Tuesday, April 15, 2008

sannieshof - verklaring

Subject: sannieshof - verklaring

Yes Jaap,
Wat sê jy nou?
Weet nie of jy ook moeg gepraat kan raak nie? Ons sal moet aanhou,
miskien nie omdat ons wil nie maar omdat ons moet. Wat het John Vorster
gesê '" the alternative is too ghastly to comtemplate" Maar, mens
waardeer die belangstelling van oral in Suid-Afrika Ek het navrae van
meer as 30dorpe gehad en ek is veral dankbaar dat ek nie alleen hoef te
voel in my besluit dat ek nie loop nie en dat dinge weer hier moet werk
nie. Dat ek genoeg gehad het van alles wat met swak bestuur te doen
het.

Hier by ons op Sannieshof is daar vir die eerste keer 'n roering van die
Munisipaliteit af. Eerstens het die man wat een van die suigwaens se
vakuumpompe herstel het, my vanmore geskakel en in kennis gestel dat
Annanias van Tswaing hom gebel het en na die spesifieke vakuumpomp gevra
het wat ons laat herstel het 2 weke gelede. Toe mnr Botha hom in kennis
stel dat die pomp nie ins sy besit is nie, maar reeds werk in Sannieshof
het Annanias hom oor die foon gevloek en hom in kennis gestel dat hy
(Annanias) 'n saak van diefstal teenoor my gaan maak, Jy sal onthou dat
ek jou gewaarsku het teen alle moontlike onderduimse optredes. Onthou
hulle vet salarisse kom nou in gedrang en dit laat benoude katte benoude
spronge maak. siende ek geen reg het om hulle eiendom Dit is nie hulle
eiendom nie, dit behoort aan die inwoners ! te hanteer nie. .... en wat
daarop volg.

Ek was gelukkig in Bloemfontein en het eers laat middag tuis gekom. Ek
en Carel het besluit om ter wille van die rekord net 'n verklaring by
die kaptein van die SAP te gaan los omtrent hierdie beskuldiging ????
Hoewel Annanias my nie self direk gekontak het nie, weet ek al teen
hierdie tyd hoe hulle werk. Hy sal my wil intimideer en ek glo niks sal
hulle meer satisfaksie gee as om kamtig 'n saak van diefstal teen my of
Carel (of die dorp) oop te maak en my of ons dan met groot bravade te
laat arresteer en in vangwaens te laai. Derhalwe het ek sommer vinnig
die meegaande verklaring voltooi om more aan die Kaptein te oorhandig
(ek ken hom goed - Corrie du Toit) sodat hy dit op rekord het indien
hulle so iets beplan.Uitstekend

Voorts het Banie van die Noordwester my ook geskakel om te sê dat die
waarnemende burgemeester Rdsld Serame Botswe het hom vandag in kennis
gestel dat Tswaing eerskomende Woensdag in die Delarey Natuurreservaat
'n aankondiging gaan maak omtrent hul nuwe aksie van dienslewering. Ek
het besluit ek gaan nie. Ek het 'n mosie van wantroue in hierdie man
ingestel omdat hy 182 bedrogklagte teen hom het, skuldig bevind is aan
die eerstes en n ligte vonnis ontvang het waarin hy maandeliks die geld
wat hy gesteel het moet terug betaal. Ek voel indien hulle hul dienste
sodanig wil verbeter, ek nie van die voorgenome planne met 'n onthaal
hoef te hoor nie, ek wil dit sien en ervaar en ek wil op papier
bevestiging van alle sodanige veranderinge ontvang. Ek het al te veel
in die verlede gehoor van die millions wat gaan kom en van alles wat
gaan gebeur en dan gebeur dit nooit en van die millions sien jy nooit
weer iets nie.

Dan benodig ek ook van jou 'n cv wat die storie van Jaap Kelder vertel
sodat ek jou hier kan bekendstel Donderdag. Ek stuur dit apart vir jou
aan.
Lekker slaap.
Soet wees.
Carin Visser

No comments: