Tuesday, April 22, 2008

Belastingweerhouding- Vrae en Antwoorde.

Geagte Mnr Kelder

Ek wil hiermee navraag doen aangaande belastingweerhouding soos toegepas
op 'n aantal dorpe in die land. Ek het met die plaaslike voorsitter van
die Soutpansberg Belastingbetalersvereniging, Mnr Herman Smith, gepraat
en hy het vir my jou adres gegee.
Ek wil graag die volgende vrae rig:
1. Wat presies behels belastingweerhouding? Presies wat dit sê. Jy
weerhou jou betaling aan die munisipaliteit.
2. Wat is die proses wat sodanige weerhouding voorafgaan? Skrywes aan
die munisipaliteit oor alles wat verkeerd is in die dorp en waarvoor
hulle in terme van die wette op munisipale dienste verantwoordelik is.
Veder die inligting en konsultasie prosesse wat in terme van wetgewing
met inwoners en hulle verenigings gevoer moet word.
3. Is dit wettig? 100%. Ons sal hoegenaamd nie enige wet oortree nie.
Die huidige regering het ons geweldige groot gunste bewys deur al die
nuwe wette op die wetboek te plaas . Ons gebruik dit met groot vrug teen
hulle.
4. Wat is die regsimplikasies vir enige persoon wat belasting weerhou?
Geen
5. Hoe suksesvol is dit al toegepas in ons land? Veertien dorpe het al
dispute suksesvol teen hulle munisipaliteite verklaar. Daar is nog 'n
verdere ongeveer 130 dorpe in die proses.
6. Hoe lank is dit volhoubaar? Carnarvon hou hulle gelde al meer as twee
jaar terug. Die munisipaliteit is hardkoppig en wil nie toegee nie en
die inwoners bly net hulle gelde terughou. Sannieshof het hulle gelde
vier maande teruggehou en toe die dienste self begin onderneem.
7. Wat moet belastingbetalers weet indien hulle tot so 'n stap wil
oorgaan? Al die inligting wat benodig word sal deur die NBU voorsien
word.

Baie dankie vir jou tyd en aandag. Welkom Versprei net die boodskap.

Groete

Nic Hoffmann
Verslaggewer, Zoutpansberger koerant in Louis Trichardt.

No comments: