Tuesday, April 15, 2008

Misdaad ?

Ons lewe in 'n baie vreemde plek, as jy nie elektrisiteit het nie, dan
is dit jou eie skuld omdat jy "glo" elektrisiteit "mors" en nou gaan
dié wat reeds te veel vir elektrisiteit betaal nog beboet word as ons
oor ons "limiet" gaan, as daar slaggate in die pad is, is dit die
blankes se skuld omdat elkeen met sy eie voertuig ry en nie van
openbare vervoer gebruik maak nie.

Nou sien ek, as jy beroof word, is dit ook jou eie skuld omdat daar
goed in jou kar rondlê, of omdat jy goed in jou huis het wat aanloklik
lyk vir ander.

Die misdaadstatistieke het ook gestyf, raai hoekom, want meer mense
meld nou kamma misdaad aan as in die verlede... ???

En as jy nie lus het om die hele berig te lees nie, lees net die
laaste paragraaf. Dis nou voorwaar iets om op trots te wees,
polisiebeamptes moes oortyd werk, en hulle was nie eers dronk nie!
Bravo Kommissaris, klop jouself op die skouer vir daardie prestasie.

O ja, en as jy gefrustreerd is met jou situasie, moet jy 'n kopskuif maak!


[b][color=red]Gemeenskap moet misdaad help bekamp[/color]
'Gefrustreerdes moet kopskuif maak'[/b]
henry cloete

DIE polisie se moreel is nie laag nie, misdaad in Bloemfontein se
sogenaamde [i]hot spots[/i] neem af en die gemeenskap moet wakkerskrik
en nie hul kosbare besittings oop en bloot laat lê nie.

Só het die [b]stasiekommissaris[/b] van die Parkweg-polisiekantoor in
Bloemfontein, [b]komm. Baile Motswenyane[/b], uit haar ruim
tweedevloer-kantoor van dié polisiekantoor gister aan Volksblad gesê.

Sy het saam met supt. Moses Mohloare groter betrokkenheid van die
gemeenskap by die bekamping van misdaad bepleit.

Hulle het die gemeenskap aangemoedig om veral nie [b]"rowers aan te
moedig"[/b] deur motorvensters oop te los en waardevolle goedere te
laat rondlê nie.

"Vals klagte wat ingedien word is ook 'n probleem. Ons het die
afgelope twee weke drie vals klagte van motorkaping gehad wat hier
ingedien is."

Stories van mense wat gefop word om tienduisende rande vir valse
tradisionele dokters te gee, wat kort ná die betaling soos mis voor
die son verdwyn, is ook volop.

"Die misdadigers word ook slimmer en teiken huise waar hulle weet
hulle gaan kry wat hulle wil hê. Daar is ook gevalle waar iemand wat
voorgee om by 'n verkeerslig te staan en bedel, kougom teen iemand se
motor sal plak sodat 'n misdadiger by 'n volgende robot weet dat daar
iets waardevols in die motor is."

[b]Op 'n vraag oor wat hulle sou sê vir lede van die publiek wat
gefrustreerd voel oor polisieoptrede wat soms as onvoldoende en traag
ervaar word, het hulle gesê 'n kopskuif moet gemaak word deur mense
wat frustrasie ervaar. [/b]

"Mense moet geduldig wees en kennis hê oor wat hul naaste
polisiekantoor se telefoonnommers is en ook hoe om 'n misdaadtoneel te
hanteer."

Volgens Mohloare kan die meeste van Parkweg se suksesse, soos die
onlangse aankeer van 18 vermeende Naval Hill-misdadigers, toegeskryf
word aan gemeenskapsbetrokkenheid.

"Ons het ook nou drie nuwe kontakpunte vir die gemeenskap in
Lourierpark en Wilgehof opgemaak. Daar is ook Thabure in die sentrale
sakedistrik."

[b]Die styging in sekere misdaadsyfers is volgens hom te wyte aan die
feit dat die publiek nou meer bereid is om betrokke te raak en klagte
in te dien.[/b] :o [color=red]Belaglik![/color]

Hulle kon nie statistiek voorsien nie, behalwe om te meld dat
huisbrake by woon- en sakepersele geweldig toeneem.

Mohloare meen die moreel binne die polisie is nie laag nie.

"Beamptes word nie sleg betaal nie en glo in wat hulle doen. Met die
Naval Hill-inhegtenisnemings het 'n taakspan vir meer as twee dae in
die nagte op Naval Hill in die bosse geslaap. Mens doen nie dit as jy
ongemotiveerd is nie.

{ En my gunsteling-deel... }

"Ek was ook baie beïndruk met die polisiebeamptes by die onlangse
ANC-jeugligakongres. Hoewel hulle langer moes werk as wat hulle skof
eintlik was, was nie een van hulle dronk die aand nie."

No comments: