Sunday, April 13, 2008
My kind in die staatskool (vervolg)
Waar daar nie kwota-sisteme is, waar my briljante kind of sy
maatjie uit die rugbyspan/netbalspan/ koor/operette ens.,
ens., gelaat word, omdat hy wit is nie. Die kind word op
meriete beoordeel en neem deel ter wille van deelname –
nie om ’n politieke agenda te dien nie!
Ek sluit hiermee aan by die persverklaring van Gideon Grobler
– die Voorsitter van die BCVO. Hier kan u die amptelike standpunt
van die organisasie wat CVO-skole beheer, oor hierdie
knellende saak, naamlik die “eed”, aanhoor. U sal sien dat dit
suiwer en opreg gaan om die geloof in God-Drieënig en sy eer
alleen, by almal wat hierdie saak opreg dien.
Kom nou – BID ernstig hieroor, ondersoek die saak en
doen wat reg is!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment