Sunday, April 13, 2008

My kind in die staatskool

[b]MY KIND IN DIE STAATSKOOL -[/b] [b]’n brief aan elke ouer in SA[/b] [b]Leon du Plessis, Louis Trichardt, skryf:[/b] As gevolg van onkundigheid en oningeligtheid hou baie ouers hul kinders in die staatskool, sonder om werklik die alternatiewe te ondersoek. Wat is die huidige situasie in die staatskool? Is dit nie die beste vir my kind om die reënboogkarakter van die “Nuwe SA” te aanvaar en deel te word van die regering se “nuwe nasie” nie? 1. U vertrou die staat om die gesondheidsdienste in Suid- Afrika te onderhou – daarom is u trots op die puik staatshospitaal in u dorp. 2. U vertrou die staat om die paaie in Suid-Afrika te onderhou – daarom is u tevrede met die puik paaie waarop u daagliks ry. 3. U is tevrede met die puik polisiediens in Suid-Afrika – daarom is u tevrede met die lae misdaad in ons pragtige land. 4. U vertrou die staat om aan u huishouding krag te voorsien – daarom is u opgewonde om te kan getuig dat alles met die krag vlot verloop. 5. U vertrou die staat om die watervoorsiening en riolering van u huishouding te behartig – daarom is die drinkwater uit u kraan van hoogstaande gehalte en het u selde gehoor van rioolprobleme in Suid-Afrika. 6. Die waterbronne van Suid-Afrika word puik bestuur en ons damme en riviere is die gesondste wat dit ooit was – danksy ons vertroue in die staat. 7. In elke staatsdepartement in Suid-Afrika gaan dit so puik – ook in die Departement van Onderwys. U vertrou, met dieselfde vertroue as in al die gevalle hierbo, die staat om u kosbaarste besitting – u kind – se opvoeding te behartig! Onderwys is die oordra van die kulturele Lewens- en Wêreldbeskouing van ’n volk aan sy kinders! Wat is die lewensen wêreldbeskouing wat u aan u kind oorgedra wil hê? Sekerlik u Christelike geloof, u waardesisteem soos in die Bybel aan ons geopenbaar word, ’n eerstewêreld-standaard wat gebaseer is op u Westerse geskiedenis en agtergrond, ’n sin vir reg en regverdigheid en al die pragtige goed wat u op skool en in u ouerhuis geleer is. Wat word u kind vandag geleer in die staatskool? U kind word geleer dat al die gelowe gelyk is en dat alle mense gelyk is – kyk na u kind se Lewensoriëntering handboek en ander relevante handboeke. U kind word geleer dat Hindoeïsme, Judaïsme, Voorvadergees-aanbidding, Mohammedanisme en wat ook nog, almal positiewe en goeie eienskappe het en op die dieselfde vlak as die Christelike geloof geplaas word. U kind leer die geskiedenis n.a.v. verskeie terroriste en godloënaars wat as helde uitgebeeld word. Die onderwyser moet voor die skool staan en die leerlinge leer om saam ’n eed aan die staat af te lê. ’n Eed waarin al bogenoemde waardes wat u koester, verloën word – ja waarin GOD self verloën word. Wat is die eed wat die minister van onderwys wil hê u kind moet aflê? “We, the youth of South Africa, recognising the injustices of our past, honour those who suffered and sacrificed for justice and freedom”. U minderjarige kind lê ’n eed af voor God en sy maats dat hy die terroriste van die Amanzimtoti- bom, die Pretoria-bom, die bom van ’n kerk in die Kaap terwyl die gelowiges besig is om te aanbid, die lafhartige dood en verminking van honderde onskuldige mense in onder andere landmynaanvalle, plaasmoorde en nog soveel meer - dat u kind hulle en hul opofferings eer en roem! Is dit waarmee u die staat vertrou? Hulle doen weg met Skriflesing en gebed en dan bring hulle so ’n eed en sulke leerplanne in. As u bereid is om die staat met u grootste bate te vertrou – doen dit asseblief met die wete dat u u geloof en waardes verloën! Wat is die alternatief? Die alternatief is om op te staan vir u kind en u geloof en u waardesisteem en u kind na die naaste CVO-skool te neem en daar die skool met u kundigheid en leierskap te gaan versterk! Die alternatief is selfs tuisonderrig, maar u mag nie langer die staat met u kind vertrou – soos wat u hulle nie met al die ander goed kan vertrou nie! Die CVO-skool sukkel bietjie – maar net om een rede – u en u kind is nie daarby betrokke nie! Indien u kom, sal die skoolgeld drasties verminder, die standaard van geloofsgerigte onderwys, wat reeds baie hoog is, sal verder verhoog. Die standaard van sport- en kulturele bedrywighede, wat reeds goed is, sal baie hoër word! Daar is tans 8 Gr. 1 leerlinge in die plaaslike CVO-skool op ons dorp wat een onderwyseres moet betaal. Indien daar nog 20 kom, sal al 28 steeds net een onderwyser hoef te betaal – hoeveel goedkoper sal dit dan nie wees nie! Maar dit gaan nie om die geld nie; as dit daarom gaan, moet u asseblief in die staatskool bly! Dit gaan om u Lewens-en Wêreldbeskouing wat u aan u kind moet oordra! Dit gaan om u gereformeerde geloof en u Doopbelofte wat u voor God en sy gemeente afgelê het –“Belowe u, as ouer, om u kind in die leer na die beste van u vermoë self te onderrig en te laat onderrig?” Indien u u kind in die staatskool met sy aanslag vanuit die godloënende staatbeskouing hou – weet dit – u is besig om u kind en u belofte te offer op ’n goddelose weg en u gaan in die hiernamaals hieroor verantwoording moet doen! U kan verantwoordelikheid aanvaar vir u kind se opvoeding en onderwys! U kan u kind na ’n skool neem waar die ouers bepaal wat hul kinders geleer – of nie geleer word nie!

No comments: