hereniging en sy vryheid.

Tuesday, April 22, 2008

Belastingweerhouding- Vrae en Antwoorde.

Geagte Mnr Kelder

Ek wil hiermee navraag doen aangaande belastingweerhouding soos toegepas
op 'n aantal dorpe in die land. Ek het met die plaaslike voorsitter van
die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging, Mnr Herman Smith, gepraat
en hy het vir my jou adres gegee.
Ek wil graag die volgende vrae rig:
1. Wat presies behels belastingweerhouding? Presies wat dit sê. Jy
weerhou jou betaling aan die munisipaliteit.
2. Wat is die proses wat sodanige weerhouding voorafgaan? Skrywes aan
die munisipaliteit oor alles wat verkeerd is in die dorp en waarvoor
hulle in terme van die wette op munisipale dienste verantwoordelik is.
Veder die inligting en konsultasie prosesse wat in terme van wetgewing
met inwoners en hulle verenigings gevoer moet word.
3. Is dit wettig? 100%. Ons sal hoegenaamd nie enige wet oortree nie.
Die huidige regering het ons geweldige groot gunste bewys deur al die
nuwe wette op die wetboek te plaas . Ons gebruik dit met groot vrug teen
hulle.
4. Wat is die regsimplikasies vir enige persoon wat belasting weerhou?
Geen
5. Hoe suksesvol is dit al toegepas in ons land? Veertien dorpe het al
dispute suksesvol teen hulle munisipaliteite verklaar. Daar is nog 'n
verdere ongeveer 130 dorpe in die proses.
6. Hoe lank is dit volhoubaar? Carnarvon hou hulle gelde al meer as twee
jaar terug. Die munisipaliteit is hardkoppig en wil nie toegee nie en
die inwoners bly net hulle gelde terughou. Sannieshof het hulle gelde
vier maande teruggehou en toe die dienste self begin onderneem.
7. Wat moet belastingbetalers weet indien hulle tot so 'n stap wil
oorgaan? Al die inligting wat benodig word sal deur die NBU voorsien
word.

Baie dankie vir jou tyd en aandag. Welkom Versprei net die boodskap.

Groete

Nic Hoffmann
Verslaggewer, Zoutpansberger koerant in Louis Trichardt.

Monday, April 21, 2008

Virus warning

It is
not a hoax. Its been checked out - (
<http://www.snopes.com/computer/virus/postcard.asp>
http://www.snopes.com/computer/virus/postcard.asp)

PLEASE FORWARD THIS WARNING AMONG FRIENDS, FAMILY AND CONTACTS!

You should be alert during the next few days. Do not open any message
with an attachment entitled 'POSTCARD,' regardless of who sent it to
you. It is a virus which opens A POSTCARD IMAGE, which 'burns' the whole
hard disc C of your computer. This virus will be received from someone
who has your e-mail address in his/her contact list. This is the reason
why you need to send this e-mail to all your contacts. It is better to
receive this message 25 times than to receive the virus and open it.

If you receive a mail called' POSTCARD,' even though sent to you by a
friend, do not open it! Shut down your computer immediately.

This is the worst virus announced by CNN. It has been classified by
Microsoft as the most destructive virus ever. This virus was discovered
by McAfee yesterday, and there is no repair yet for this kind of virus.
This virus simply destroys the Zero Sector of the Hard Disc, where the
vital information is kept.

COPY THIS E-MAIL, AND SEND IT TO YOUR FRIENDS. REMEMBER: IF YOU SEND IT
TO THEM, YOU WILL BENEFIT ALL OF US.

Sunday, April 20, 2008

Kroonstad Vergadering met Sakekamer

Geagte vriende,

Hieronder terugvoering van Kroonstad, dankie Gerrit, met my kommentaar
daarop.

Ek is self 'n sakeman vir meer as veertig jaar. Ek het geen probleem met
sake beginsels nie maar Kroonstad se sakemanne se houding laat my
nekhare regop staan.

Groete
\
jaap Kelder

-----Original Message-----
From: GERRIT
Sent: 17 April 2008 09:59 nm
To: Jaap Kelder; Carien Visser
Subject: Vergadering met Sakekamer

Vergadering met sakemense nie heeltemal na wense nie. Ek het groot
waardering vir puik werk deur hulle, maar hulle tree meer in belang van
die
sake gemeenskap as in belang van die belastingbetalers as geheel op. Ek
het al vantevore op die poslys gesê dat sakemanne se primêre doel is om
hulle besighede te bedryf en wins te maak en die belange van die
inwoners is in baie gevalle van minder belang. Daar is natuurlik
sakemense wat ook 'n baie sterk gemeenskaps verantwoordelikheids gevoel
het en wat die dryfvere agter die belasting betalers verenigings is. Jy
sal daar by julle maar die koring van die kaf moet skei. Hulle het
daarin geslaag om die mun. begroting uit te stel. Natuurlik vir hulle
eie persoonlike gewin. Hulle sê dat die sakesektor 48% van die Mun.
belastings betaal en dit terwyl die dorp in duie stort en die Valsrivier
'n riool sloot is en dat nog 'n vereniging moontlik 'n verdeling van
kragte sal veroorsaak. Solank hulle wins maak moet die res van die
inwoners maar in die gemors lewe ! Daardie houding maak my woedend. Laat
my dink aan Alfred Beit en Julius Wernher, in 1899, wat bereid was om
duisende mense in 'n oorlog te laat omkom en 'n land ten gronde te rig
ter wille van hulle sake belange. Hulle stel nie juis belang om onder
die NBU te wees nie, laat hulle aangaan hoewel een van die ouens gaande
was oor Sannieshof = Carien! Ek het onder die indruk gekom dat hulle
eerder sou verkies dat die publiek (nou dat hulle hulle kostitusie
verander het om enige iemand te akkommodeer) by hulle sou moet aansluit.
Sodat hulle sake nie in gevaar kom nie
My eie oortuiging is egter om voort te gaan met die stigting van 'n
B-vereniging onder die sambreel van die NBU. Dit sal die gemeenskap as
geheel beter dien. Dit is waaroor dit gaan! Nie die belange van 'n paar
selfsugtige indiwidue nie maar die belange van die hele gemeenskap!
Kommentaar asb. In rooi !
Groete, beste wense en voorspoed,
Gerrit (Kroonstad) Moet nog 'n klomp skoolwerk gou doen. Bye.
Stuur gerus hierdie e-pos ook aan jou sake kontakte daar.

Wednesday, April 16, 2008

Pa pak rowers met kaal hande.

Mnr. Jannie Fourie in die Pretoria-Oos-hospitaal. Hy is sewe keer
geskiet. Foto: Cornél van Heerden

7 KOEËLS KEER HOM NIE. Mnr. Jannie Fourie se gesin, vir wie hy byna sy
lewe opgeoffer het: Sy vrou, Bernice, en kinders, Keanan (15 maande,
links) en Brandon (3). Foto: Cornél van Heerden

Apr 15 2008 09:26:56:357PM - (SA)

Virginia Keppler

'n Pa van die Mooikloof-veiligheidskompleks, oos van Pretoria, is
gisteroggend vroeg sewe keer geskiet terwyl hy twee gewapende rowers
met sy kaal hande toegetakel het om hulle van sy seuns se kamers af
weg te hou.

Mnr. Jannie Fourie (39) het, nadat die rowers sy regterhand se
middelvinger afgeskiet én hom in die skouer, knieë, hand en arm gewond
het, in sy een seuntjie, Keanan (1), se slaapkamerdeur neergeval in 'n
laaste poging om hom te beskerm.

"Die een rower wou my daar op die vloer teregstel, maar ek het my
gedraai en toe skiet hy my in die maag," het Fourie gister vanuit sy
bed in die waaksaal van die Pretoria-Oos-hospitaal gesê.

Sy vrou, Bernice (39), het hul ander seun, Brandon (2), probeer
beskerm deur sy kamerdeur toe te druk terwyl die rowers deur die deur
op haar geskiet het.

Een van die rowers het ook by Fourie se skoonma, mev. Hester Kok (68),
se kamer ingegaan en haar probeer oorrompel.

"Maar sy het die een rower met haar bedlampie oor die kop geslaan en
hom uit haar kamer geboender," het Fourie vertel.

Mev. Fourie het vroeër die aand by Brandon gaan inkruip en hom aan die
slaap gesus en toe self daar aan die slaap geraak.

"Ek het wakker geskrik toe ek iets soos 'n sleutel by die gangdeur,
wat die res van die kamers van die huis afskei, gehoor het," het sy
gesê. Dit was omstreeks 02:00.

Sy het 'n kraakgeluid gehoor en opgespring. "Toe ek die kind se
kamerdeur oopmaak, toe staan 'n man voor my en rig 'n wapen op my.
Daar was nog 'n man en hy het begin skreeu. Ek het ook hard begin
skreeu en toe klap ek die deur toe.

"Hulle het die deur probeer oopstoot, maar ek het dit van binne af
toegestoot terwyl ek aanhoudend geskreeu het. Ek het op my hurke gesak
en toe skiet hulle op my deur die kamerdeur."

Sy het 'n vleiswond in haar regterelmboog opgedoen. Toe sy besef die
rowers probeer nie meer die deur oopdruk nie, het sy Brandon gegryp en
in die hangkas weggekruip.

Fourie het opgespring toe hy sy vrou se gille hoor.

"Toe ek in die gang kom, het ek twee silhoeëtte onder in die gang sien
staan en toe klap die eerste skote.

"Toe is ek op die eerste ou en ek het hom aanhou slaan. In 'n stadium
het ek sy rewolwer se loop vasgegryp en probeer keer dat hy my in die
kop skiet en toe skiet hy my regterhand se middelvinger af, maar toe
slaan ek hom steeds.

"Ek dink ek het die eerste ou gedrop. Toe die ander ou in my seun
(Keanan) se kamer wou gaan, toe gryp ek hom en slaan hom."

Fourie sê dié rower het ook met sy wapen op hom losgebrand. In dié
stadium het hulle hom al vier keer raak geskiet. Ek het aanhou baklei,
maar toe skiet hulle my in die knieë en toe val ek in my seun se
kamerdeur."

Die rowers het daarna op die vlug geslaan met net 'n beursie en 'n selfoon.

Kapt. Phillip Lekoantsane, polisiewoordvoerder, het gesê die rowers
het met 'n 9 mm-pistool en 'n rewolwer op die gesin geskiet.

Mnr. Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911-nooddienste, het gesê
hulle het Fourie behandel voordat hulle hom na die hospitaal gebring
het.

Volgens Fourie het hy baie pyn, "maar ek leef darem nog".

Fourie se broer, Anton, sê die rowers het die kombuisdeur en die gang
se deur op 'n manier oopgemaak sonder om dit te breek.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2306496,00.html
For more information visit http://www.dienuwesuidafrika.com

Verkragting van weduwee se lyk ?

Apr 15 2008 09:27:00:640PM - (SA)

Jeanne-Marié Versluis

'n Plaaswerker wat voorheen ter dood veroordeel is, is gister in die
Pretoriase hooggeregshof daaraan skuldig bevind dat hy 'n weduwee (70)
se keel afgesny en seks met haar lyk gehad het.

Amos Maxuring Zulu (57), wat 'n rits vorige veroordelings het, het
gister in sy pleitverduideliking gesê hy het mev. Johanna Maria
Erasmus se keel afgesny en toe met sy dagtake op die plaas
voortgegaan.

Die staat het betoog dit is 'n "miljoendollar-vraag" of Zulu seksuele
omgang met Erasmus gehad het terwyl sy geleef het (verkragting) of met
haar lyk (lykskending).

Die hof het bevind die staat kon nie bo redelike twyfel verkragting
bewys nie en het Zulu aan lykskending skuldig bevind.

Die DNS wat in Erasmus gevind is, stem ooreen met Zulu s'n.

Erasmus het by haar seun, Daan, op die plaas Rietfontein in Welbekend
in die Bronkhorstspruit-distrik gewoon.

Sy was die dag van haar moord alleen in 'n bokstal op die plaas.

Zulu het skuld ontken op die aanklag van verkragting en die
alternatiewe aanklag van lykskending en geen pleitverduideliking
daaroor afgelê nie.

Hy het egter skuld beken op aanklagte van moord en roof met
verswarende omstandighede.

Hy het in sy pleitverduideliking oor dié aanklagte gesê hy het op 12
Februarie 2007 Erasmus "onwettig en doelbewus" vermoor en van haar
Nokia-selfoon beroof.

"Sy het my gevra hoekom ek die bokke so vroeg uitgelaat het."

Hulle het begin stry. "Ek het kwaad geword en die mes uit my sak
gehaal en haar keel afgesny. Ek het haar selfoon gevat en voortgegaan
met my normale dag-tot-dag-pligte.

"Ek het nie 'n wettige verweer nie," het hy gesê.

Die staat het verskeie vorige veroordelings van Zulu aan die hof
voorgehou, soos aanranding, ontvlugting uit aanhouding, diefstal en
verkragting.

Zulu is in 1985 ook aan moord skuldig bevind waarop hy die doodstraf opgelê is.

Nadat hy tien jaar die doodstraf in die tronk afgewag het, is dit
tersyde gestel en is hy vrygelaat.

Kapt. Steven Hermitage, ondersoekbeampte, gaan op 2 Junie ter
strafverswaring getuig wanneer Zulu gevonnis word.

Oorsprong:Beeld

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2306493,00.html
For more information visit http://www.dienuwesuidafrika.com

Tuesday, April 15, 2008

Misdaad ?

Ons lewe in 'n baie vreemde plek, as jy nie elektrisiteit het nie, dan
is dit jou eie skuld omdat jy "glo" elektrisiteit "mors" en nou gaan
dié wat reeds te veel vir elektrisiteit betaal nog beboet word as ons
oor ons "limiet" gaan, as daar slaggate in die pad is, is dit die
blankes se skuld omdat elkeen met sy eie voertuig ry en nie van
openbare vervoer gebruik maak nie.

Nou sien ek, as jy beroof word, is dit ook jou eie skuld omdat daar
goed in jou kar rondlê, of omdat jy goed in jou huis het wat aanloklik
lyk vir ander.

Die misdaadstatistieke het ook gestyf, raai hoekom, want meer mense
meld nou kamma misdaad aan as in die verlede... ???

En as jy nie lus het om die hele berig te lees nie, lees net die
laaste paragraaf. Dis nou voorwaar iets om op trots te wees,
polisiebeamptes moes oortyd werk, en hulle was nie eers dronk nie!
Bravo Kommissaris, klop jouself op die skouer vir daardie prestasie.

O ja, en as jy gefrustreerd is met jou situasie, moet jy 'n kopskuif maak!


[b][color=red]Gemeenskap moet misdaad help bekamp[/color]
'Gefrustreerdes moet kopskuif maak'[/b]
henry cloete

DIE polisie se moreel is nie laag nie, misdaad in Bloemfontein se
sogenaamde [i]hot spots[/i] neem af en die gemeenskap moet wakkerskrik
en nie hul kosbare besittings oop en bloot laat lê nie.

Só het die [b]stasiekommissaris[/b] van die Parkweg-polisiekantoor in
Bloemfontein, [b]komm. Baile Motswenyane[/b], uit haar ruim
tweedevloer-kantoor van dié polisiekantoor gister aan Volksblad gesê.

Sy het saam met supt. Moses Mohloare groter betrokkenheid van die
gemeenskap by die bekamping van misdaad bepleit.

Hulle het die gemeenskap aangemoedig om veral nie [b]"rowers aan te
moedig"[/b] deur motorvensters oop te los en waardevolle goedere te
laat rondlê nie.

"Vals klagte wat ingedien word is ook 'n probleem. Ons het die
afgelope twee weke drie vals klagte van motorkaping gehad wat hier
ingedien is."

Stories van mense wat gefop word om tienduisende rande vir valse
tradisionele dokters te gee, wat kort ná die betaling soos mis voor
die son verdwyn, is ook volop.

"Die misdadigers word ook slimmer en teiken huise waar hulle weet
hulle gaan kry wat hulle wil hê. Daar is ook gevalle waar iemand wat
voorgee om by 'n verkeerslig te staan en bedel, kougom teen iemand se
motor sal plak sodat 'n misdadiger by 'n volgende robot weet dat daar
iets waardevols in die motor is."

[b]Op 'n vraag oor wat hulle sou sê vir lede van die publiek wat
gefrustreerd voel oor polisieoptrede wat soms as onvoldoende en traag
ervaar word, het hulle gesê 'n kopskuif moet gemaak word deur mense
wat frustrasie ervaar. [/b]

"Mense moet geduldig wees en kennis hê oor wat hul naaste
polisiekantoor se telefoonnommers is en ook hoe om 'n misdaadtoneel te
hanteer."

Volgens Mohloare kan die meeste van Parkweg se suksesse, soos die
onlangse aankeer van 18 vermeende Naval Hill-misdadigers, toegeskryf
word aan gemeenskapsbetrokkenheid.

"Ons het ook nou drie nuwe kontakpunte vir die gemeenskap in
Lourierpark en Wilgehof opgemaak. Daar is ook Thabure in die sentrale
sakedistrik."

[b]Die styging in sekere misdaadsyfers is volgens hom te wyte aan die
feit dat die publiek nou meer bereid is om betrokke te raak en klagte
in te dien.[/b] :o [color=red]Belaglik![/color]

Hulle kon nie statistiek voorsien nie, behalwe om te meld dat
huisbrake by woon- en sakepersele geweldig toeneem.

Mohloare meen die moreel binne die polisie is nie laag nie.

"Beamptes word nie sleg betaal nie en glo in wat hulle doen. Met die
Naval Hill-inhegtenisnemings het 'n taakspan vir meer as twee dae in
die nagte op Naval Hill in die bosse geslaap. Mens doen nie dit as jy
ongemotiveerd is nie.

{ En my gunsteling-deel... }

"Ek was ook baie beïndruk met die polisiebeamptes by die onlangse
ANC-jeugligakongres. Hoewel hulle langer moes werk as wat hulle skof
eintlik was, was nie een van hulle dronk die aand nie."

sannieshof - verklaring

Subject: sannieshof - verklaring

Yes Jaap,
Wat sê jy nou?
Weet nie of jy ook moeg gepraat kan raak nie? Ons sal moet aanhou,
miskien nie omdat ons wil nie maar omdat ons moet. Wat het John Vorster
gesê '" the alternative is too ghastly to comtemplate" Maar, mens
waardeer die belangstelling van oral in Suid-Afrika Ek het navrae van
meer as 30dorpe gehad en ek is veral dankbaar dat ek nie alleen hoef te
voel in my besluit dat ek nie loop nie en dat dinge weer hier moet werk
nie. Dat ek genoeg gehad het van alles wat met swak bestuur te doen
het.

Hier by ons op Sannieshof is daar vir die eerste keer 'n roering van die
Munisipaliteit af. Eerstens het die man wat een van die suigwaens se
vakuumpompe herstel het, my vanmore geskakel en in kennis gestel dat
Annanias van Tswaing hom gebel het en na die spesifieke vakuumpomp gevra
het wat ons laat herstel het 2 weke gelede. Toe mnr Botha hom in kennis
stel dat die pomp nie ins sy besit is nie, maar reeds werk in Sannieshof
het Annanias hom oor die foon gevloek en hom in kennis gestel dat hy
(Annanias) 'n saak van diefstal teenoor my gaan maak, Jy sal onthou dat
ek jou gewaarsku het teen alle moontlike onderduimse optredes. Onthou
hulle vet salarisse kom nou in gedrang en dit laat benoude katte benoude
spronge maak. siende ek geen reg het om hulle eiendom Dit is nie hulle
eiendom nie, dit behoort aan die inwoners ! te hanteer nie. .... en wat
daarop volg.

Ek was gelukkig in Bloemfontein en het eers laat middag tuis gekom. Ek
en Carel het besluit om ter wille van die rekord net 'n verklaring by
die kaptein van die SAP te gaan los omtrent hierdie beskuldiging ????
Hoewel Annanias my nie self direk gekontak het nie, weet ek al teen
hierdie tyd hoe hulle werk. Hy sal my wil intimideer en ek glo niks sal
hulle meer satisfaksie gee as om kamtig 'n saak van diefstal teen my of
Carel (of die dorp) oop te maak en my of ons dan met groot bravade te
laat arresteer en in vangwaens te laai. Derhalwe het ek sommer vinnig
die meegaande verklaring voltooi om more aan die Kaptein te oorhandig
(ek ken hom goed - Corrie du Toit) sodat hy dit op rekord het indien
hulle so iets beplan.Uitstekend

Voorts het Banie van die Noordwester my ook geskakel om te sê dat die
waarnemende burgemeester Rdsld Serame Botswe het hom vandag in kennis
gestel dat Tswaing eerskomende Woensdag in die Delarey Natuurreservaat
'n aankondiging gaan maak omtrent hul nuwe aksie van dienslewering. Ek
het besluit ek gaan nie. Ek het 'n mosie van wantroue in hierdie man
ingestel omdat hy 182 bedrogklagte teen hom het, skuldig bevind is aan
die eerstes en n ligte vonnis ontvang het waarin hy maandeliks die geld
wat hy gesteel het moet terug betaal. Ek voel indien hulle hul dienste
sodanig wil verbeter, ek nie van die voorgenome planne met 'n onthaal
hoef te hoor nie, ek wil dit sien en ervaar en ek wil op papier
bevestiging van alle sodanige veranderinge ontvang. Ek het al te veel
in die verlede gehoor van die millions wat gaan kom en van alles wat
gaan gebeur en dan gebeur dit nooit en van die millions sien jy nooit
weer iets nie.

Dan benodig ek ook van jou 'n cv wat die storie van Jaap Kelder vertel
sodat ek jou hier kan bekendstel Donderdag. Ek stuur dit apart vir jou
aan.
Lekker slaap.
Soet wees.
Carin Visser

Sannieshof -Pers verklaring Redes vir dispuut verklaring

VERKLARING VIR RADIO EN PERS:
15 April 2008

Dit het nie by Sannieshof gegaan of ons bekend of berug sou raak om 'n
dispuut teen ons Munisipaliteit te verklaar nie en daardeur 'n
magsvertoon te openbaar nie. Ons het vir 'n periode van 2 jaar alle
moontlike onderhandelings en kommunikasie kanale probeer om die
lewenskwaliteit van ons dorp te verbeter. In hierdie periode het
Burgermeester Thlape slegs een half voltooide brief aan ons teruggestuur.
Geen notule is aan hulle kant ooit geneem nie en geen besluit of belofte
wat hulle op 'n vergadering gemaak het is gestand gedoen nie. Ons het
telkens net beloftes ontvang van wat hulle nog gaan doen as die volgende
miljoene van die Regering af kom en op ons vraag oor wat reeds suksesvol
gedoen is, kon hulle geen antwoord verskaf nie.
Op die vraag wat hulle aan Sannieshof se water tekort gaan doen en die
feit dat daar meer as 5 000 mense in 'n nuwe uitbreiding in Agisanang
woon wat al 4 jaar geen toilet geriewe en geen lopende water het behalwe
2 krane wat 2 km van hul wonings af is nie was die antwoord dat die
mense van Sannieshof en Agisanang geduldig moet wees en nie water moet
mors nie, want hulle gaan vir ons 'n pyplyn lê vanaf die Katze dam in
Lesotho en as dit nie genoeg is nie sal hulle nog 'n pyplyn van die
Okavango moeras af aanlê – dan behoort daar genoeg water vir almal te
wees.
Na die aanhoor van hierdie feëverhaal was ons genoodsaak om iets te doen
om water en dienslewering in plek te kry. Hul verslag van ons
watersituasie het bevestig dat om water aan Sannieshof te voorsien
minstens R2 miljoen sou kos. Na ons, ons eie mense en kundiges op
Sannieshof in 'n waterkomittee saam geroep het, die saak ondersoek het
en aan die werk gespring het, het ons die watersituasie met R12 300
herstel. Die dag toe die pompe aangesit is, het ons reservoir op 4%
kapasiteit gelê. Binne 'n week was ons torings en reservoir op meer as
75% kapasiteit.
Die water loop weer deur die krane, maar steeds bly daar 5000 mense
sonder ablusie geriewe langs die rivier en spoel al hierdie uitskeidings
met swaar reën ook in die rivier af. Wie gee om?
Wanneer mense tevrede moet wees om in die sakesentrum deur rou riool
water te moet loop om sake te doen en wanneer rou riool in jou voortuin
en in jou straat afloop, dink ek dat intellektuele mense planne kan maak
om dit te be-eindig en op te los. As jou riooldam se wal meegegee het
en jy bewus raak dat die rou riool in die Hartsrivier afloop wat
aansluit by die Vaalrivier, dan moet jy weet dat jou konstitisionele reg
om in 'n skoon omgewing te woon waarin jou natuurlike hulpbronne beskerm
sal word, geskend is. As jy dan nog niks doen nie, weet ek nie wat is
jou rede om te leef nie en wat wil jy uiteindelik nalaat aan die
volgende geslag nie – moontlik sit hulle al buite die landsgrense.
Gevolglik was die dispuut verklaring en die weerhouding van betalings
die enigste manier van optrede om 'n verskil te maak aan ons situasie.
Ons is almal werkende mense wat hierby betrokke is en hierdie dispuut
nou moet uitvoer. Ons moet van ons eie tyd steel om sonder vergoeding
'n dorp se bestuur te hanteer en steeds word ons geignoreer, word
onge-evalueerde verhogings uitbetaal, hoewel die Munisipaliteit duisende
rande se uitstaande rekenings by besighede het en meer as R80 miljoen
in die rooi is.
Die dispuut werk op Sannieshof omdat Sannieshof se mense positief
saamwerk en van hulleself gee sonder om dit in geldwaarde te meet.

Interessante storie van Beeld

Meer nuus by www.Beeld.com
Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Hoofartikels/0,,3-2085-65_2305915,00.html

Watter krisis?

Apr 14 2008 08:42:17:357PM
Zimbabwe se ekonomie is geruime tyd reeds besig om in duie te stort.
Zimbabwe se ekonomie is geruime tyd reeds besig om in duie te stort.
Dié ramp duur steeds voort.
Die uitslae van die presidentsverkiesing in die land was gister – ná
amper drie weke – nog steeds 'n geheim, hoewel aanduidings is dat
pres. Robert Mugabe verloor het.
Die verkiesingskommissie – aangestel deur Mugabe uit vertrouelinge –
het sy demokratiese plig dus gruwelik nagelaat.
Tog is die uitslae in die gelyktydige verkiesing vir die senaat en die
parlement lankal reeds bekend gemaak. Vreemd.
Die paar oorblywende wit boere word van hul plase verdryf en hul
werkers word aangerand.
Die land se landbou-ekonomie, wat vroeër al die nekslag toegedien is
deur sulke besettings, is steeds in chaos en kosskaarstes duur voort.
Regsmense wat die kwessie van die verkiesingsuitslae hof toe wou vat,
is die afgelope twee weke by tye fisiek verhinder om die hofgebou
binne te gaan.
Mugabe se Zanu-PF het volgens berigte intussen reeds sy boewe ontplooi
om mense te intimideer met die oog op 'n tweede presidentsverkiesing –
wanneer die uitslae eendag kom.
En Zimbabwiërs vlug steeds na buurstate – onder meer na Suid-Afrika.
Pres. Thabo Mbeki van Suid-Afrika sê egter daar is geen krisis in Zimbabwe nie.
Maar aan die ander kant, Mbeki reken ook nie dat vigs of misdaad 'n
probleem in sy eie land is nie . . .

Monday, April 14, 2008

License to kill ?

Indien daar 'n onderskeid getref kan word tussen Ernstige
geweldmisdade en nie erstige misdade ; kan Me. Susan Shabangu (Adjunk
Minister van Veiligheid en Sekuriteit) se uitlating oor polisielede
wat moet skiet om dood te skiet ; goeie gevolge hê. Dit sal
polisielede in staat stel om misdaad effektief te bekamp en moontlik
die misdadigers afskrik om te oortree.
Ek is bly sy het die moed gehad om so stelling te maak. Ook verstaan
Mnr. JZ ondersteun haar stelling.


Daar sal egter eers MOET bepaal word, WAT?!! is ernstige misdaad en
wat nie , en dit daarvolgens kategoriseer.

Onderstaande voorbeeld is GLAD NIE AANVAARBAAR NIE.

---------- Forwarded message ----------
From: Sanderis Maartens <smaartens@gmail.com>
Date: Thu, 27 Mar 2008 18:50:47 +0200
Subject: Racial Anger Fuels the Fire of Police Brutality


Cape-Town: South-Africa
The Cape-Town MetroPolice allegedly assaulted , publicly humiliated ,
discriminated , arrested and verbally abused a woman of Seapoint by
calling her a "Dirty White Bitch" ; after her dog unburden itself on
the street .

Medical Treatment for Mrs. Deirdre O'Neill was initially refused . She
received serious facial injuries when her face was slammed into a wall
while she was choke-holded by the policeman.

O'Neill laid a charge of assault against the policeman.
Her daughter, Mrs. Tanitha Jolly , said her mother went
Tuesday-morning for a walk with her six month old "Jack-Russell" ,
Dogmatix.
"My mother always take a bag with her, for the dog pooh , when the dog
left a second dump, my mother did not have another bag with her"
According to Jolly , the Metro-Police official charged yellingly at her mother.
O'Neill explained , she have a friend nearby at which she can get another bag .
"But the police official did not want to listen to reason ".

When O'Neill asked the official for identification , he yelled to her
: " I will show you identification , you dirty white bitch !! ".
O'Neill ran away ; but the official chased her , grabbed her by the
hair and threw her on the ground.
He yelled on her , cuffed her twisting her arm so extremely some of
her legimants were damaged .
While se was hand-cuffed , he got her in a choke hold and slammed her
head, full face into a wall while yelling and cursing .

O'Neill was brought to Seapoint Police Office where she were thrown
into a jail-cell. The Metro Police official initially refused that
she receive medical attention.
Later, it was decided she could be brought to Somerset Hospital ; but
because one of her daughters died there previously , she refused and
wanted to see her House Doctor.
Her request was refused , so she had to stay in that cell, bloody and hurt.

O'Neill was charged with : riotous behaviour and attempt of preventing
a police official of carrying out its duties .
She appeared in court , but the case was thrown out.

"We will take this as far as possible" - reffering to the charge Mrs.
Jolly's mother laid.

Mr. Newellen Peterse , police spokesperson, said they can only take
action after a thorough investigation.

Me. Helen Zille , mayor of Cape Town ordered an official investigation
concerning unnecessary Police Brutality.

Photo: THIS is how Mrs. Deirdre O'Neill looked after she was assaulted
by a police official.

Note from author: South-Africa have one of the highest crime rates in
the world ; but our police prefer to victimize , brutaly assault and
publicly humiliate ; innocent defenceless old ladys .
This is a serious violation of human and constitutional rights.
This is not the only case of police brutality , here is one more :
http://m.youtube.com/details?v=yuo51aA_msw

and many other more
reported that are currently investigated.

Sunday, April 13, 2008

Ons bly hier !

[b]Ons bly net hier![/b]

Altesame 46 prominente figure en leiers in die Afrikaanse gemeenskap
het hulle in die Vat-jou-goed-en-bly-deklarasie daartoe verbind om in
Suid-Afrika te bly. Maar hulle wil protesteer teen dit wat verkeerd is
en hulle wil help werk aan oplossings. Hier is hul verklaring van
voorneme en die name van die ondertekenaars.

Die credo van 'n patriot

• Ek onderneem om my demokratiese regte op te eis. Ek is 'n
demokratiese burger, nie 'n demokratiese onderdaan nie. Ek kan nie
toelaat dat ander se ondemokratiese optrede my van 'n demokratiese
toekoms ontneem nie. Ek kan nie toelaat dat ander se ondermyning van
die Grondwet my van my grondwetlike regte ontneem nie. Ek kan nie dat
ander se rasbeheptheid my van 'n diskriminasievrye omgewing ontneem
nie.

• Ek sal aan veldtogte deelneem om my taal te beskerm en
moedertaalonderrig te verseker, om die elektrisiteitskrisis op te los
en misdaad in Suid-Afrika hok te slaan.

• Ek sal help om gemeenskapstrukture te skep om my en my mense te
beskerm en sal druk op die regering uitoefen om sy grondwetlike plig
na te kom deur my te beskerm.

• Ek sal nie hande gevou sit oor onbillike diskriminasie teen my mense
by die werk nie, en sal politieke inmenging in sport nie aanvaar nie.
Ons kan nie toelaat dat grondvergrype plaasvind en politieke inmenging
misdaadbekamping bedreig nie.

• Ek sal help om armoede onder my mense te takel en om
opleidingsgeleenthede vir jong mense te skep. Waar die regering
maatskaplike subsidies aan my mense onttrek, sal ons help om saam met
kerke gemeenskapsorgstrukture te skep.

• Ek sien Suid-Afrikaners in die buiteland nie as verraaiers nie, maar
as 'n internasionale netwerk wat ek gaan help mobiliseer om vir ons
wat hier gaan bly, 'n toekoms te help skep. Ek glo Suid-Afrikaners in
die buiteland het steeds 'n verantwoordelikheid teenoor ons in die
moederland. Dieselfde redes wat hulle laat gly het, moet deur ons wat
gebly het aangepak word.

• Ek sal ons Afrikaanse kunstenaars ondersteun en Afrikaans luister en
lees. Waar daar nie meer Afrikaanse opleidingstrukture bestaan nie,
sal ek pogings ondersteun om nuwe opleidingsinstellings te bou.

• Ek sal my hand na ander Suid-Afrikaners uitsteek en werk om 'n beter
toekoms vir almal in Suid-Afrika te skep.

• Ek het nie meer tyd vir die luukse om apaties en depressief te wees
oor die regering se onvermoë om vir my 'n veilige en aangename
omgewing te skep nie. Ek gaan saam met my gemeenskap moue oprol en nie
in alles afhanklik van die regering staan nie.

• Ek sal aksies ondersteun en bevorder om vir my 'n plek in
Suid-Afrika te skep, want ek gaan nêrens heen nie.

[i]Is jy 'n blyer of glyer? Gebruik asb. die onderstaande
kommentaar-fasiliteit om jou opinie te lug! [/i]

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2304761,00.html

My kind in die staatskool (vervolg)

Waar daar nie kwota-sisteme is, waar my briljante kind of sy maatjie uit die rugbyspan/netbalspan/ koor/operette ens., ens., gelaat word, omdat hy wit is nie. Die kind word op meriete beoordeel en neem deel ter wille van deelname – nie om ’n politieke agenda te dien nie! Ek sluit hiermee aan by die persverklaring van Gideon Grobler – die Voorsitter van die BCVO. Hier kan u die amptelike standpunt van die organisasie wat CVO-skole beheer, oor hierdie knellende saak, naamlik die “eed”, aanhoor. U sal sien dat dit suiwer en opreg gaan om die geloof in God-Drieënig en sy eer alleen, by almal wat hierdie saak opreg dien. Kom nou – BID ernstig hieroor, ondersoek die saak en doen wat reg is!

My kind in die staatskool

[b]MY KIND IN DIE STAATSKOOL -[/b] [b]’n brief aan elke ouer in SA[/b] [b]Leon du Plessis, Louis Trichardt, skryf:[/b] As gevolg van onkundigheid en oningeligtheid hou baie ouers hul kinders in die staatskool, sonder om werklik die alternatiewe te ondersoek. Wat is die huidige situasie in die staatskool? Is dit nie die beste vir my kind om die reënboogkarakter van die “Nuwe SA” te aanvaar en deel te word van die regering se “nuwe nasie” nie? 1. U vertrou die staat om die gesondheidsdienste in Suid- Afrika te onderhou – daarom is u trots op die puik staatshospitaal in u dorp. 2. U vertrou die staat om die paaie in Suid-Afrika te onderhou – daarom is u tevrede met die puik paaie waarop u daagliks ry. 3. U is tevrede met die puik polisiediens in Suid-Afrika – daarom is u tevrede met die lae misdaad in ons pragtige land. 4. U vertrou die staat om aan u huishouding krag te voorsien – daarom is u opgewonde om te kan getuig dat alles met die krag vlot verloop. 5. U vertrou die staat om die watervoorsiening en riolering van u huishouding te behartig – daarom is die drinkwater uit u kraan van hoogstaande gehalte en het u selde gehoor van rioolprobleme in Suid-Afrika. 6. Die waterbronne van Suid-Afrika word puik bestuur en ons damme en riviere is die gesondste wat dit ooit was – danksy ons vertroue in die staat. 7. In elke staatsdepartement in Suid-Afrika gaan dit so puik – ook in die Departement van Onderwys. U vertrou, met dieselfde vertroue as in al die gevalle hierbo, die staat om u kosbaarste besitting – u kind – se opvoeding te behartig! Onderwys is die oordra van die kulturele Lewens- en Wêreldbeskouing van ’n volk aan sy kinders! Wat is die lewensen wêreldbeskouing wat u aan u kind oorgedra wil hê? Sekerlik u Christelike geloof, u waardesisteem soos in die Bybel aan ons geopenbaar word, ’n eerstewêreld-standaard wat gebaseer is op u Westerse geskiedenis en agtergrond, ’n sin vir reg en regverdigheid en al die pragtige goed wat u op skool en in u ouerhuis geleer is. Wat word u kind vandag geleer in die staatskool? U kind word geleer dat al die gelowe gelyk is en dat alle mense gelyk is – kyk na u kind se Lewensoriëntering handboek en ander relevante handboeke. U kind word geleer dat Hindoeïsme, Judaïsme, Voorvadergees-aanbidding, Mohammedanisme en wat ook nog, almal positiewe en goeie eienskappe het en op die dieselfde vlak as die Christelike geloof geplaas word. U kind leer die geskiedenis n.a.v. verskeie terroriste en godloënaars wat as helde uitgebeeld word. Die onderwyser moet voor die skool staan en die leerlinge leer om saam ’n eed aan die staat af te lê. ’n Eed waarin al bogenoemde waardes wat u koester, verloën word – ja waarin GOD self verloën word. Wat is die eed wat die minister van onderwys wil hê u kind moet aflê? “We, the youth of South Africa, recognising the injustices of our past, honour those who suffered and sacrificed for justice and freedom”. U minderjarige kind lê ’n eed af voor God en sy maats dat hy die terroriste van die Amanzimtoti- bom, die Pretoria-bom, die bom van ’n kerk in die Kaap terwyl die gelowiges besig is om te aanbid, die lafhartige dood en verminking van honderde onskuldige mense in onder andere landmynaanvalle, plaasmoorde en nog soveel meer - dat u kind hulle en hul opofferings eer en roem! Is dit waarmee u die staat vertrou? Hulle doen weg met Skriflesing en gebed en dan bring hulle so ’n eed en sulke leerplanne in. As u bereid is om die staat met u grootste bate te vertrou – doen dit asseblief met die wete dat u u geloof en waardes verloën! Wat is die alternatief? Die alternatief is om op te staan vir u kind en u geloof en u waardesisteem en u kind na die naaste CVO-skool te neem en daar die skool met u kundigheid en leierskap te gaan versterk! Die alternatief is selfs tuisonderrig, maar u mag nie langer die staat met u kind vertrou – soos wat u hulle nie met al die ander goed kan vertrou nie! Die CVO-skool sukkel bietjie – maar net om een rede – u en u kind is nie daarby betrokke nie! Indien u kom, sal die skoolgeld drasties verminder, die standaard van geloofsgerigte onderwys, wat reeds baie hoog is, sal verder verhoog. Die standaard van sport- en kulturele bedrywighede, wat reeds goed is, sal baie hoër word! Daar is tans 8 Gr. 1 leerlinge in die plaaslike CVO-skool op ons dorp wat een onderwyseres moet betaal. Indien daar nog 20 kom, sal al 28 steeds net een onderwyser hoef te betaal – hoeveel goedkoper sal dit dan nie wees nie! Maar dit gaan nie om die geld nie; as dit daarom gaan, moet u asseblief in die staatskool bly! Dit gaan om u Lewens-en Wêreldbeskouing wat u aan u kind moet oordra! Dit gaan om u gereformeerde geloof en u Doopbelofte wat u voor God en sy gemeente afgelê het –“Belowe u, as ouer, om u kind in die leer na die beste van u vermoë self te onderrig en te laat onderrig?” Indien u u kind in die staatskool met sy aanslag vanuit die godloënende staatbeskouing hou – weet dit – u is besig om u kind en u belofte te offer op ’n goddelose weg en u gaan in die hiernamaals hieroor verantwoording moet doen! U kan verantwoordelikheid aanvaar vir u kind se opvoeding en onderwys! U kan u kind na ’n skool neem waar die ouers bepaal wat hul kinders geleer – of nie geleer word nie!

NASIONALE BELASTING BETALERS UNIE

Weerhou dienstegeld vir beter munisipale lewering
Johan Eybers


Johannesburg

Gemeenskappe in veertien munisipale distrikte landwyd het reeds met
wisselende sukses dienstegeld weerhou om plaaslike regerings te dwing
om aandag aan hul griewe te gee, sê mnr. Jaap Kelder, voorsitter van
die Nasionale Belastingvereniging.

Die belastingbetalersverenigings in Warrenton, Barkly-Wes en Winterton
het verlede jaar geld weerhou toe hul onderskeie munisipaliteite
belastingverhogings van tussen 100% en 400% wou instel, sê Kelder.

Die belastingbetalersverenigings het geweier om die geld oor te betaal
voordat daar oor kleiner verhogings onderhandel is. Die stadsrade moes
ook onderneem om sekere dienste te verbeter voordat die oorbetaling
uiteindelik gedoen is.

In Swartruggens het betalers met 'n belastingboikot hul munisipaliteit
gedwing om meer aan infrastruktuurontwikkeling te bestee en die
tenderproses deursigtiger te maak, sê Kelder.

Volgens Kelder tree gemeenskappe regmatig op as hulle hul dienstegeld
weerhou as 'n stadsraad nie sy verpligtinge teenoor die gemeenskap
nakom nie.

"Dit is nie belastingontduiking nie, maar 'n metode om munisipaliteite
te dwing om die dienste te lewer waarvoor ons betaal," sê Kelder.

Belastingbetalers kan Kelder kontak by info@zanli.co.za.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2304846,00.html


Sannieshof staan op uit as
Johan Eybers

Me. Karien Visser, voorsitter van Sannieshof se sakekamer. (Foto:
Lerato Maduna) Foto by skakel.


Sannieshof

Vier jaar gelede het Sannieshof begin stink. Onverwerkte rioolwater
het in die strate afgeloop, watertekorte het dae lank aangehou en die
kraanwater was ondrinkbaar.

Inwoners het munisipale rekeninge met growwe foute daarop gekry, die
slaggate in die paaie het ál groter en dieper geword en die rommel het
in die strate opgehoop.

Vandag is die stank van rioolvuil weg, die water is skoon en die mank
infrastruktuur is stadig maar seker aan die verbeter.

En dit is alles te danke daaraan dat die inwoners self die stadsraad
se werk oorgeneem het.

Ondanks die groot verbetering met die lewering van dienste is die
munisipaliteit tjoepstil oor die vordering.

Met die geld wat hulle insamel deur die betaling van 'n deel van hul
munisipale rekeninge te boikot, het die plaaslike gemeenskap binne
drie maande die dorp se waterkrisis opgelos, toerusting vervang en is
hulle op die punt om die haglike padinfrastruktuur te verbeter.

Me. Karien Visser, voorsitter van Sannieshof se sakekamer, sê dit was
in Oktober, toe munisipale dienste heeltemal in duie gestort het, dat
die gemeenskap besluit het om self die dorp weer te laat werk.

Toe was daar nie meer geld om die waterpompe in stand te hou wat
Sannieshof se boorgatwater in opgaartenks inpomp nie.

Visser sê hulle het 'n "dispuut met die munisipaliteit verklaar".

Sedertdien het hulle betaling weerhou vir dié dienste wat nie gelewer word nie.

Aan die begin het 27% van die dorp se huishoudings hul geld aan die
belastingbetalersvereniging oorbetaal, sê sy.

Maar toe die belastingbetalersvereniging binne 'n maand die dorp se
waterprobleem oplos deur die boorgatpompe en waterpype te herstel en
water weer na 5 000 huishoudings begin vloei het, het die gemeenskap
hom agter hulle geskaar. Nou betaal amper 60% van die dorp se
belastingbetalers hul geld oor aan die belastingbetalersvereniging.

Sedertdien het hulle versperrings herstel om te verhinder dat
vragmotors deur die veld kortpad vat as hulle van die snelweg tot by
die dorp ry.

Die munisipaliteit se randsnyer, trekker en 'n suigwa wat rioolvuil
moet uitsuig, is ook intussen reggemaak en die vereniging gaan
binnekort die slaggate pak.

Mnr. Manuel Pereira (45), eienaar van die Sannieshof-hotel en
-drankwinkel, sê hulle sukkel nog, maar dit gaan al hoe beter in
Sannieshof.

"Die wagtye vir die tenks wat die rioolgate moet skoon suig, is nog
baie lank en hulle daag baie keer nie op nie.

"Dit is dan dat mense uit desperaatheid munisipale werkers omkoop om
die riool te kom uitsuig," sê hy.

Maar mnr. Frik Roets, mede-eienaar van die Spar in die dorp, sê vandat
die watervoorsieningskrisis opgelos is, hoef hy nie meer te sukkel om
sy winkel skoon te maak of kos te maak nie.

Visser sê die boikot werk omdat hulle deursigtig is oor wat met die
geld gedoen word en omdat mense 'n verskil kan sien.

En intussen het hulle nog niks van die stadsraad gehoor nie – nie 'n
brief, 'n telefoonoproep of 'n vergadering nie.

http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2304848,00.html

Friday, April 11, 2008

Stop Korrupsie

DIE NUUTSTE

BAIE INTERESSANT!!


♦ Eis kontantstrokies wanneer jy petrol ingooi!!
♦ Petroljoggies versamel strokies en geen dit teen vergoeding
aan taxibestuurders.
♦ Die taxibestuurders dien dit dan weer in en ontvang subsidie daarop.

Stuur asseblief aan soveel moontlik as deel van veldtog teen korrupsie.

Saturday, April 5, 2008

Friday, April 4, 2008

Polisie/verkeersbeamptes geweld op blankes

Verkeersman wurg motoris glo
Jan 18 2008 08:13:31:317PM - (SA)

Buks Viljoen

Kyk ook video:
http://www.news24.com/Beeld/Video/0,,3-2082_2254484,00.html


Malelane. – "Vergewe my en laat ek asseblief net hemel toe gaan."

Dit was verlede week mnr. Ruan de Beer (22) se skietgebed terwyl 'n
verkeersman van die Nkomazi-munisipaliteit hom na bewering met 'n
brandstofpyp gewurg het.

"Ek was oortuig daarvan ek gaan nou dood," het 'n steeds geskokte De
Beer gister aan Beeld gesê.

Tydens die beweerde aanranding het mnr. Enoch Sifuanda, een van die
dorp se mees berugte verkeersmanne, hom glo so erg aangerand en geskop
dat hy doktersbehandeling moes kry.

Albei De Beer se oë is potblou en geswel, hy moes vyf steke kry om 'n
diep wond aan sy linkeroogbank te heg en skaafmerke is duidelik
sigbaar om sy keel.

Die beweerde aanranding het Donderdag kort ná middernag op Malelane
Toyota se rybaan gebeur toe De Beer en mnr. Stefan du Preez (20), sy
boesemvriend, brandstof ingegooi het.

Kort nadat hy by die vulstasie gestop het, het Sifuanda De Beer se
voertuig genader en met hom gepraat.

Sifuanda was kaalvoet en in 'n wit T-hemp en denim geklee.

Volgens ooggetuies was Sifuanda met die munisipaliteit se noodvoertuig
wat deur die brandweer gebruik word, by die motorhawe.

Beeld het ook vasgestel dat Sifuanda nie ten tye van die voorval
amptelik aan diens was nie. "Hy wou weet of ek dronk is. Toe ek sê ek
dat ek bier tydens 'n braai by vriende gedrink het, het hy my aan die
broek gegryp en gesê hy gaan my vir dronkbestuur toesluit."

In 'n stadium het Sifuanda hom glo gegryp, op die grond gegooi, een
van die petrolpompe se pyp om sy nek gedraai en hom begin wurg.

De Beer sê hy het later flou geword. Toe hy bykom, was Sifuanda na
bewering besig om hom herhaaldelik teen die kop te skop.

Du Plessis het sonder sukses tussenbeide probeer tree.

'n Pompjoggie het hom glo ook verskeie kere tussen die bene geskop.
Die hele voorval is op die vulstasie se veiligheidsbande vasgelê.

Die polisie het in daardie stadium by die vulstasie verbygery. "As
hulle nie daar aangekom het nie, het hy my doodgemaak," meen De Beer.

De Beer en Du Plessis is in die polisieselle aangehou, maar later
vrygelaat. Die polisie het gistermiddag bevestig dat 'n klag van
aanranding teen Sifuanda ingedien is.

Me. Antjé Nortjé, die hoof van beskermingsdienste, het gister gesê die
voorval word ondersoek. "De Beer is in hegtenis geneem omdat hy hom
teen arrestasie verset het."

Oor die feit dat Sifuanda nie in uniform was nie, het sy gesê hy was
tóé by die motorhawe om die raadsvoertuig vol brandstof te maak.

# Sifuanda was die afgelope jaar verskeie kere in die nuus. Beeld het
in Junie 2007 berig hoe hy mev. Lana Braun van Johannesburg ten
aanskoue van haar gesin aangerand het toe hulle die dorp aangedoen
het.

Hy is ook voorheen aangekla omdat hy 'n familielid glo aangerand het.
Beeld kon Sifuanda gister ondanks herhaalde pogings om kommentaar oor
die jongste voorval, nie opspoor nie.

Medium Term Budget Policy Statement (MTBPS)

AAN : STREEK BESTUURDERS & STREEKVOORSITTERS

(Marie Helm van die Noord Streek het die volgende onder ons aandag
gebring.)

Aangeheg vind die Begroting Omsendbrief no. 45 vanaf die Nasionale
Tesourie. Punt no. 2 "Indicative Macroeconomic Forecasts" se laaste sin
verwys na die impakstudie wat 'n munisipaliteit moet doen alvorens
heffings, tariewe, ens verhoog of ingestel gaan word. En dat al die
betrokke belangegroepe geken moet word in so 'n studie.

Die dokument moet saam met die volgende gelees word :

* Die Grondwet van Suid Afrika, wet 108 van 1996, artikel 229(2)(a) en
die
* Munisipale Heffingswet, wet 6 van 2004, artikel 16.

U kan die dokument aftrek by die volgende webwerf:
http://www.treasury.gov.za/legislation/mfma/circulars/default.aspx

U word vriendelik versoek om dié inligting te versprei na jul
DLU's/BU/BV's .


Groete
Renette Henning
Assekon@tlu.co.za


No virus found in this incoming message.
Checked by AVG.
Version: 7.5.519 / Virus Database: 269.22.5/1356 - Release Date:
4/2/2008 4:14 PM


No virus found in this outgoing message.
Checked by AVG.
Version: 7.5.519 / Virus Database: 269.22.5/1356 - Release Date:
4/2/2008 4:14 PM

Thursday, April 3, 2008

geSannieshof - Willem Landman

To: onsstem-van-die-nasie@googlegroups.com
Cc: digitalmediadistributors@gmail.com

Onbevoegde munisipaliteite mag geSannieshof word


03/04/2008 Sake24


Willem Landman

Slaggate op ons provinsiale en munisipale paaie het 'n deel van ons lewe
geword. So ook gebrekkige noodsaaklike dienste soos watersuiwering en
-verskaffing, en riolering. Swart en wit, ryk en arm, loop toenemend
deur onder swak of afwesige munisipale dienste. Dit het al gewelddadige
onluste in townships tot gevolg gehad.
Die Suid-Afrikaanse Grondwet sê dat een van die doelstellings van
plaaslike regerings of munisipaliteite is om 'n veilige en gesonde
omgewing te skep. Voorts het munisipaliteite 'n verpligting om in hul
administrasie, begroting en beplanning prioriteit te verleen aan die
basiese behoeftes van die gemeenskap en om sosiale en ekonomiese
ontwikkeling te bevorder.
Die Gedragskode vir Munisipale Werknemers vereis toegewyde dienslewering
ten behoewe van die geloofwaardigheid en integriteit van die
munisipaliteit. Daar word van munisipale werkers verwag om die basiese
waardes en beginsels van publieke administrasie te bevorder en te
implementeer. Hulle moet ook 'n kultuur van openbare dienslewering en 'n
kollektiewe sin van verantwoordelikheid vir werkverrigting ooreenkomstig
standaarde en teikens skep.
Die Batho Pele-beginsels verbind alle staatsamptenare tot gehalte
dienslewering, die stel en nastreef van internasionaal erkende
diensstandaarde, en eerlike en deursigtige kommunikasie met
landsburgers.
Die feit is dat dosyne munisipaliteite hierdie edele ideale in die wind
slaan weens onbevoegdheid en gebrekkige professionaliteit. Sommige
munisipaliteite is prakties gesproke disfunksioneel, veral in die
platteland.
Hiervoor is daar verskillende verklarings, soos politieke skoonmakery en
aanstellings wat min met kundigheid en vaardigheid verband hou, gebrek
aan gepaste pligsbesef en werketiek, oordrewe waarde geheg aan
statussimbole met gepaardgaande gebrekkige prioriteitstelling,
onderbenutting van plaaslike kundigheid en onvoldoende samewerking met
die gemeenskap.
Gebrekkige munisipale dienslewering kan as 'n morele kwessie verstaan
word. Daar kan aangevoer word dat die staat die skepping is van 'n
denkbeeldige "sosiale kontrak" of ooreenkoms tussen burgers waarvolgens
sekere magte aan die staat oorgedra word om die samelewing tot almal se
voordeel sosiaal te orden.
Op plaaslike vlak het die staat dan spesifieke etiese verpligtinge om
noodsaaklike en ander dienste teen betaling – of gratis aan behoeftiges
– ooreenkomstig die sosiale kontrak te lewer. Bly die staat in gebreke
om sy etiese verpligtinge na te kom, verbreek hy die onderliggende
morele ooreenkoms.
Die vraag is of belastingbetalers 'n disfunksionele munisipaliteit, as
uitvoerende arm van die staat, suksesvol sal kan oorreed om sy etiese
verpligtinge na te kom. Dit moet sekerlik probeer word, maar dis
waarskynliker dat die staat slegs "oorreed" kan word deur morele
argumente met praktiese optrede in die harde werklikheid van
magspolitiek te rugsteun. Dit word gedoen deur die staat se statutêre
verpligting om noodsaaklike en ander munisipale dienste te lewer as
vertrekpunt te neem.
Belastingbetalers het 'n korresponderende reg op dienslewering, maar
inderdaad ook 'n statutêre verpligting om daarvoor te betaal – afgesien
daarvan of die dienste bevredigend is of hoegenaamd gelewer word.
Gegewe swak of afwesige dienste, kan belastingbetalers die regering by
die stembus probeer uitstem of deur die hof probeer dwing om sy
statutêre verpligtinge na te kom. Die oorweldigende meerderheid van die
ANC maak eersgenoemde onwaarskynlik en laasgenoemde is duur. Albei is
tydrowend terwyl onmiddellike gesondheids- of veiligheidsrisiko's op die
spel is.
Daar is 'n ander uitweg waarvan Sannieshof in Noordwes 'n inspirerende
voorbeeld is.
Ná meer as twee jaar se pogings om te goeder trou met die munisipaliteit
oor gebrekkige dienslewering in gesprek te tree, het die
belastingbetalersvereniging 'n dispuut met die munisipaliteit verklaar
en sekere betalings weerhou en in 'n trustfonds gestort. Toegewyde
individue het die gemeenskap gemobiliseer en plaaslike kundigheid
betrek.
Boorgatpompe en waterpype is reggemaak en water het weer na 5 000
huishoudings begin vloei. Slaggate in munisipale paaie word reggemaak.
Onkoste word uit die trustfonds verhaal. 'n Soort parallelle
"munisipaliteit" het tot stand gekom.
Die eenvoudige, politiek neutrale beweegrede is om die dorp weer te laat
werk. Lei dit tot die munisipaliteit se effektiewe betrokkenheid, kan
geld in die trustfonds voorwaardelik aan die munisipaliteit uitbetaal
word.
Uit 'n regsoogpunt roep dit allerhande moontlikhede op. 'n
Munisipaliteit sou 'n eis op grond van wederregtelike weerhouding van
munisipale diensgeld teen die belastingbetalers kon instel.
Belastingbetalers sou hulle op noodweer as 'n regverdigingsgrond kon
beroep en aanvoer dat hulle hulself redelikerwys teen die munisipaliteit
se swak of afwesige dienslewering verdedig ten einde hul regserkende
belange – gesondheid – te beskerm.
Belastingbetalersverenigings wat Sannieshof wil nadoen, moet eers te
goeder trou met die munisipaliteit in gesprek tree, die raad behoorlik
inlig wanneer 'n dispuut verklaar word en fondse in die trustfonds
inderdaad konstruktief vir lewering van noodsaaklike dienste aanwend.
Sannieshof se voorbeeld word reeds in byna 100 munisipaliteite met
behulp van die Nasionale Belastingbetalersvereniging gevolg, in
verskillende stadia van vordering.
Die les van Sannieshof is dat 'n gekla en hande-in-die-sy-staan nêrens
heen lei nie. Toestande in vele dorpe het sodanig versleg dat
belastingbetalers self die hef in die hand sal moet neem.
Maar in die proses moet munisipale werkers in 'n gees van samewerking en
hulpverlening bemagtig word om toenemend self hul morele en statutêre
verpligtinge te verstaan én na te kom.
- Landman is uitvoerende hoof van die Etiek-instituut van Suid-Afrika
(EthicSA) asook buitengewone professor in filosofie aan die Universiteit
van Stellenbosch.