Tuesday, April 15, 2008

Interessante storie van Beeld

Meer nuus by www.Beeld.com
Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Hoofartikels/0,,3-2085-65_2305915,00.html

Watter krisis?

Apr 14 2008 08:42:17:357PM
Zimbabwe se ekonomie is geruime tyd reeds besig om in duie te stort.
Zimbabwe se ekonomie is geruime tyd reeds besig om in duie te stort.
Dié ramp duur steeds voort.
Die uitslae van die presidentsverkiesing in die land was gister – ná
amper drie weke – nog steeds 'n geheim, hoewel aanduidings is dat
pres. Robert Mugabe verloor het.
Die verkiesingskommissie – aangestel deur Mugabe uit vertrouelinge –
het sy demokratiese plig dus gruwelik nagelaat.
Tog is die uitslae in die gelyktydige verkiesing vir die senaat en die
parlement lankal reeds bekend gemaak. Vreemd.
Die paar oorblywende wit boere word van hul plase verdryf en hul
werkers word aangerand.
Die land se landbou-ekonomie, wat vroeër al die nekslag toegedien is
deur sulke besettings, is steeds in chaos en kosskaarstes duur voort.
Regsmense wat die kwessie van die verkiesingsuitslae hof toe wou vat,
is die afgelope twee weke by tye fisiek verhinder om die hofgebou
binne te gaan.
Mugabe se Zanu-PF het volgens berigte intussen reeds sy boewe ontplooi
om mense te intimideer met die oog op 'n tweede presidentsverkiesing –
wanneer die uitslae eendag kom.
En Zimbabwiërs vlug steeds na buurstate – onder meer na Suid-Afrika.
Pres. Thabo Mbeki van Suid-Afrika sê egter daar is geen krisis in Zimbabwe nie.
Maar aan die ander kant, Mbeki reken ook nie dat vigs of misdaad 'n
probleem in sy eie land is nie . . .

No comments: